|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|
|
DIE Stadsraad het besluit dat eiendomsbelasting van 1 Julie met 13% gaan styg - heelwat meer as Kaapstad se 10%. Maar besef huiseienaars (wat 60% van die eiendomsbelasting dra) hoe hard hierdie verhoging hulle gaan tref? Hulle gaan maklik 50% meer belasting betaal van 1 Julie, glo ek. Volgens voorlopige syfers wat ek by munisipale amptenare gekry het, lyk dit asof my munisipale belasting per maand met 46% sal styg - en dis maar op 'n waardasie van R260 000. Werk dit self uit op 0.0097038 sent in die Rand (grond en verbeterings word nou gesamentlik aangeslaan op een bedrag). Dit is feitlik net so duur as Kaapstad se 98c in die rand. My totale munisipale rekening sal na verwagting met minstens 30% styg. Dit beteken dat gewone wetsgehoorsame huiseienaars nou gepenaliseer word vir die gelde wat die munisipaliteit nie kan invorder van nie-betalers nie. Ons wetsgehoorsames subsidieer reeds water, elektrisiteit gaan van September af gesubsidieer word, en nou moet my eiendomsbelasting die res van die gate toestop. Inwoners van Drakenstein gaan 'n baie groot skok kry wanneer die eerste verhoogde rekening einde Julie by hulle aanland. Is dit nie tyd dat Drakenstein strenger optree teen nie-betalers en sommer sy rieme 'n bietjie dunner sny nie - veral wat die vergoeding van sy reusagtige stadsraad betref nie? Of word daar nou al gesorg dat daar genoeg geld is om die groot salaris vir die beoogde uitvoerende burgemeester en sy komiteelede te betaal? Ontevrede |
|
|
|
|
ON Monday morning 10 June I parked my vehicle at Jan Phillips Square in central Paarl. I had asked the 'car care attendant' to look after my car as I regularly do. Parked next to me was a red car that was in the process of being washed with doors wide open. The owner was present with four car washers. I asked politely that they must please not damage my car with the doors. On my return, I immediately noticed that my vehicle was damaged. Someone had taken a sharp object and gouged a horizontal line from my driver's door to the tail light. I pointed this out to the attendant and two washers who denied any involvement. I paid him for his 'services' but vowed that I would never use them again. Parking seems to be a major problem in town. The Pick 'n Pay parking area is always full, no matter what time of day it is. Hopefully the powers that be will exert control over the area so that a visit to the centre of town will be a pleasure and not a pain. Ethne Abramowitz |
|
|
|
|
BAIE mense asook Drakenstein Munisipaliteit beskou die entrepreneurs van Paarl Vlooimark en die handelaar van die informele sektor van Lady Greystraat as voëls van eenderse vere - dié stelling is van alle waarhede ontbloot. Smouse koop by beplande ondernemings hulle ware en verkoop dit met winste aan die publiek. Daar is 35 entrepreneurs wat sekere items vervaardig en Saterdae hulle ware op 'n goedkoop manier aan die publiek bekend stel op Jan Phillipsplein. Sodoende probeer hulle 'n beter bestaan te voer, vinniger te groei en om werk te skep. Dit is presies die rede waarom die Munisipaliteit en Paarl Kleinsaketrust die vlooimark 'n 1988 gestig het. Met die totstandkoming van die Mall sal die middedorp beslis baie moeite moet doen om toeriste te lok om te keer dat die middedorp leeg loop. Ons pleit by die Munisipaliteit om ons Saterdae op Jan Phillipsplein te los. Die dorp het ons nodig en ons het die dorp nodig. Ons is 'n eerbare advertensie vir Paarl en in niemand se pad nie. Voorsitter Paarl Vlooimark |
|
|
|
|
VAN kleintyd af het die Paarl se hoofstraat vir my 'n eie romantiek gehad. Juis omdat die ryvlak so sleg vol hobbels en gate was, het sommige van hierdie gate mettertyd as't ware 'n eie identiteit gekry. En nou as oud-Paarliet besoek ek weer die Pêrel van die Boland ... en gedoriewaar... die Hoofstraat vanaf die boulevard se suiderbek tot by die Strooidakkerk het 'n nuwe blad gekry. Saam met hierdie nuwe teerblad-prestasie, is oujare se manewales afgeskil en uitgewis: so het ons Gimmies en Boishaaiers uit die Suider-Paarl mos almal geweet van Solly se duik daar voor Boeta Grobbelaar se garage (op die hoek van Brugstraat). Daardie oggend is daar straat-geskiedenis gemaak toe Solly se ysterperd hom 'gegooi' het. Solly was toe al met respek gesê, 'n lywige knaap. En ons klomp skoliere het blou gesweer Solly het 'n duik in die pad geval. Bietjie verder aan het Os Oosthuizen dié prestasie behaal terwyl hy te voet was: om 'n maatjie binne in die skoolbus met 'n akker agter die kop te klits. Dit was ou ding om tydens akkertyd na alles wat geroer het - of nie geroer het nie - met 'n akkergooi te mik. Onder andere ook na die bewegende skoolbus vol koggelende skoolmaats. Maar die Paarl Passenger Services van daardie tyd se vensters kon net so 'n skrefie oopmaak, wat dit feitlik imuun vir 'n akkermissiel gemaak het. Kom die bus dan ook weer op 'n dag verby en word ons vier voetgangers daar van die bus af uitgejou. Net daar vervies Os hom en sê: "Kyk bietjie hoe gooi ek hulle nou....!" Die akker kry ook mooi koers, maar soos Altus Viljoen altyd gesê het "O, koes Koos, die koeël kom!". Ons sien sommer dit gaan weer mis wees, net te laag, maar net daardie tyd swik die bus se agterwiel in 'n laagte in die pad en die akker glip geniepsig tot binne in die teiken. En Os Oosthuizen was (met behulp van die hobbelstraat) 'n akkerheld bekend soos Jonty Rhodes in sy eie tyd. Daar was ook die minder lekker straat-gebeure, soos die dag toe ons, dis nou Hennie de Wit, Julius Kruger, Ossie Oosthuizen, Christie (Fireball) Holm, die uwe en wie nog almal, daar op Jan Louw se plaaswerf teen die straat (nou nog Schoongezicht van die Clifts) krieket gespeel het toe die ongeluk gebeur het. Wilbur Moller, broer van dr Francois Moller wat nou nog in die Suider-Paarl praktiseer, was te fiets op pad toe hy in botsing met 'n vragmotor gekom het. Tot ons klomp krieketers se skok, is hy toe oorlede as gevolg van die ongeluk. Dan was daar ook die tyd toe die hele gemeenskap vreeslik bewaringsbewus geraak het en alles wat oukant toe gestaan het, as 'n gedenkwaardigheid wou verklaar. Op dié manier was daar toe gespot dat sommige van die knoppe en duike in die Hoofstraat se teerblad tot geskiedkundighede verklaar sou word. En nou is tasbare onthou, jy kan maar sê, afgeskil en uitgevee. Maar maak nie saak nie, die nuwe blad ry lekker - doen so voort. Johan Perold, Strand |
|
|
|
|
THE IDP that has just been approved by the Drakenstein Municipality states that "a back-log in and/or poor provision of basic engineering services in low-income and new established neighbourhoods needs to be addressed." Just drive along Main Street between Brug Street and Enslin Street and see the wonderful 60-year-old ornate iron streetlights, which are being replaced by their bland modern formless icons. Doesn't anybody realise that this is the old town charm that people come to admire? The Council complains that there is no money to repair the flats in Paarl East but continues to splash out on the existing infrastructure in affluent areas. Who is responsible for these poor decisions? Concerned Paarlite The municipal manager, Jacques Carstens, replies: The existing streetlights in Main Street are old, some are in a poor condition and they are very close to the street. While road construction was under way, it was decided to simultaneously upgrade the area by moving the electricity underground and replacing the old poles with new ones. |
|
|
|
|
IN my jong dae, dis nou die laerskooldae, het ons gerek-spring, sonder ophou aan-aan gespeel en ure by die netbalring geoefen. 'n Juffrou was kwaai en ons moes reg sit en mooi werk - en vir 'n arbeidsterapeut was ons so bang soos die duiwel vir 'n slypsteen. Maar deesdae het bykans elke skool 'n "arbeidsterapeut" en vir "sifting" word betaal. As jou kind volgens die geleerdes gesif moet word, nou ja kry die sif reg, veral as die probleme deesdae so erg en grotesk is dat skole hulle eie "inwonende" terapeute moet aanskaf. Buurvrou se klein Koos is getoets, en sowaar, hy het 'n swak skouergordel - al swem hy in die skoolspan. Die konsentrasie is natuurlik 'n riller - want Klein Koos hou van interessante goeters soos dinosourusse, planete en die binnekant van sy lyf - dis die brein, derms en bene. Ek weet verseker dat Sus en Daan stories nie vir boetie sal laat konsentreer nie - maar dis my leke-opinie. Die terapeute is dikwels meer as 'n getroue kollega, dit kuier in die personeelkamer met die heerlikste eetgoedjies en tee en dan praat almal gemoedelik oor watter seën dit is om so 'n gawe knap tante te ken om die 'moeilike probleem'-kinders te help. Verwys asseblief enige kind vir evaluering, dan maak sy betyds seker van die afwykings. Dis soos die linkerhand was die regterhand en hoop hy weet nie regtig wat die regterhand doen nie. Dit lyk vir my en buurvrou hier is 'n slang in die personeelkamer, want as ma's hoor boetie het 'n probleem sal 'n mens klippe en Paarlrots omkeer om dit reg te maak of selfs die beste terapeut in Amerika soek en uitvlieg om die toetsing/sifting te doen. Siende dat werkloosheid onder geleerdes 'n probleem is, moet ek en buurvrou ons hoedens lig vir hierdie terapeute - julle is entrepreneurs van 'n ander soort, want julle het die "captive audience" en die goue tjekboeke raakgesien. Pa's - kry 'n bal en gaan speel met kleinboet en sus in 'n parkie en oefen daardie fyn kunsies van doelskoppe, hier is 'n groot nood aan goeie rugbyspelers. Stoei en rol sommer maar op jou Persiese mat in die sitkamer en los die rekenaarmuis vir eers, terwyl julle mekaar karnuffel. Dis die lewe - belê in die toekoms en nie in die terapeute se sakke nie. Susara en Buurvrou |
|
|
|
|
'n MEISIE wat ek baie goed ken werk by 'n groot bekende restaurant in die Paarl. Die kelners werk skofte van tot agt uur sonder dat hulle toegelaat word om te breek vir ete. Ek wonder of die restauranteienaars bewus is van die basiese reëls van indiensneming. Verder maak hulle gebruik van jong mans van net oor die twintig jaar oud as bestuurders. Hierdie mense het geen opleiding gehad in menseverhoudings nie en sommiges van hulle was self nog nooit 'n kelner nie. Dit is nou 'n geval van krummel wat brood geword het. Hulle gebruik die vieslikste taal om hul onderdane mee uit te skel en maak hulle eie reëls soos dit hulle pas. Ek weet nie of die eienaar van hierdie restaurant bewus is van wat aangaan nie, maar ek stel voor dat hy ondersoek instel en korrektiewe aksie neem. Dit is ongelukkig so dat die kinders (kelners) desperaat is vir werk en dus maar stilbly en die "verbal abuse" aanvaar. Onthou net dat 'n gelukkige werker ook 'n baie lojale werker is. Die dinge wat ek hoor, laat my hare regop staan. AB |
|
|
|
|
HIERMEE my opregte dank aan die Openbare Orde Polisie Paarl se manne wat gedurende Meimaand ons dorp, Wellington, gepatrolleer het. Ons as gemeenskap het baie meer veilig en gerus gevoel. Dankie vir die groot taak wat julle dag en nag verrig. Ons is nou meer veiligheid- en paraatheidsbewus. Dankbare Inwoner, Wellington |
|
|
|||||||||||||
|
THE essence of youth is something which few adults can grasp. Even fewer realise that this is the phenomenon which fuels the fires of enthusiastic engagement and jovial spirit that manifests in young people's carefree attitude and inspired appearance. In this day and age, opportunity beckons with an enticing whisper around every corner. Unfortunately our youth is exposed to as many unjust opportunities as they are to righteous opportunities. With so many cloak-and-dagger operations manifesting their fetid influence on innocent young people, who have been dragged into the stream of decay which is the drug industry, it is difficult not to be exposed, at some time or another, to temptation. But the paths are many, and walking the right path is what maturity and growing up is all about. With Youth Day just around the corner, promising to project a positive and inspirational message, homage will be paid to the youth of today, and the leaders of tomorrow. It is these teenagers who will shape the future, and the kid with the skateboard now on the sidewalk may well be the person to whom your child's children look up one day. |
|
||||