safetop
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday 13 June 2002

uitlefstreep

This site will be updated on: 20 June 2002 at 17:00

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

People - Mense


wpiet22VADER TYD. Dis amper 'n eeu gelede dat die gryse Piet Appollis van Wellington ook soos klein Chrizaan (4) op sy oupa se rug kon leun. Baie water het al in die Kromrivier teen sy huis verbygeloop, maar 'n vader bly 'n vader en 'n kleinkind bly lief vir sy oupa. Foto: Malané Bosman


Vrou oorleef groot terugslag

[ Top ]


wsiek22'n PAARLSE vrou het onlangs byna haar lewe verloor weens gangreen van die dunderm.

Amanda Basson (48) van Blakestraat 4 het onlangs gekla oor erge maagpyn, veral na ete. Sy het verskeie toetse ondergaan, maar geen oorsaak vir die pyn kon gevind word nie.

Nadat haar toestand verswak het, is 'n

noodoperasie op 2 Junie uitgevoer en is ontdek dat sy die seldsame toestand Superior Mesenteriële Trombose opgedoen het.

SIEK. Alta Burger (links) staan haar siek dogter, Amanda Basson, by. Foto: Uh-Albry Reitz

Dit is wanneer die slagaar wat die dunderm voed, verkalk, en uiteindelik hou die dunderm op met funksioneer.

Tydens die operasie is 90% van haar dunderm verwyder.

Sy sal waarskynlik vir die res van haar lewe 'n spesiale middel as voeding moet gebruik, omdat so min van haar dunderm oorgebly het om voedsel te absorbeer.

Volgens dr Jan Klompje, die chirurg wat die operasie gedoen het, is dit meestal bejaardes wat die siekte opdoen, en hulle oorleef dit selde.

"Sy was gelukkig dat ons wel 'n deel van die dunderm en die hele dikderm kon red."

Basson, wat by 'n wynlandgoed in Franschhoek werk, het nie 'n mediese fonds nie, en al haar onkostes word tans deur haar broer gedra.

Haar ma, Alta Burger, kan gekontak word by 872-7859.

* A Paarl woman lost 90% of her duodenum due to a rare condition.


Death of Beryl Maske

[ Top ]


wmaske22A WELL-KNOWN resident of Franschhoek, Beryl Maske (76), died recently after bravely fighting cancer.

Born Beryl Bremridge, she grew up in Cape Town.

She and her husband Tristan were married for 45 years and known for their ownership and management of the famous Swiss Farm Excelsior at Franschhoek.

The hotel was developed by her father-in-law, Ulrich Herbert Maske, a Swiss-German immigrant to South Africa.

Tristan and Beryl took over the farm with its numerous outbuildings and large farming facilities and expanded it. The main building with its famous Swiss-style facade was built in 1957.

It has been one of the most popular venues for weddings and honeymoons as the expansive, well groomed gardens and orchards made the farm a pleasure for those who wished for relaxation.

The couple sold the farm in 1994 and ran the Lanternhof coffee shop until 1992 when they retired to Somerset West. They returned to Franschhoek last year to live with their son Ludwig.

The memorial service was held in Franschhoek's NG Church.

She is survived by her husband and six children, including Ludwig in Franschhoek and Carl in Paarl, as well as 13 grandchildren.


Bekende oorlede

[ Top ]


'n Bekende oud-sakeman van die Paarl, Petrus Bester (69), is Vrydag oorlede ná 'n hartaanval.

Hy was die eienaar van Auto Parts in die Paarl, totdat sy seun Derek vyf jaar gelede by hom oorgeneem het.

Hy en sy vrou, Marjo, het die afgelope tyd in die Strand gewoon.

Hy laat sy vrou, drie kinders, Niel, Derek en Nalise, asook sewe kleinkinders agter. Die begrafnis was Dinsdag in die Strand.


Calvin "Bigger" Leggett oorlede

[ Top ]


'n BEKENDE entrepreneur met sy eie houtonderneming op Wellington, Calvin "Bigger" Leggett, het onlangs aan hartversaking in die Paarl Hospitaal beswyk.

Leggett, wat 'n diabeet was, het verlede Donderdag skielik sleg begin voel en het vir 'n doktersondersoek gegaan. Hy is na die hospitaal verwys, waar hy skielik die volgende dag heengegaan het.

Hy was 'n kranige rugby-ondersteuner wat vir baie jare in dié bedryf betrokke was en was ook die leier van die Flamingo's Klopsegroep.

Die begrafnis vind Sondag om 15:00 uit die Bergrivier VGK Kerk plaas, met die huisdiens om 14:00 vanuit Crawfordstraat 19 in Vanwyksvlei.

Hy laat sy vrou, 'n seun en dogter, sy ma en ses susters agter.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za