|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Opvoedingsbestuur Ontwikkelingsentrum, is die projek 'n drie jaar plan. "Die gedagte met die projek is om beter toegeruste opvoeders daar te stel wat 'n beter impak kan maak op die leerling wat Wiskunde en Wetenskap in die klaskamer moet leer. "Ten einde elke opvoeder se besondere behoefte aan te spreek, het elkeen 'n diagnostiese toets geskryf wat hul inhoudkennis gemeet het voordat hulle met die kursus begin het," het hy gesê. Plaaslike skole wat die toerusting ontvang het, is Mbekweni Primêr, Imboniselo Primêr en Langabuya Primêr in Mbekweni, Wagenmakersvallei Primêr, Soetendal Primêr en Blouvlei Primêr. * Six local schools have received support packs for science tuition. |
|
|
|||||||||||||
|
SWAK rolmodelle en toenemende groepsdruk maak die lewe al moeiliker vir jongmense, en hulle moet sterk staan teen die versoekings. So meen plaaslike tieners wat met die oog op Jeugdag genader is oor hoe dit voel om vandag 'n tiener te wees. Hulle stem meestal saam dat die lewe al moeiliker word vir jongmense. Daar is al groter verantwoordelikhede op hul skouers, te midde van 'n onveilige omgewing en onvoldoende ouerbetrokkenheid. Leigh-Jeanne Henckert (17) meen dat toenemende misdaad die buitemuurse aktiwiteite van die jeug beperk. "Ek is baie bekommerd oor die veiligheid van ons jongmense, omdat hulle nie meer kan uitgaan sonder om bevrees te wees nie. 'n Mens weet nooit of jy weer veilig sal terugkeer nie. "Dit is vir die jeug vandag moeiliker, omdat omstandighede soveel verander het van toe ons ouers tieners was. "Groepsdruk is baie meer intens as vroeër. Daar word meer druk op jongmense uitgeoefen om deel te hê aan ongesonde groepsaktiwiteite. "Ek dink baie tieners wend hulself na dwelmmiddels om van hulle alledaagse probleme by die huis en dié tussen hulle ouers, te ontsnap. "Ouerbetrokkenheid is baie belangrik. Ek probeer so ver as moontlik my ouers betrek by die meeste aspekte van my lewe. "Dit is ook vir my belangrik dat jongmense naskoolse opleiding 'n prioriteit maak," was haar mening. Heinrich Cornelissen (16) meen dit is moeiliker vir die jeug van vandag om stabiel te ontwikkel, omdat sekere rolmodelle nie goeie voorbeelde stel nie. "Dit is verwarrend vir die jeug, omdat hulle rolmodelle self verkeerde dinge doen. Dit stel 'n slegte voorbeeld. "Ek dink tieners het deesdae ook baie meer verantwoordelikhede as destyds, omdat hulle voor soveel keuses te staan kom. "Daar is groepsdruk van hulle vriende en ek dink die jeug moet sterker staan voor dié versoekings. "Sover as die gebruik van dwelmmiddels betref, is dit 'n uiters gevaarlike situasie. Tieners besef nie regtig watter invloed dwelms op hulle lewens kan hê nie. "Hulle eksperimenteer te veel en op die ou einde verloor hulle hul lewens of lewenskwaliteit daardeur. "Té veel ouers is onbewus van hul kinders se doen en late wanneer hulle by die voordeur uitstap. Ek dink ouers moet baie meer betrokke raak by hul kinders en strenger wees," het hy gesê. George Stoltz (18) stem saam dat ouers die verantwoordelikheid van volwassenheid met hul kinders moet deel. "Ouers moét weet wat in hul kinders se lewens aangaan. Die meeste tieners volg hul vriende se maniere en gewoontes na. "Hulle wend hulself ook maklik na middelmisbruik, omdat hulle deur identiteitskrisisse gaan. Daarom moet hulle deeglik bewus gemaak word van die resultate van dwelm- en alkoholgebruik. "Die jeug moet besef dat hulle 'n belegging in die toekoms is en dit in hulle hande is om die land te verbeter. Jeugdag is 'n goeie platform hiervoor," het hy gesê. Volgens Annemarie Coetzee (18) bereik baie jongmense nie hul volle potensiaal nie, omdat hulle aan meer euwels blootgestel word en dan maklik swig weens groepsdruk. "Die jeug is die leiers van môre. Dit is belangrik dat ons die strydbyle van die verlede begrawe en hande vat om te oorleef. "Dit is ook belangrik dat kinders hul ouers in hul vertroue neem en betrek by hul lewens. "Die vieringe van Jeugdag wys daarop dat ons land sy jeug as baie belangrik ag. Daarom moet ons sterk staan en nee sê vir verkeerde dinge," was haar mening. Johannes Hugo meen dat Jeugdag juis die krag van die jeug simboliseer. "Ons jongmense onderskat dikwels die impak wat ons op die samelewing kan hê. Omstandighede is wel deesdae moeiliker, maar ons moet onthou dat ons die beleidvormers en leiers van môre is," het hy gesê. Mornique Brits meen die jeug bepaal juis hul toekoms deur die dinge wat hulle vandag doen. "Kinders moet van kleins af geleer word dat ons lot in ons eie hande is." Charles Hudson meen egter dat Jeugdag té veel hulde bring aan die verlede. "'n Mens wil nie deurentyd herinner word aan wat in die verlede gebeur het nie. "Ek dink jongmense het dit vandag makliker, met al die geleenthede en opvoeding wat beskikbaar is. Benut jou kanse en jy kan ver kom. "Die nadeel is dat lewenskoste hoër is en mense neig om meer materialisties te wees." Hy meen dat jongmense volwasse genoeg moet wees om die regte besluite te neem in sekere situasies. "Die algemene persepsie onder die jeug is dat as jy nie 'saamgaan met die stroom nie', jy nie 'in' is nie. "Maar daar is niks mee verkeerd om nee te sê vir verkeerde dinge nie," het hy gesê. * Youngsters today are subjected to many temptations and must learn that what is "in", is not necessarily right or good for them. |
|
|||||