safetop
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday 13 June 2002

uitlefstreep

This site will be updated on: 20 June 2002 at 17:00

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

Sport


Gelykop netbalstryd

[ Top ]


wrose222DIE jaarlikse MTN Suidelike Netbaltoernooi het Vrydag en Saterdag by die DF Malan Gedenksentrum op Stellenbosch plaasgevind, en spannende skitter-netbal is gesien.

Spanne van WP, Boland, Sentraal-Boland, Swartland, SWD, Hantam, Namakwaland en Polisie het kragte gemeet.

In die hoofwedstryd tussen MTN Boland, die verdedigende kampioene,

en MTN WP het 'n titaniese netbalstryd plaasgevind.

Boland het goed begin, maar hul staatmaker-verdediger uit die Paarl, Thora van Zyl, moes binne die eerste vyf minute die baan verlaat weens 'n kniebesering.

VINNIGE VERDEDIGING. Rose Wolmarans, 'n nuweling tot die Boland netbalspan, het Saterdag die oog gevang met haar puik verdediging tydens die MTN Suidelike netbaltoernooi op Stellenbosch. Boland en WP het gelykop geëindig met 40-40. Foto: Leon Steenkamp  

Die besering van Van Zyl, wat tans op topvorm is en by die Protea-speler Mabel van der Vyver die Boland-leisels oorgeneem het, het haar span ernstig ontwrig.

Liezel Wium, eintlik 'n senterbaanspeler, moes as verdediger gaan diens doen, met gemengde resultate.

WP het hierdie ontwrigting uitgebuit, en met puik spel vir 'n rustydtelling van 23-19 in hul guns gesorg.

Julene Meyer, wat eintlik met enkelbeserings op die reserwebank was, het met stewig verbinde enkels ná rustyd haar plek op die baan gaan inneem en haar beproefde verdedigingskombinasie met Mabel van der Vyver het vuur onder hulle spanmaats gemaak.

Met Sandra Conradie, nog 'n Paarliet, wat in dié kwart boonop 'n 100% doelgemiddelde behaal het, kon die Bolanders die agterstand uitwis.

Die WP span het egter skouer aan die wiel gesit en seker gemaak hulle word nie verbygesteek nie.

Protea-kaptein Bronwyn Bock-Jonathan se sterk leierskap het hier duidelik geblyk, en sy het haar jong span kalm gehou.

In die laaste kwart het die Bolandspan verbete geveg, maar die skeidsregter het hul telkens in die doel-derde op foute gewys en hulle van balbesit ontneem.

Dit tesame met die terugwippe van die bal wat Adré Vlok gewen het, het WP in die spel gehou.

Rose Wolmarans, nuweling uit die Paarl, het aanvanklik senuagtig voorgekom in haar eerste wedstryd vir Boland, maar mettertyd haar voete gevind. In die laaste kwart het sy 'n paar skitterrende onderskeppings uitgevoer.

Die toeskouers kon tot in die laaste minuut spannende netbal aanskou, en die eindtelling van 40-40 sal albei spanne motiveer om hard te oefen voor hulle volgende kragmeting by die SA Nasionale Kampioenskappe in Julie.

In die o.21 afdeling moes WP en Boland ook die titel deel na 'n gelykop-uitslag van 41-41, terwyl WP in die ander afdelings skoonskip gemaak het.

Ander uitslae: (B-afdeling) WP wen, gevolg deur Swartland met Polisie derde; (C-afdeling) WP Jun A, Boland Jun A, Swartland Jun A; (D-afdeling) WP Jun A, Boland Jun A, Swartland Jun B.


Standards klop Raithby

[ Top ]


ONDANKS 'n sopnat, modderige veld het Young Standards Saterdag genoeg hand by die bal gekry om Raithby in 'n wegwedstryd met 25-12 te klop.

Raithby het eerste punte aangeteken na 'n strafskop. Standards antwoord kort daarna met 'n drie onder die pale deur Alroy Arendse, ná 'n mooi lopie van 40 meter deur die voorryspeler Moses Olyn. Enrico Davey slaag met die doelskop en Standards neem die voortou 7-3.

Goeie oordeelkundige rugby deur die besoekers het verseker dat Raithby nie die voordeel van die wind in die eerste helfte ten volle kon benut nie. Davey se skopvoet het die tuisspan telkens met taktiese skoppe teruggedryf.

Kort voor lank was Raithby se groter pak voorspelers uitgeput en Standards se ligter pak het gevolglik eerste by die afbreekpunte gekom en goeie besit vir die agterlyn verseker.

Ná nog 'n strafskop deur Davey breek rustyd aan met die telling 10-6 in Standards se guns.

In die tweede helfte het Raithby onmiddellik na die afskop alles in hul vermoë gedoen om oor hul opponente se doellyn te kom, maar verwoede verdediging het hulle uitgehou.

Standards se haker, Jowaan Carollissen, is beloon met 'n drie nadat hy 'n skop van Raithby se losskakel afgestorm het.

Davey verdoel weer en kort daarna klits hy 'n strafskop oor om die telling op 20-6 bring.

Met sowat 20 minute se spel oor het taktiese veranderings aan die kant van Raithby nuwe krag in die span ingeblaas en hulle val onverpoosd aan.

Standards se verdediging hou egter en verligting kom in die vorm van die vleuel, Brandon van Schoor, wat ná 'n skitter-agterlynbeweging Standards se derde drie in die hoek druk.

Standards ag hulself ongelukkig om nie 'n bonuspunt te verdien nie, nadat hulle in die doodsnikke 'n drie gedruk het wat deur die skeidsregter as 'n vorentoe-aangee beslis is.

Spelers wat vir Standards uitgeblink het, was die agsteman en kaptein, Joseph Arries, wat 'n reuse wedstryd gespeel het asook Bradman Arendse (9), die flank, Marshall Brown en Gavin Isaacs (15).

Standards se tweede span wen 13-3 en die derde span verloor 0-25.


Laer Paarl vier 65 jaar

[ Top ]


DIE Laer Paarl Rugbyklub vier Saterdag sy 65ste bestaansjaar met 'n propvol rugbyprogram op Daljosafat.

Die dag se rugbygenot bied iets vir oud en jonk en skop af om 10:15 met die Blues se o.16 span wat Peoples die stryd aansê.

Om 11:20 speel dié twee klubs se derde spanne teen mekaar en 'n uur later is dit die vrouespanne wat gaan wys hoe dinge op die veld gedoen word.

Die tweede spanne se wedstryd begin om 13:00 gevolg deur die veteranestryd om 14:20.

Die o.13 spanne van New Orleans en Orleansvale speel die voorwedstryd vir die hoofwedstryd wat om 16:00 begin.

'n Dans sal na die tyd by die stadion aangebied word.


Newtons reken af met sterk Moorreesburg

[ Top ]


NEWTONS se eerste rugbyspan het Saterdag op Newton Park met 'n goeie spanpoging daarin geslaag om die sterk span van Moorreesburg met 28-10 die loef af te steek.

Renfred Dazel, Newton se linkervleuel, het 'n blink vertoning gelewer en drie drieë gedruk. Een hiervan is van sy eie doellyn begin toe hy die bal onderskep en onder die verdediging uitgenael het.

Die wedstryd was gekenmerk deur klipharde verdediging en veral Newtons se voorspelers met slot, Roderick Demas, het uitgeblink.

Die agterspelers met Wayne Julies (Springbok en Stormers senter) terug op sy pos het op die aanval uitge-blink.

Julies se teenwoordigheid het die agterlyn gestabiliseer en sy ervaring het hope geleenthede vir sy snellers geskep.

Rustyd het Newtons 23-0 voorgeloop, ná twee drieë deur Dazel en een deur sy belowende senter, Jonathan Schalkwyk.

Ben Martin, heelagter, het met 'n doelskop en twee strafskoppe geslaag.

Na rustyd het Moorreesburg met hulle voorspelers begin speel en na goeie dryfspel deur veral Jannie Coetzee (flank) en Paul Bester (agsteman) druk hulle 'n onverdoelde drie.

Dazel het egter nog 'n keer agter die doellyn gaan kuier, ná 'n skitterende agterlynbeweging. Martin misluk met die doelskop.

Moorreesburg het die laaste 15 minute verwoed aangeval en druk 'n drie om die eindtelling op 28-10 te staan te bring.


Rangers val weer vas

[ Top ]


RANGERS moes Saterdag op Franschhoek vir Mountain Rocks aandurf sonder vyf van hulle gereelde spelers wat weens beserings en werksomstandighede nie kon speel nie.

Boonop moes twee spelers die veld verlaat as gevolg van ernstige beserings.

Rangers het die wedstryd 12-22 verloor (5-12).

Hulle het goed begin en het in die eerste minuut punte gekry toe flank Adi Dombas oorgegaan het vir 'n drie ná 'n kraglopie deur kaptein Carlo Carollissen vanaf die middellyn.

Mountain Rocks het stadig maar seker die oorhand begin kry, wat hulle in staat gestel het om vier drieë te druk en sodoende 'n bonuspunt te verdien.

Drieë vir Mountain Rocks is gedruk deur Melvin Hoffman (3) en Billy Julies terwyl Galant Damons met 'n doelskop geslaag het.

Rangers se punte is aangeteken deur Adi Dombas en Carlo Carollissen met 'n drie elk en Mark Adams met 'n doelskop.

Rangers se tweede span wen 15-8, terwyl die derde span met 15-6 geseëvier het.


Hogan skitter in veldlope

[ Top ]


DIE langafstandatleet Isaac Hogan het verlede naweek weer die oog gevang, toe hy die sesde Boland ligalandloopbyeenkoms in Worcester met 'n tyd van 34:20 gewen het.

Oor die eerste 6km het die Matie-atleet, Greg Viljoen, saam met Hogan gehardloop, maar toe die Paarliet na 'n hoër rat oorskakel, was dit net hy en die klok.

Hogan, wat vir die Drakenstein Atletiekklub hardloop, het die seisoen nog geen gelyke in die Boland liga gehad nie.

Dit is juis daarom dat hy in die komende weke aan ligawedlope in die Westelike Provinsie gaan deelneem.

Dat hy dan wel in die geselskap van goeie langasems sal wees, is gewis, soos sy vertoning Sondag tydens een van die WP ligalandlope gewys het.

Hogan moes met 'n tweede plek tevrede wees in die 12km vir senior mans wat in Pinelands gehardloop is. Sy tyd van 38,47 was 10 sekondes swakker as die wentyd.

Hogan hoop dat die sterker kompetisie hom verder kan help voorberei om 'n goeie tyd in 'n halfmarathon of marathon te hardloop.

"Isaac mik om 'n goeie tyd, so 2:18, in die Wynland Marathon te hardloop wat in Augustus/September in Stellenbosch gehou word," sê Hendrik Opperman, sekretaris van Drakenstein Atletiekklub.

"Ons hoop dat die borge hom dan sal raaksien en hopelik sal hy daarna 'n kans staan om oorsee te gaan deelneem," voeg Opperman by.


Twee Paarliete speel vir Bokkies

[ Top ]


TWEE Paarliete en drie Boland Kavaliers is deel van die o.21 Springbokgroep wat in die Internasionale Rugbyraad o.21 Wêreldbekertoernooi speel wat die naweek in Johannesburg begin.

Die stut, Gurthro Steenkamp, is 'n oud-leerder van Ebenezer Primêr en HJS.

Hy het in beide 1998 en 1999 die o.19 WP Cravenweek span verteenwoordig en in albei die jare ook vir die SA Skole Akademiespan uitgedraf.

In 2000 is hy in die SA o.19 span opgeneem asook in die Vrystaat o.21 span nadat hy sy naskoolse opleiding aan die Universiteit Vrystaat voortgesit het.

In 2001 word hy weer vir dié span verkies asook vir die SA o.21 groep. 

Steenkamp het vanjaar vir die Cheetahs gespeel in die Vodacombeker-kompetisie.

Jean de Villiers, 'n oud-Gimmie, is die ander Paarlse o.21 Bokkie.

Die 20-jarige senter het reeds in 1994 die WP o.13 Cravenweekspan gehaal en is in beide 1998 en 1999 in die WP o.19 Cravenweekspan opgeneem.

In 1999 is hy in die Suid-Afrikaanse o.18 Skolespan opgeneem en in dieselfde jaar verkies om saam met SA o.19 en o.21 te toer.    

In 2000 verteenwoordig hy weer die SA o.19 span en maak die volgende jaar sy buiging vir Fedsure WP asook SA Sewesgroep. Hy het vanjaar weer vir die Investec WP groep uitgedraf.

Onder die Boland Kavaliers is dit Enrico Januarie, Maurice Reid en Ashwin Willemse wat ook vir die o.21 Bokkies in aksie sal wees. 

Suid-Afrika speel môre in sy eerste wedstryd teen Roemenië op Ellispark.


Laerskool en Boland Cravenweek-spelers aangewys

[ Top ]


NIE minder nie as 11 plaaslike spelers maak deel uit van die o.18 Boland-vallei streekspan.

Dié span sal van 30 Junie tot 3 Julie op Worcester teen 'n span van Noordwes-Boland en Breërivier asook drie streekspanne van WP en SWD speel.

'n Westelike Kusstreekspan sal na afloop van die toernooi gekies word wat ook aan die Cravenweek toernooi sal deelneem.

Die spelers wat in die Boland-vallei span opgeneem is, is Johannes Diedericks, Delwayne Cornelissen, Oswald Thomas, Waylin September (almal van New Orleans), Wikus van Dyk, Dick van der Spuy (albei Hugenote), Mario Nel, Trevino September (albei Bergrivier), Lindile Skota (Desmond Tutu), Johan Davids (Groendal), Donovan Adams (Paulus Joubert).

Die span se hoofafrigter en hulpafrigter is Linden Manas (New Orleans) en Johan van der Merwe van Hugenote Hoër.

Die Boland-vallei o.16 span gaan ook aan die toernooi op Worcester deelneem. Hulle is Heinricht Albertus, Randall April, Franzel September, Jacquin Jansen (almal Bergrivier), Johnathan van Niekerk, Jacques Ludick (albei Klein Nederburg), Hilton Lobberts (New Orleans), Shaun Smallberg, Johan Roets, Johan Krynauw (almal Hugenote) en Bradwill Swartz (Paulus Joubert).

Laerskoolspelers

'n Paarliet en Wellingtonner het vir hulle plekke in die Boland o.13 oopgespeel terwyl een Gimmie vir WP sal uitdraf tydens die Cravenweek wat van 30 Junie tot 5 Julie in Port Elizabeth gehou word.

Rossouw de Klerk sal op stut sy plek in die WP span volstaan, terwyl Marcell Ludick (reserwe) van Ebenezer Primêr en Carl Nyman (vleuel) van Wellington Primêr vir Boland verteenwoordig.

Nyman het vanjaar die Boland ook in krieket en atletiek verteenwoordig.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za