safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
uitleg2mouthpiece
ppostgothic
uitlefstreep

Thursday 13 Novemberr 2003

uitlefstreep

This site will be updated on 20 November  2003 at 17:00

 Letters - Briewe


Baie Samaritane al ingeloop met foefie

[ Top ]


EK het met belangstelling Joe Grindlay ("Goeie Samaritaan") se brief van 6 November gelees. Ek wil hom verseker dat hy nie die eerste en enigste Samaritaan is wat al in die Paarl deur hierdie "Leviet" ingeloop is nie.

Ek hou eendag met my 1969-model bakkie in die veilige parkeerarea van 'n winkelsentrum in Suider-Paarl stil. 'n Vriendelike man kom bewonder my ou lorrietjie.

Nou ja, dis iets waaraan ek al gewoond is, want my ou lorrietjie is (soms) bewonderenswaardig. Nadat ek my "brag gebrag" het, stel die kêrel homself - met 'n stewige handdruk - voor as mnr A, 'n bekende bouer in die Paarl.

Hy weet waar ek woon en hy bou juis nou daar in my omgewing, maar nou was hy op pad om boumateriaal te gaan haal en sy ou bakkietjie het nou net hier in die Hoofstraat gaan staan.

Op dié ruk die kêrel 'n petrolfiltertjie, waarvan die een pypie af is, uit sy broeksak en beweer dat hy nou in 'n "fix" is, aangesien hy nie geld vir 'n nuwe een by hom het nie.

Wel, daar was 'n bouery êrens in my omgewing aan die gang en die bekendstellingsvan was aan my bekend, maar ek had nie genoeg geld vir hom en vir my by my nie.

Ek stel toe voor dat hy by my huis aankom waar baie filtertjies lê. Maar dié man se filtertjie moet toe twéé uitgange hê (het self nog nooit so 'n filtertjie gesien nie).

Gevolglik gaan trek ek toe spesiaal vir dié Leviet R50 by die OTM in die winkelsentrum. Laaste sien van my R50!

Eers later sou ek hoor dat geen bouer met dieselfde van aan die beskrywing beantwoord nie, dat daar "honderde" mense met die van wat hy gebruik het in die Paarlse telefoongids gelys is, maar, les bes, dat baie aan my bekend glo al met dieselfde slap riem gevang is.

Nou wonder ek maar net: Hoeveel Paarliete is al met dieselfde filtertjie gevang? En wat sou hierdie kêrel se daaglikse inkomste met sy filter- en vergasserfoefie wees?

 Wees gewaarsku, Paarliete en bouers wie se van met 'n A begin. Jul word almal, nes ek en Joe Grindlay, gefop. Los maar die Samaritanisme, indien hierdie Leviet langs die pad "lê".

SdT (Nog 'n Samaritaan)


Did bereaved get proceeds from clubs?

[ Top ]


WHEN two popular Paarl nightclubs advertised tributes to a well-known DJ that passed away (Paarl Post 23/10/03)), one almost immediately felt that they loved and respected him.

So much so that (I hope) the proceeds of the night went to the family. Which, if you think about it, is a very noble gesture.

It is my understanding (correct me if I'm wrong) that a tribute would be solely in the interest of the family, meaning that all proceeds of the night (cover charge and bar profit included) would be given to the family.

That would be where nobility comes into the equation (anything less than that is not right.) It should be known that the biggest moneymaker at a function will always be the bar.

If the above has happened as specified, I applaud the owners and wish them all of the best for future ventures and promise to support them where I can.

On the other hand, if this is not the case, would I be correct in using the word "exploitation" instead of tribute? It would then mean that they benefited from the popularity of this DJ, preying on the sentiments of those who really loved and respected him in order to fill their pockets. In that case they should be ashamed of themselves.

Why else would they publicly advertise? At one of the clubs there was a considerable increase of patrons for the "tribute".

You can call it want you want, I just hope this "tribute" was planned and executed with the best interest of the family in mind. They have been through enough without anyone still wanting to capitalise on their grief.

Anonymous

The manager of Peter's Cellars replies: A monetary contribution was set aside to be given to the family. There was no intention whatsoever on the part of the club, to exploit the grief of the friends and family - to whom the club conveys its deepest condolences.


Oppas vir klipgooiers

[ Top ]


EK wil motoriste waarsku wat die Wemmershoekpad tussen Franschhoek en Paarl ry teen klipgooiers.

Saterdagoggend ongeveer 10:45 het ek en my dogter vanaf Paarl na Franschhoek gery. Ons was net verby die vrugtesapfabriek naby die Drakenstein gevangenis toe daar meteens 'n klip ons voorruit tref.Dit was 'n geweldige slag en ons het groot geskrik. Daar was op daardie stadium geen motors in sig nie.

Die klip het van links uit die rigting van die wingerde gekom aan die oostekant van die pad.

Gelukkig het ons geen beserings opgedoen nie, maar dit kon soveel erger gewees het. Die ruit is beskadig en moet vervang word - alles voor Kersfees - en die sondebok is vort!

Portia Boesen, Franschhoek.


Congratulations

[ Top ]


I would like to congratulate everyone involved with Hugo Rust Primary in Wellington on their achievement in being named as the best sport school in the country.

This is my third year of teaching in the UK, but I am still following the progress and achievements of sports people and especially Ussasa on the Paarl Post website.

I am glad to hear that there are so many good things happening at Hugo Rust and am proud to have been involved with the school through sport, if only for a short while.

I wish you all the best for the future and hope that you go from strength to strength. Best wishes to Neil, Helena, Piet and Marie. Keep up with the good work!

Maawyah Moerat


Gun smouse ook 'n kans op 
'n inkomste

[ Top ]


WERKLOOSHEID is daagliks aan die toeneem. Wanneer jy bo 35 jaar is en jy is werkloos is dit baie moeilik om 'n ordentlike werk te bekom.

Dan is daar geen ander uitweg om vir jouself iets te doen, om te koop en verkoop nie.

Die persoon wat op 'n eerlike manier 'n bestaan wil voer: gee aaseblief vir hom of haar 'n kans. Behandel hom met die nodige respek, want hy probeer ook 'n lewe maak. Hy het ook 'n vrou en kinders wat hy moet voor sorg.

Baie van die publiek het geen respek vir die smous op straat wat ook sukkel nie.

Wanneer jy by sy huis of werksplek aandoen om iets te verkoop, dink hy dit is gesteel en jaag jou weg sonder om ordentlik met jou te praat.

Ons almal verdien 'n kans in die lewe en om sonder 'n vaste werk te sit is baie swaar en 'n moeilike pad om te stap.

Daar is eerlike smouse op straat wat graag 'n kans in die lewe wil hê.

John


Resep vir 'n ramp

Editorial

[ Top ]


GEWELD het deel van ons lewens geword en die meeste van ons aanvaar dit nou al sonder om te veel daaroor na te dink.

Dit is eers wanneer oorsese waarnemers die situasie ontleed en hul skok uitspreek oor omstandighede dat mens bewus word van die volle omvang daarvan.

Maar dit is ook nie dat ons almal net onskuldige slagoffers is nie.

Dié kundiges praat van 'n algemeen gevaarlike lewenstyl wat mode geword het in Suid-Afrika: te veel van ons ry te vinnig, drink te veel, beoefen onveilige seks.

Voeg hierby die hoë misdaadsyfer en jy het 'n resep vir 'n ramp.

En die mense wat dikwels tussen ons en 'n werklike ramp staan, is die ambulanspersoneel.

Hulle is die mense wat meestal die eerste linie hulpverleners is.

Dag en nag is hulle op diens, hoeveel keer is hul eie lewens nie ook in gevaar nie.

Dan word hulle ook nog gekonfronteer met 'n tekort aan voertuie en moet hulle deurentyd oproepe prioritiseer.

Die waarnemers bied ook 'n oplossing, een wat ons al lankal vir onsself uitgewerk het: die wette is daar, dit moet net strenger toegepas word.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za  

[ Top ]