safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
uitleg2mouthpiece
ppostgothic
uitlefstreep

Thursday 13 Novemberr 2003

uitlefstreep

This site will be updated on 20 November  2003 at 17:00

Nuus - News


Passiemoord skok

Malané Bosman

[ Top ]


IN wat as 'n moord van passie beskryf word, het drie skote Saterdag in die Paarl die lewe van 'n bekende bewaarder en sportman van Wellington beëindig.

Paarl polisie-insp Johan Lawrence is in die huis van die vrou van wie hy vroeër vanjaar geskei is, in hegtenis geneem op aanklag van moord.

Op die sypaadjie buite die woning in Meakerstraat, New Orleans, het Henry Andrews (40) ten aanskoue van honderde geskokte inwoners dood gelê.

Andrews het die middag om 15:00 saam met Debbie Lawrence, 'n Wellingtonse polisie-inspekteur, by haar woning .

wcorpse1FC

Geskok staar Paarliete na die bedekte liggaam van Henry Andrews, bekende Wellingtonse bewaarder, sportman en openbare figuur, wat Saterdagmiddag naby sy vriendin, polisie-inspekteur Debbie Lawrence, se woning in New Orleans vermoor is.

aangekom.
Sy vertel hulle was so gelukkig, want hulle het die hele middag hul toekoms saam beplan.

Hulle was onbewus daarvan dat 'n man by 'n glas-skuifdeur ingebreek het, totdat sy sigaretrook geruik en 'n vreemde paar skoene in 'n slaapkamer gesien het.

Toe die skoot klap, het Debbie geskree dat Andrews moet vlug. Sy het haar twee jong dogters gegryp en by die voordeur uitgehardloop.

Die tweede skoot het Andrews in die maag getref. Hy het uit die erf gehardloop, maar is aan die skouer teruggesleep.

'n Derde skoot het hom getref, en weer het die erg gewonde man probeer wegkom. Hy is  op die sypaadjie vasgepen en tromp-op geskiet.

Uit die huis van raadslid Chris Leander in Spekboomlaan het Debbie hulp ontbied terwyl 'n skare mense saamgedrom het.

Polisiemanne het versigtig die huis binnegegaan en met die vermeende moordenaar onderhandel om homself oor te gee.

Johan Lawrence (37), 'n senior lid van die Area Misdaadbekampingseenheid in die Paarl, is in hegtenis geneem.

Die Paarl Landdroshofsaal was Dinsdag stampvol familie en kollegas toe Lawrence vir die eerste keer verskyn het. Die saak is tot 19 November uitgestel terwyl die beskuldigde in aanhouding bly.

Die saak word deur die Onafhanklike Ondersoekdirektoraat ondersoek.

Daar is vrae rondom Lawrence se bevoegdheid om 'n vuurwapen in sy besit te hê ná vroeëre aanklagte van gesinsgeweld en poging tot moord waarby 'n vuurwapen gebruik sou gewees het.

Lawrence en sy vrou is in Maart geskei.

"Die Polisie moes geweet het," het omstanders hul mening ná die tragedie gelug.

"As daar iets goed uit hierdie tragedie kom, moet dit wees dat die polisie hul lede met persoonlike probleme moet dwing om professionele hulp te kry," het 'n kollega beaam.

"Ten spyte van wat gebeur het, verwyt ek nie vir Johan nie," het Debbie gesê. "Hy is 'n goeie mens."

Sy suster Denise Jacobs het gister aangedaan uit sy ouerhuis in Newton gesê: "Johan is   ons broer wat altyd uit sy pad gaan om vir ander die tweede myl te stap.

"Ons is 'n hegte familie, en ons sal Johan deur alles bystaan."

Andrews was 20 jaar lank aan Korrektiewe Dienste verbonde, die laaste 10 jaar by rehabilitasie by die Hawequa Jeugsentrum op Wellington.

Hy is twaalf jaar gelede geskei.

Andrews se geskokte kollegas en hoof Jumat Petersen het hom beskryf as 'n man wat "nie net ander kon inspireer met sy blymoedigheid nie, maar hy was altyd bereidwillig."

Andrews was ondervoorsitter van Popcru by Hawequa, ANC bestuurslid en voormalige voorsitter van die Wellington Gemeenkappolisieforum.

Hy was 'n bekende in padmarathon- en fietsrykringe en het sy WP-kleure vir fietsry verower.

Benewens 'n broer en vier susters, word Andrews oorleef deur sy seun Heino (14) wat by sy voormalige vrou, Lizinda, woon, en 'n tweede seun,  Henro-Lee (7).

"Ons sou op sy verjaardag, 23 November, verloof geraak het. Hy het so daarna uitgesien," het Debbie gesê.

"Ek is bevoorreg om sy laaste ure te kon deel. Hy het Saterdag nooit ophou praat nie. Dalk het hy geweet. Hy het my so baie raad gegee in daardie tyd."

'n Gedenkdiens word vandag om 14:00 in die Wellington stadsaal gehou.

Die tuisdiens is Saterdag om 09:00 by Andrews se ouerhuis te Lantanastraat 36C, Paarl-Oos, met die erediens om 10:00 in die Calvynse Kerk in Abattoirstraat, Huguenot.

* A policeman has been arrested for shooting down another man in what appears to be a crime of passion


Council tackles housing backlog

Susan Botha

[ Top ]


DRAKENSTEIN has a housing backlog of 20 309, but at last there seems to be progress.

According to Arthob Petersen, executive councillor in charge of housing, the outcome of the IDP (Integrated Development Plan) proved housing to be the biggest need in Drakenstein.

The transition to the Executive Mayoral System caused some adjustments, but Petersen and a team started working on a housing strategy to submit to the Mayoral Committee.

One of the aims is a housing plan to develop and co-ordinate housing in a systematic way.

Petersen is determined to make a difference: "When we look at the circumstances under which people are living, one day longer is one day too much."

He urged councillors at a recent meeting of the Mayoral Committee to consider the wider picture when looking at housing.

"We have to address the inequalities of the past without adversely affecting the rest of the community."

Councillor Petersen and his team have started to put structures in place to reactivate projects that have ground to a halt.

He explained that until recently all housing schemes had been project-linked, in line with national policy.

"Because of poor craftmanship, the quality of the houses was not always acceptable. The size (27 square metres) was also problematic. The emphasis now is more on quality than quantity."

Several changes to the housing policy contributed to delay projects.

According to the project-linked scheme, beneficiaries had to pay R2479 before work could start on their top structures.

Petersen is excited a fairly recent development - the establishment of the Peoples' Housing Process (PHP), whereby beneficiaries are key partners as they decide on their house design, size and are actively involved in the building of their houses.

"PHP requires no money up front. Council investigated the scheme and then, with the consent of the beneficiaries, requested Province to switch from a project-linked subsidy to People's Housing Process.

"This took some time, but two weeks ago we got the green light for 40 houses in Phola Park and a further 14 in Chris Hani.

"We have made wonderful progress in Chris Hani, with 210 of the 309 houses already finished."

"With PHP the Municipality remains the developer, with facilitators to help with negotiations and submissions to the Provincial Housing Board."

Petersen said they have also applied for a further 1000 top structures in Silvertown, Thembani Square, Langabuya and H Block in Mbekweni to be developed as PHP.

"We are also looking into including Project 59 (Green Fields). Beneficiaries will however, first  be consulted and the PHP concept will be clearly explained in order to receive their buy-in into this concept."

Petersen gave an overview on some of the other projects.

Project 59 (Greenfields): Phases 1, 2, 3 and a part of phase 4 have been developed.

In phase 4 a total of 255 top structures must be built. It is hoped that services (sewerage, water, electricity, roads) for phases 5, 6 and 7 will be completed in the current financial year.

They have negotiated with M5, the contractor for the first phases, to look into and repair defects in some of the houses.

Project 35 (Amstelhof): It is hoped that Province will pay subsidies according to a beneficiary's income at the time of application.

"There is R1 million available, but we can do nothing without provincial approval."

Project 2 (Mbekweni): The building of the 835 houses in Project 2 has been delayed since 1997, partly because of a squabble about house sizes.

The Provincial Department of Housing had recently made additional funding available for the completion of projects which were blocked due to inflationary pressure on costs.

A new application for top structures (27 sq/m) has been submitted to the Department and the Municipality is now waiting for a reply.

Project 1068 (Wellington): An investigation is underway to determine why this project is not progressing.

"We are considering reallocating the 339 unutilised erven to people on the waiting list."

Gouda, Saron en Simondium are other priority areas Council is looking into.

Emergency plan

"We are in the process of developing a housing emergency plan to accommodate people in cases of eviction or disaster."

"The circumstances of people in informal settlements are totally unacceptable. We are considering steps to upgrade these areas with regard to services or to relocate the people to a serviced site, especially identified for informal settlement."

The planning department of Drakenstein is currently undertaking a land audit to determine land to use for housing and other development.

Petersen is also looking into revitalising the Housing Development Fund.

"We are very grateful for the annual housing grant from national government, but the R22,1 million we received this year is not nearly enough, in view of the huge backlog in Drakenstein."


Tiener vir 80c vermoor

[ Top ]


'n TIENER is vroeg Saterdagoggend vir 80c vermoor in Mbekweni, een van nege sterfgevalle die naweek wat Maandagoggend die distriksgeneesheer in die Paarl polisielykhuis ingewag het.

* Masphuli Msimanga (17) van Phola Park was om 01:30 saam met 'n vriend op pad na sy woning toe hulle deur drie mans genader is.

Die mans het hulle om 80c gevra, maar Msimanga het geweier.

 'n Worsteling het ontstaan waartydens een van die aanvallers Msimanga met 'n mes gesteek het.

Die beseerde seun het sowat 100m verder dood neergeval.

* In 'n ander voorval is 'n 17-jarige meisie aangehou nadat die bejaarde Aaron Caeser, 'n hawelose van Wellington, in Terracestraat naby 'n drankwinkel met 'n mes doodgesteek is.

Die meisie het beweer 'n vriend het die middag om 04:00, kort na toemaaktyd, vir haar die mes gegee en aangesê om die ou man te steek.

* Sondagaand is Vincent Alkaster (18) dood nadat hy met 'n mes in die hart gesteek is by die Hexberg plaas buite Wellington.

Johnny Warries (37), van dieselfde plaas, is in hegtenis geneem.

Ambulans

Daar was geen ambulans beskikbaar om die bloeiende man te probeer red nie.

Die noodredders het toe net van 'n motorongeluktoneel in Paarl-Oos aangekom waar almal nodig was om mans wat in bendevuur gewond is, te behandel (sien berig hieronder).

* Vusunzi Krengqe (21) van Adamsstraat, Klapmuts, is Saterdagnag met 'n messteek in die bors vermoor.

* André Arendse (17) van Mooiwater, Franschhoek, het Saterdagaand aan twee meswonde beswyk. Sy liggaam is in die Langrug plakkerskamp gekry.

* 'n Plaaswerker van Rhebokskloofplaas, Daniel Simpson, is oorlede nadat hy 'n maand gelede aangerand is.

* The bodies of nine people  killed over the weekend were waiting for the district surgeon in the Paarl police morgue on Monday.


Bendes skiet wild en wakker

[ Top ]


BENDELEDE het Sondagaand in Paarl-Oos amok gemaak en drie mans met pistoolvuur gewond terwyl omstanders na veiligheid geskarrel het.

Cedric Williams (23) van Springbokstraat is in die heup gewond, Neels Booysen (29) van Klipbokstraat in die knie en Marchonay Pietersen (16) van Grysbokstraat in die bors.

Hulle is per ambulans na die Paarl Hospitaal geneem terwyl polisiebeamptes die Chicagogebied deursoek het na die aanvallers.

'n Groep van sowat 20 jong mans het om 21:20 die aand die Springbok-, Bontebok- en Klipbokstraat area van Chicago binnegedring.

Hulle het in kleiner groepe verdeel en op voetgangers en ander wat in kringetjies langs die strate gesit en kuier het, begin skiet.

Die chaos volg op 'n sogenaamde vredesluiting drie weke gelede tussen opponerende bendegroepe in die gebied.

Kort ná die samesprekings is daar weer klipgegooi, totdat volskaalse geweld die naweek uitgebreek het.

Woensdagnag verlede week, toe klappers oral geskiet is met Guy Fawkes, het die polisie ook hul hande vol gehad om tussen klapper- en geweervuur te onderskei.

Vrydagmiddag het lede van die Misdaadbekampingseenheid skote gevuur toe oproerige inwoners van die Chester Williams informele behuisingsgebied in Amstelhof hulle onder klippe gesteek het.

Paarl-Oos speurders was met 'n optrede besig om vuurwapens, drank en dagga uit te snuffel toe die geweld losgebars het.

Beslag is Sondagnag gelê op 'n rewolwer wat in 'n toiletbak versteek is. Twee arrestasies is gemaak.

"Terwyl ons in die bendegebied beweeg, is dit stil, maar sodra ons ons rûe draai, breek die hel weer los," het 'n gefrustreerde offisier gesê.

"Ons vee die area, ons konfiskeer talle vuurwapens, maar dit kry nie einde nie."

Ooggetuies of lede van die publiek met inligting wat kan help om die bendebedrywighede hok te slaan, word versoek om insp John Barties (807-4000) te skakel. Die getuies kan anoniem bly indien hulle dit verkies.

Ambulanspersoneel en polisiebeamptes het ná die naweek gesê hoe onveilig hulle voel om die area te betree.

"Die bendes het geen respek vir die wet nie - ons weet nooit wanneer hulle op ons gaan losbrand nie," het 'n ambulansman gesê.


Ambulance staff are 'doing a good job'

[ Top ]


LAWS in South Africa seem fine, but the laws are not enforced and that lack of enforcement poses a huge health problem.

That is the opinion of two Norwegian paramedics from the ambulance service in Oslo.

Fred Jensen and Jakob Nielsen are on a one-month visit to the Western Cape to study the organisation and operation of emergency services.

"People in South Africa accept a much higher level of risk than we do in Norway.

"We find much more reckless driving and driving under the influence of alcohol here - leading to many more motor vehicle accidents than we experience in Norway.

"The very high number of violent crimes is horrifying."

The visitors praised the paramedics in Paarl.

"Your emergency medical workers are trained in rescue, paramedical work and have an independent position here. They are recognised and accepted as a healthcare profession.

"The training of South African paramedics has a good reputation internationally."

"You are managing to keep up first world medical care standards while still having advanced medical care available for all levels of society."


Ongelukke vir Afrika

[ Top ]


AMBULANSMANNE moes die naweek van die een motorongeluk na die ander aanrandingstoneel skarrel.

* Jomgemva Mqambalala (29) van Silvertown het Vrydagmiddag gesterf toe hy deur 'n motor getref is op die Vlakkelandpad langs Mbekweni.

* In 'n botsing op die Malmesbury kruising het Lucas van Wyk (56) van Saron gesterf en twee ander mans is beseer toe twee bakkies Saterdag om 18:30 gebots het.

* Sondagmiddag het 'n taxi By Diemersfontein, Newton, in Piet Retiefstraat ingedraai toe 'n motor hulle van agter getref het.

Ambulans

Drie ambulanse het hulle na die toneel gehaas waar agt mense beseer is. Die voorste passasier in die Nissan Skyline is met meganiese kake bevry en ook na die hospitaal vervoer.

* Sondagaand is vyf mense deur ambulanspersoneel behandel ná 'n botsing in Van der Stelstraat, Chicago.

Die Paarlse ambulansdiens kon van Vrydagaand tot Sondagnag op 158 oproepe reageer.

"Sou 'n mens die syfers statisties bekyk," het 'n ambulansman gesê, "dan het ons drie voertuie elk 51 noodroepe hanteer - 40 minute om elke oproep te hanteer."

Met oproepe die naweek tot sover as Franschhoek (wat gemiddeld 'n uur duur om af te handel) is die werklas swaar.

"Ons kan nie méér doen met wat ons het nie."

Daar is daagliks ook nog tot vier oorplasings van pasiënte tussen Paarl en Kaapstadse hospitale.

"Soms is twee ambulanse vir die oorplasing nodig, en dan het ons net een ambulans vir 'n gemiddeld van vier oproepe per uur.

"Dis nie altyd maklik nie, maar ons moet oproepe sif, en besluit vir wie ons kan help, en vir wie nie.

"Met meer voertuie en meer bemanning, sal ons soveel meer kan doen."

* Ambulancemen were kept busy and  attending to the victims of crashes and assults over the weekend.


Bakkie tref voegangers

[ Top ]


'n BAKKIE het Vrydagmiddag in ses mense vasgeploeg wat in die hitte op 'n winkelstoep in Wellington skuiling gesoek het, toe die bestuurder daaroor beheer verloor het.

Sekondes nadat 'n kind om 13:30 van haar ouma se skoot geklim het omdat Anna Geduld (58) se "bene lam geword het", het die rooi bakkie dié ouer vrou getref.

Sy is vir beenbeserings in die Paarl Hospitaal behandel.

Ses mense is van die sypaadjie in die Hoofstraat in ambulanse gelaai en behandel vir kneusings en ander beserings.

'n Klag van roekelose en nalatige bestuur, en die bestuur sonder 'n lisensie, word teen die bestuurder van die bakkie, Chrisjan Scheepers (53), 'n verwer van St Jamessingel, Weltevrede,  ondersoek.

 "Ek is net bly my kleinkind het van my bene afgeklim, anders was sy dood," het Geduld gesê. "En ek is dankbaar my bene werk nog. Ek moet hulle gebruik.

"Ek sou net wou gehad het die bestuurder moes uit sy bakkie klim en kom sê hy is jammer vir wat hy aan ons gedoen het, maar hy het nie."

* A pick-up truck injured six shoppers on the stoep of a supermarket in Wellington.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za  

[ Top ]