safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
uitleg2mouthpiece
ppostgothic
uitlefstreep

Thursday 13 Novemberr 2003

uitlefstreep

This site will be updated on 20 November  2003 at 17:00

Youth - Jeug


wlamaFC

LIPPIES. Die baie trekkers het Winlicia Abrahams (8) van Bien Donné die naweek by die Expo haastig verbygestap, maar die jong lama van AnimalZone mag eers 'n versigtige soentjie ingekry het.


Skole in die knyp

John Goliath

[ Top ]


SKOLE in Paarl-Oos sukkel om kop bo water te hou as gevolg van ouers wat nie skoolfonds betaal nie.

Maar dit is teen die wet om enige leerling te verbied om eksamen te skryf omdat hul skoolgelde nie betaal is nie.

Só het Thomas Kearns, hoof van Paulus Joubert Sekondêr vandeesweek gesê, na 'n dreigbrief aan leerlinge, wie se skoolfonds nog nie betaal is nie, deur die skool gestuur is wat hul waarsku dat hulle nie eksamen mag skryf nie.

Volgens Kearns is minder as die helfte van leerlinge se skoolgeld agterstallig. Die skoolgeld is R450 per kind en ouers kan per maand afbetaal.

By sommige skole is tot R500 000 in skoolgelde uitstaande en dit maak dit moeilik vir skole om te begroot vir die nuwe skooljaar.

Daar is nie altyd geld om rugbyvelde te versorg of om heinings te span of reg te maak nie. Sport en kulturele aktiwiteite word die meeste van die tyd afgeskeep, sê hy.

"Sporttoerusting is baie duur en dit moet uit die skool se sakke gekoop word. Wat kos 'n stel rugbytruie deesdae?" vra hy.

Steven de Wet, skoolhoof van Noorder-Paarl Sekondêr, sê die invordering van skoolfondse gaan maar drupsgewys. Vir die jaar het dié skool nog net 27% van sy skoolgelde ingevorder. Die skoolfonds vir die jaar is R450 by die skool.

"Dit is die ouer se plig om vir hul kinders se opvoeding te sorg. In die verlede was die betaling van die kinders se skoolfondse eerste prioriteit," sê hy.

Die skool is ook baie afhanklik van funksies, maar die ouers ondersteun nie eens die funksies nie, sê hy. By die skool se laaste funksie het hulle 'n verlies gely.

De Wet sê hulle moes onlangs 'n tweedehandse fotostaatmasjien koop, omdat hulle nie 'n nuwe een kan bekostig nie.

Douglas Abels, skoolhoof van Klein Nederburg Sekondêr, sê dis moeilik om skoolgeld te in.

"Alhoewel die WKOD aanbeveel dat ouers wat nie skoolgelde betaal nie, hof toe gevat moet word, is dit nie in ons kultuur nie, want dan ly die kind as die balju toeslaan," sê hy.

"Dit kan die verhouding tussen die kind en die onderwyser belemmer. By die skool is ons die kind se plaasvervangerouers en moet vir die kind sorg," sê hy.

Dudley October, skoolhoof van Charleston Hill Sekondêr, sê die skole mag nie teen die kinders diskrimineer nie en die saak moet met die ouers besleg word.

Die kind word die grootste benadeel in die situasie, sê hy.

Dennis von Willingh, skoolhoof by New Orleans Sekondêr, sê hy het nog nooit 'n kind wat moet eksamen skryf, afgewys nie.

Hy sê alhoewel die skoolgelde se invordering by sy skool redelik is, is dit ver van die gewenste persentasie.

Die skool se skoolgelde beloop R400 per jaar. Ouers word 'n tydperk van bykans 12 maande gegee om die bedrag te betaal.

* Local schools are struggling to survive financially while many parents neglect payment of school fees.


Leerders leer speel-speel

[ Top ]


'n GROEP leerders van Hoërskool Labori het onlangs hul gesimuleerde motorhawebesigheid bekend gestel.

'n Gesimuleerde besigheid, of 'n Sim-besigheid, volg die voorbeeld van 'n werklike besigheid in die omgewing, in dié geval Droomers Garage.

Die doel is om leerders die basiese beginsels van 'n besigheid te leer deur praktiese ondervinding aan hulle te bied.

Die werklike besigheid gee inligting, strukture en metodes wat nodig is om die besigheid te bedryf, aan die Sim-besigheid.

Die stelsel het veertig jaar gelede in Duitsland ontstaan, waar 'n tekort aan praktiese ondervinding 'n probleem was.

Op die oomblik is daar meer as 4000 Sim-besighede in sowat 40 lande wêreldwyd.

In Suid-Afrika is daar 23 Sim-besighede, waarvan Droomers Garage Sim een is. Hulle kry hulp en ondersteuning van 'n nasionale organisasie, Simsa.

Die leerders het die werking van die onderneming verduidelik, en ook 'n uiteensetting van hul finansiële state gegee.

Die onderneming is sowat twee maande oud en 'n nuwe bestuur is ook vir volgende jaar aangewys. Die leerders is meestal tussen graad agt en elf.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za  

[ Top ]