safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
uitleg2mouthpiece
ppostgothic
uitlefstreep

Thursday 13 Novemberr 2003

uitlefstreep

This site will be updated on 20 November  2003 at 17:00

Sport


wasemFC

STRONG SWIMMER. Gerhard Visser  from Bellville was part of the Ballerinas team who won the 5x200m relay event for high schools at the Winelands Charity Mile held at Ashanti on Saturday.


Borchards skitter met
dubbele 100

[ Top ]


DIT was die naweek maklik om 'n vergelyking te tref tussen die storie van die skilpad en die haas wat resies gehardloop het, en die kolftempo van Young Peoples se eerste en tweede spanne.

Maar in dié geval hét die haas gewen.

Peoples I het Saterdag gelykop gespeel teen Coronations op Daljosafat, nadat hulle slegs 11 lopies gekort het vir 'n oorwinning.

Die tuisspan moes 223 aanteken, maar 'n trae vertoning met die kolf het beteken dat hulle teen uitskeityd slegs 212/8 op telbord gehad het.

Deon Smith (4/59), Roswen Jephta (3/30) en Hubert Ontong (2/30) was die beste boulers, terwyl Brendon Adams (90), Quinton Kannemeyer (45), Elrich Jansen (27) en Edwin Jacobs (25) met die kolf ingeklim het.

Op die buurveld was die manne van Peoples II egter nie skaam om teen Wellington II met die kolf te laat waai nie.

Peoples struikel op 20/3 maar die twee titane, Mark Borchards met sy onoorwonne 218 van 176 balle en Brendon Gabriels met 107 van 138 balle, slaan kamp op in die middel van die veld en teken eiehandig Peoples se reuse-telling van 355/4 aan. Dié twee het 'n 309-lopie vennootskap om die vierde paaltjie gebou. Borchards het 'n allemintige 33 grenshoue en drie sesse gemoker terwyl Gabriels 13 keer die grens opgesoek het en een ses sierlik deur die lug laat trek het.

Die besoekers struikel na 121 voor al hul paaltjies ontwortel word vir hul eerste nederlaag van die seisoen.

Dit was beslis Borchards se dag. Hy spog met boulsyfers van 3/3. Gabriels (3/31) en Leonard Paulsen (2/30) het ook die bal die praatwerk laat doen.

Die enigste Wellingtonners wat presteer het, is Rudi de Bruyn (3/117 in 24 beurte), Barry Olivier (29) en B Basson (22).

Wellington II speel Saterdag tuis teen Stellenbosch/Distrikte en hul sal hoop om hul vorm te herwin.

Peoples III het op Allandale ook sukses geproe en met vyf paaltjies gewen.

Allandale kry 155 met Derick Bolman (81) wat goed kolf. Peoples se Adrian Eksteen (2/15), Kenan Pick (2/19), Ricardo Kermis (2/49) en kaptein, Marlin Carolissen (1/0) het goed geboul.

Peoples struikel op 119/5 maar behaal die teiken in die 41ste beurt danksy goeie beurte deur Melvin Jackson (38), Kermis (36), Malcolm Wilson (31) en 'n vurige 22nun (19 balle) deur Carolissen wat drie grenshoue en 'n ses ingesluit het.

Peoples se vrouespan het ook 'n vierlopie-sege oor Stellenbosch behaal.

Audrey Pietersen (83nun) en Ashlyn Kilowan (31) was goed op dreef met die kolf.

Aldrie Peoples se spanne speel Saterdag weg: Peoples I teen Hermanus, Peoples II teen Coronations II en Peoples III teen Atlantis II.    


Boland wys karakter

[ Top ]


DIE Boland Krieketspan is steeds op soek na hul eerste wen van die seisoen, maar het die naweek 'n terugvegpoging soos min gelewer om 'n nederlaag teen Oostelikes af te weer.

Boland moes opvolg nadat hulle slegs 241 kon aanteken in antwoord op Oostelikes se 558.

Zander de Bruyn (177), Geoffrey Toyana (113), Andrew Hall (89) en Pierre de Bruyn (80) het die besoekers se lopies gemoker.

Justin Ontong het die grootste gedeelte van die tuisspan se boulbeurte geboul met syfers van 2/150 in 42 beurte met ses leeg. Henry Williams het 3/55 in 28 beurte gekry, waarvan 14 leeg was.

Ontong (102) en Con de Lange (38) was die enigste Bolanders wat goeie tellings kon aanteken.

Dit was egter 'n karaktervolle vennootskap van 190 lopies om die sewende paaltjie tussen De Lange (109) en Gerhard Strydom (151) asook Mark Sanders se 57 wat die Bolanders, met uitskeityd op die tweede laaste dag, 'n voorsprong van 99 lopies gegee het.

Die vernietigende boulwerk van Williams (3/44 in 7 bb) en Wallace Albertyn (4/29 in 5 bb) het egter 'n onbesliste uitslag afgedwing met Oostelikes wat met uitskeityd op die laaste dag op 74/7 gestaan het.

Boland speel môre in Bloemfontein teen Vrystaat . 


Paarl klop Maties

[ Top ]


NA 'n swak wedstryd teen Brackenfell I die vorige week het Paarl I die naweek gewys dat hulle nie hul goeie vorm aan die begin van die seisoen kwyt is nie.

Sondag het die Paarliete met die huidige kampioen van Boland, Maties I, afgereken en so weer die eerste plek in die liga ingeneem, nadat sy naaste teenstanders Peoples (onbeslis), Brackenfell (verloor) en Oostelikes (gelykop) almal punte afgestaan het.

Paarl wen die loot en stuur die studente in om te kolf op 'n groenerige blad en bewolkte weerstoestande.

Goeie boulwerk en veldwerk help om die lopies te beperk en ná 19 boulbeurte is die telling 32/3.

Lopies kom stadig en ná 40 boulbeurte is Maties se telling 109/4. In hul volgende 20 boulbeurte teken die studente 113 lopies aan, terwyl vyf paaltjies kantel.

Maties teken uiteindelik 221/9 aan met W Swann (34), F Geldenhuys (66), S Phillips (27) en M Friedlander (35) wat die lopies aanteken.

Vir Paarl het Anwell Newman (3/68) en Wesley Euley (4/61) met die bal presteer. Paarl word die taak gelaat om 222 lopies aan te teken vir hul vyfde oorwinning van die seisoen.

Met sy telling op 18 verloor Paarl sy eerste paaltjie in die sesde boulbeurt. Erasmus Hendrickse (59) en Utallyn Ernstzen (24) sorg egter vir 'n vennootskap van 73 lopies om die tweede paaltjie terwyl die verlangde lopietempo gehandhaaf word.

Paarl se vierde paaltjie kantel in die 41ste boulbeurt met die telling op 170. Bobby Nicholson (63) en Wesley Euley (42) sorg vir 'n vennootskap van 64 lopies om die vierde paaltjie.

Die vennootskappe om die eerste en vierde paaltjie lê die fondament vir 'n oorwinning.

Paarl teken die wenlopies in die 53ste boulbeurt aan vir die verlies van sewe paaltjies.

Paarl II klop Vredenburg/Saldanha II in 'n wegwedstryd met 7 paaltjies.

Die tuisspan word uitgehaal vir 115 in 48 beurte met Allan Alexander (2/26) en Rohan Goetham (7/53) wat goed met die bal vaar.

Vir Paarl II het Wayne Williams (67nun), Carlo Crotz (13nun) en Courtley Pharaoh (14) die lopies ingeryg en gesorg dat Paarl II die wenlopies in die 29ste boulbeurt aanteken.

Dié naweek speel Paarl I weg teen Worcester I, Paarl III weg teen Paarl-Oos II, Paarl IV tuis teen Helderstroom Korrektiewe Dienste I en Paarl V weg teen Stellenbosch/Distrikte III.

Alle wedstryde word Saterdag afgehandel behalwe Paarl I wat Sondag speel.


Bergrivier skraap deur
vir sege

[ Top ]


DIT was omtrent 'n naels-kou affêre toe Bergrivier Saterdag op Stellenbosch vir Spes Bona met twee enkele lopies geklop het.

Lincoln Dampies was Bergrivier se groot kanon en het die Spes Bona kolwers op 'n streep uitgeboul met syfers van 6/43.

Die besoekers het eerste gekolf en was terug in die pawiljoen vir 195. Lester Hendricks (39), Charlton Manuel (27), Dampies (24), Waylon Libbie (24), Ashwill de Vries (21) en André Abrahams (21) het goed gekolf.

Shaun Titus (3/53) en Neil Petersen (2/33) was Spes Bona se beste boulers.

Die tuisspan was op 'n stadium 150/2, maar het geknak teen die Bergrivier se akkurate boulwerk.

Die jong Ryan Mouton was die ander Bergrivier-bouler wat goed gedoen het deur in sy debuut-wedstryd 3/56 in te oes.

Bergrivier se tweede span het in die Paarl vir Paarl III maklik met vyf paaltjies gewen.

Die tuisspan teken 178/10 in 38 beurte aan, met Basil Petersen (27), Reginald Coetzee (27), Enrico Daniels (24) en Trevor Isaacs (20) wat dubbelsyfertellings aanteken.

Seldon January was Bergrivier se top paaltjiejagter met 4/37 in 11 beurte. Hy is goed bygestaan deur Eathan Pietersen (2/24), Lee-Trevino Hoffman (2/39) en Kurt Carolissen (2/58).

Pietersen (48 5x4), Heinrich Albertus (32 6x4), Delwayne van Niekerk (34 6x4) en Seldon January (33 4x4, 1x6) het vir die besoekers met die kolf uitgeblink.

Lincoln Johnson (3/53) was Paarl se beste bouler.

Bergrivier I speel Saterdag weg teen Citrusdal en die tweede span teen Voorberg.


De Vries lei nou Ussasa Hoërskole

[ Top ]


DIE nuwe bestuur van Boland USSASA Hoërskole is onlangs verkies.

Adam de Vries, skoolhoof van Hoërskool Kylemore, is die nuwe voorsitter van Boland USSASA Hoërskole. Hy volg Michael le Cordeur op wat hom nie weer beskikbaar gestel het nie, weens werksomstandighede. De Vries het in 'n spanningsvolle verkiesing vir Tommy Kearns, hoof van Paulus Joubert met 'n meerderheid van stemme verslaan.

Gwen September van Worcester is as sekretaris herkies terwyl Bronwin Whittles 'n hoof op Vredenburg as kassier herkies is.

By die Laerskole was Pieter Lourens die enigste benoemde as voorsitter, maar Lance Cyster, hoof van West-eind Primêr is deur Stefan le Roux van Vredenburg in die verkiesing vir ondervoorsitter verslaan. Danny Cleophas ook van Vredenburg is vir die pos van tesourier gekies toe hy Adam Bekeur uitgestof het. Marie le Roux van Hugo Rust op Wellington is as sekretaris herkies.

Pieter Lourens is weer as oorkoepelende voorsitter benoem.

* Le Cordeur se uittrede beëindig 18 jaar se aktiewe betrokkenheid by skolesport in die Boland, die meeste daarvan as voorsitter van die hoërskole liggaam.

Le Cordeur was 18 jaar gelede die jongste voorsitter van die destydse Boland Senior Skolesport Unie en het die liggaam vir nege jaar ononderbroke gelei tot en met eenheid.

Tydens die eenwordingsproses in 1994 het hy 'n leidende rol gespeel om die destydse Sacos en blanke liggame byeen te kry.

Hy is dan ook gekies as die eerste voorsitter van die Boland USSASA Hoërskole been, 'n pos wat hy ook vir nege jaar ononderbroke beklee het.

Tussendeur was hy ook by meer as een geleentheid die president van die oorkoepelende bestuur.

Hy is twee jaar gelede bevorder tot kringbestuurder in die Weskus-Wynland OBOS.

Volgens Le Cordeur was die grootste sukses van Ussasa dat mense bymekaar gebring is wat bymekaar hoort.

Dit het geleenthede aan kinders gebied wat hulle andersins nooit sou gehad het nie, en het die jeug gereed gemaak vir wat vir hulle voorlê in die toekoms.

Volgens hom was die grootste teleurstelling die voortslepende sage rondom skolerugby se grense.

Nie eens die hof kon die geskil besleg nie "omdat mense nie 'n hartsverandering en 'n paradigmaskuif wil maak nie. En ek verwys na albei partye," het Le Cordeur gesê.


Swart naweek vir Wellington

[ Top ]


DIT was 'n moeilike naweek vir Three Ships Wellington Krieketklub.

Die eerste span het op hul tuisveld hul reeks neerlae hervat, dié slag teen Van der Stel. Van der Stel kolf eerste en teken 267/8 aan.

Henri Fourie (110 1x6, 14x4) en Grant Baxter (76 2x6, 6x4) het die grootste bydrae hier gelewer. Warren Groeneveld (4/45) was die enigste Wellington-bouler wat iets met die bal kon uitrig.

Ondanks goeie bydraes deur Timmy Cornelissen (87 14x4), Wickus van Lill (34 5x4) en Sarel Wolmarans (26 2x4) kon Wellington nie die nodige lopies haal nie en teken aan 194/10.

PW Sardyn (5/58) het vir Van der Stel met die bal uitgeblink.

Wellington speel eerkomende Sondag teen Victoriane in Stellenbosch.

Sien Wellington II se verslag op agterblad.


Van Dyk nou voltyds in jaagstoel, berei vir Spele voor

[ Top ]


DIE wêreldklas-rolstoelatleet Ernst van Dyk se besluit om voltyds op sy sportloopbaan te fokus, het reeds begin vrugte afwerp.

Van Dyk, van die Paarl, het einde Oktober sy werk as bestuurder van die gimnasium van Universiteit Stellenbosch bedank om meer op sy sport te fokus.

"Ek is baie tevrede met my huidige vorm. Ek het al baie in die afgelope twee weke vermag," vertel Ernst, wat tans vier en 'n half uur per dag oefen teenoor die een 'n half uur voor hy bedank het.

En dit is juis dié ekstra ure wat Ernst in die laaste maand twee seges en 'n tweede plek besorg het.

Tydens sy besoek aan Amerika in Oktober het hy 'n 10km wedloop in Toronto gewen asook die Columbus Marathon in Columbus, Ohio.

Tydens die New York Marathon is Ernst en Invacare-spanmaat Kelly Smith met 'n slapriem gevang.

Dié wegspring teen die skerp opdraande van die Staten Island brug het die ligter Saul Mendoza (Mexiko) en Krige Schabort ('n Suid-Afrikaner wat tans in Amerika woon), die twee beste "klimmers" in die sport, bevoordeel.

"Saul het teen 'n pas weggespring waarby geeneen van ons kon byhou nie en na sowat drie kilometer het hy 'n groot voorsprong gehad.

"Ons was drie in die voorste bondel - ek, Krige en die Kanadees Kelly Smith. Ek en Kelly het op die plat gedeeltes hard gewerk om vir Saul in te haal, maar Krige het teruggehang.

"Ons was onder die indruk hy het 'n skouerbesering gehad, aangesien hy 12 minute na my geëindig het in die Columbus Marathon 'n paar weke vroeër," vertel Ernst wat dié wedloop in 'n nuwe rekordtyd van 1:26:47, sy beste tyd van die seisoen, gewen het.

"By die 10 myl-merk het ons vir Saul ingehaal en toe kom Krige aan die buitekant verbygejaag. Saul val agter hom in en ek en Kelly, altwee doodmoeg, raak weer agter.

"Ek herstel egter weer, tel die pas op en laat vir Kelly agter. By die 18 myl-merk haal ek weer vir Saul in, maar Krige het intussen 'n voorsprong van een minuut opgebou.

"Ek moes besluit, óf ek jaag hard om vir Krige in te haal, neem vir Saul saam en loop die risiko dat hy my klop in die naelloop na die wenpaal, óf ek speel kat en muis met hom en spaar my energie vir die naelslag na die wenpaal vir 'n seker tweede plek. Ek het die tweede opsie gevolg en die silwer gekry."

Van Dyk is tevrede met die uitslag en baie in sy skik met die 10 minute wat hy kon afkerf van die tyd wat hy verlede jaar opgestel het.

"Die vier van ons het almal die ou roeterekord gebreek en ek het baie verbeter aangesien ek twee keer vir Saul kon inhaal op 'n baie taai roete."

Van Dyk hoop dat hy met sy voltydse oefenprogram sy gewig, wat tans teen hom tel in die opdraande, in 'n voordeel kan omskep.

"Fiksheid, dis al waaroor bulte gaan. Jy moet fiks genoeg wees om daaroor te kom en by die ligter ouens te bly."

Die ander groot bepalende faktor in Ernst se besluit was volgende jaar se Olimpiese Spele in Athene.

"Dis nou presies 'n jaar voor die Spele en ek wil hard oefen om daar my merk te maak. Daar's nie 'n manier wat jy teen manne soos Mendoza en Scabort kan meeding as jy nie voltyds oefen nie," sê Van Dyk wat oor die bestek van twee weke in die 400m, 800m, 1500m en marathon sal deelneem.

Hy is reeds in die voorlopige groep ingesluit en dis so te sê 'n uitgemaakte saak dat sy naam uitgelees sal word wanneer die SA-span vroeg volgende jaar aangekondig word.

Ernst het Dinsdag na Japan vertrek waar hy Sondag saam met sowat 500 rolstoeljaers aan 'n marathon in Oita sal deelneem.


Jongmanne tem nou gholfperke

[ Top ]


DIE jonger geslag gholfspelers in die Boland is besig om hul kleim af te steek.

Een so 'n speler wat vir groot dinge op die gholfperke bestem is, is Dawie van der Walt.

Van der Walt het vanjaar al heelwat groot toernooie insluitende die Boschenmeer Ope gewen en het Saterdag ook die Milnerton Gholfklub Ope gewen met baansyfers van 71 en 65.

Dié laaste telling was 'n baanrekord en Van der Walt se vierde rekord van sy loopbaan en sy derde dié jaar.

Sammy Daniels, een van die drie professionele spelers wat aan die toernooi deelgeneem het, was in die tweede plek, een hou agter Van der Walt.

Die naaste ander amateurspeler was vier houe agter die Paarliet.

Dawie speel die volgende twee naweke in Gauteng waar hy aan Gauteng Ope en die Interprovinsiale Spankampioenskappe op Makouvlei sal deelneem.

Hy vertrek ook eersdaags na Maleisië waar hy en sy spanmaats in die finale van die Wêreld Amateur-spankompetisie sal deelneem.

As span het hulle goed gekwalifiseer en Van der Walt het sy individuele kompetisie gewen.

Nog so 'n speler is die 14-jarige Trevor Mahoney van Klein Nederburg Sekondêr wat Sondag die Bergrivier Gholfklub se Ope-kompetisie gewen het.

Mahoney het met sy 70 telling stof in die oë geskop van gesoute Boland gholfspelers soos Thomas Moses, Edgar Adriaanse en Ivan Sassman.

Die jongeling was aan die einde van die ronde gesamentlik eerste en moes uitspeel teen Basil Williams wat ook op 72 gestaan het.

Mahoney het die titel verseker toe hy met 'n voëltjie slaag op die eerste uitspeel-putjie.

Hoewel hy al verskeie junior ope titels ingepalm het, is dit dié jongman se eerste deurbraak op senior klubvlak.

Hy is vanjaar as die Suid-Afrikaanse Gholfstigting se beste o.14 speler in die Boland aangewys en is ook in die o.16 Boland span opgeneem.

Trevor se ouboet, Mark, is net so 'n bekende in die gholfkringe en het al verskeie keer die Boland verteenwoordig en is 'n Protea-speler.

Mark was derde by die onlangse Boschenmeer Ope, vyfde by die OP Ope in Port Elizabeth en was Saterdag gesamentlik derde tydens die Citrusdal Ope.

Hy speel ook in Desember in die jaarlikse Ernie Els Uitnodigingstoernooi op Fancourt en sal voor dit die Presidentsbeker-toernooi as toeskouer bywoon.  


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za  

[ Top ]