|
|
 |
Arts - Kunste |
 |
 |
|
Volmaakte man in Ou Meul |
|
|
 |
|
|
|
 |
'KLEI', 'n komedie wat die verhaal vertel van die volmaakte man - Ferdinand de Wet - word op 19 en 20 Februarie om 20:00 in die Ou Meulteater in die Paarl opgevoer met Leon Kruger as die man der manne.
By die onlangse Aardklop Kunstefees is hy nie net genomineer vir die Anglo Gold prys vir oorspronklike teks nie, maar hy het ook Potchefstroomse feesgangers gaande en aan die praat gehad oor sy hoogs vermaaklike vertolking van die eenmanvertoning, 'Klei'.
Ons kry insig tot sy lewe aan die hand van 'n temperamentele kunstenaar, Jare - ja, soos in ouderdom. Hy is in die fleur van sy skoonheid - 3000 jaar al 26 jaar oud.
"Sien u die velletjies in die nek mevrou, die yl haartjies op jou kop meneer - die borste wat op jou naeltjie kuier mevrou -
Dis alles ek, ek het dit vir jou gegee," sê hy met die eerste ontmoeting.
Hy, Jare, neem jou saam op die eksentrieke lewenspad van Ferdie. Van 'n oorhaastige sperm wat nie kan wag vir môre nie, tot 'n ou man wat sonder tande, te dankbaar is as hy in die oggend opstaan en uitvind dat hy nog asemhaal.
'n Verskeidenheid van agt karakters is te sien in die uurlange komedie, wat insluit 'n jong Ferdie wat met musiek, rugby en ballet probeer kombineer.
"Hierdie eenmanvertoning is 'n vars bries op die Afrikaanse komediefront. Kruger se vertolking is sterk, sy karakterisering van die onderskeie drie karakters 'spot-on' en die tema van die 'perfekte man' (op sigself redelik lagwekkend) met die voete van klei dra by tot 'n heerlike aand van vermaak.
Kaartjies teen R25 is beskikbaar by die deur of skakel die teater by 872-0262 (tel/faks) weeksdae tussen 10:30 en 12:30 of 14:00 en 16:00 (Donderdae tot 17:00). |
|
 |
|
|
|
 |
 |
|
Groot makietie vir konserttrein |
|
|
 |
DIE Spierlandgoed op Stellenbosch het sy deure oopgegooi vir Die Burger-Paarl Post Konserttrein se afskopmakietie op Vrydag 29 Maart.
Mense kan uitsien na 'n vleisbraai op die rivier se walle saam met die boereorkes van Brian Nieuwoudt, die Grafsteensangers, sangers Kurt Darren, Juanita du Plessis, Theuns Jordaan en Helena Hettema, wat almal saamry.
Die hoogtepunt van die afskopmakietie sal ongetwyfeld Dowwe Dolla se troue by Spier wees; kompleet met regte bruidegom, groot gevolg, troumars en kerkkoor. Die gelukkige bruidegom is die towenaar, Wolfgang Riebe, haar nuwe "vennoot" vir haar nuwe vertonings.
Daar is 330 beddens beskikbaar op Oudtshoorn. Die prys van R699 sluit die trein-vervoer, die akkommodasie en ontbyt in.
Vir navrae en besprekings kontak Tripp Promosies by 887-7333/1/6, 083-261-0799 of 082-372-3535. Besprekingsvorms is ook by Paarl Post verkrygbaar. |
 |
 |
|
Piekniek met sonsonder |
|
|
 |
 |
|
DIE Taalmonument Koffiewinkel bied nou heerlike sonsondergang-pieknieks by die Monument in die Paarl aan.
Piekniekmandjies sal elke aand beskikbaar wees terwyl besoekers tot 21:00 die mooi uitsig rustig kan geniet.
Die pieknieketes sal tot einde April gehou word. Hekgeld is R5 (R2 vir kinders). Vir navrae skakel 863-2800. |
 |
 |
|
Nick Taylor sings |
|
|
 |
THE Paarl Hospice Valentine's Concert this year will feature famous singer Nick Taylor in "Sing into your heart" at the Grande Roche Amphitheatre on Sunday at 18:15.
This show is more than just a trip down memory lane, it is also a journey into the heart and the future. It brings with it a message of Hope and Love, mixed with loads of humour.
Nick, now living in Paarl, has included a song on his album "Packing for Paarl" which celebrates his escape from the rat race of Johannesburg.
Tickets are available at the Hospice Office at R125 each and includes a buffet dinner, estate wines and champagnes as well as mineral waters.
Enquiries with Betty Waddington at 872-4060. |
 |
 |
|
TV-ster by modes |
|
|
 |
 |
|
'n MODEPARADE met 'n verskil gaan Saterdag 23 Februarie om 19:00 by Franschhoek Mountain Manor gehou word ten bate van die Carel du Toit Sentrum vir gehoorgestremde leerlinge. TV-ster Darren Kelfkens wat die rol van Joe Smith in Egoli vertolk, tree as gasheer op.
By die gala-geleentheid word klere van Anthony B, Amber, Marinda, M&M Klothing, Hip Hop, Slate, It Figures en Anel Joubert vertoon.
Die funksie word gereël deur Michelle du Plessis, sodat leerders jonger as ses jaar, by die Carel du Toit Sentrum kan leer praat en hoor met gehoorapparate.
'n Voormalige leerling, Marga Butterworth, sing die aand, bygestaan deur leerlinge van Delycia's School of Music.
Kaartjies is R100 (vingerete ingesluit). Vir navrae, skakel Michelle du Plessis by 864-2994 of die Carel du Toit Sentrum 938 5312.
Die opbrengs word in die trustrekening van die prokureursfirma Du Plessis Boland Ingelyf op Wellington inbetaal vanwaar dit deur 'n onafhanklike ouditeur geadministreer sal word. |
 |
 |
|
Robben Island Jazzathon |
|
|
 |
 |
|
TICKETS are still available from Computicket, for this year's spectacular Standard Bank Robben Island Jazzathon, taking place on Saturday at Robben Island.
On the bill is African international artist Mory Kante, whose single hit "Yekeyeke" sold millions of copies worldwide and was also used on Leonardo di Caprio's movie The Beach.
Capetonian Judith Sephuma is the supporting act and will enchant concert goers with her sublime voice.
For more information, phone 683-0957, or visit www.joyofjazz.co.za, Festival Diary. |
 |
 |
|
Orkeste in die Paarl |
|
|
 |
 |
 |
 |
|
DIE Frank Pietersen Musieksentrum bied op 9 Maart van 12:00 'n groot musiekfees met orkeste en ensembles van regoor die Kaapse Skiereiland wat optree by die sentrum in Sanddriftstraat, Paarl, aan.
Ensembles wat deelneem tussen 12:00 en 18:00 is van Heathfield Hoër, Pinelands Hoër, Bellville Hoër, Sans Souci Hoër Meisieskool, Hugo Lambrechts Musieksentrum en Frank Pietersen Musieksentrum.
Daar sal ook stalletjies met allerhande lekkernye te koop wees.
Genooide orkeste wat optree tydens die formele konsert om 19:00 is Pinelands Hoër Jazzorkes, Hugo Lambrechts Musieksentrum Simfoniese Blaasorkes, Universiteit van Stellenbosch Simfoniese Blaasorkes en die Suid-Afrikaanse Vlootorkes. Toegang is R5.
Vir nader besonderhede bel Adele Stoffberg by 872-7651. |
|
|
|
|
|
|
|
|
|