safetop
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday 14 February 2002

uitlefstreep
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

 Letters - Briewe


Klankbesoedeling bederf erg my nagrus

[ Top ]


EK woon naby Piet Retiefstraat op Wellington waar dit Vrydagnag 8 Februarie geklink het asof ek langs Kyalami woon soos die motorfietse en karre hier naby verbygejaag het, tot amper ligdag.

En dit is nie die eerste keer nie. Van die motorfietse klink asof hulle enjins terstonds moet vasbrand, maar helaas!  

Bestaan daar nog wette wat ons gewone mense beskerm teen klankbesoedeling of oefen dié onbedagsame jongmense maar ook net hulle "demokratiese reg" uit? 

Wat van ons demokratiese reg vir relatiewe stilte in die nag? Dit kan maar lol wanneer al hierdie demokratiese regte saam beoefen wil word!

Sieg Kröger


Baie trots op die Weltevrede Buurtwag

[ Top ]


AS inwoner van Wellington, onderwyser en polisiereservis die afgelope drie jaar, wil ek graag my opregte trots, dank en waardering uitspreek teenoor die manne en vroue verbonde aan die Weltevrede Buurtwag.

Gedurende die feestyd tydens my dienste verrig in die SAPD, het ek by verskeie geleenthede met die buurtwag kennis gemaak: "gewapen" met passie, mannemoed, trots, dissipline, visie - om maar 'n paar te noem.

Met hul kenmerkende flitsbaadjies, soekligte en selfone as kommunikasiemedium is hulle besig om beslis 'n verskil in ons gemeenskap teweeg te bring.

Tydens my dienste wat insluit die bywoon van klagtes, misdaadvoorkoming en algemene patrollies toegerus met 'n vuurwapen, swaar skietbaadjies, handboeie, R5-geweer of pomp-aksie (as dit nodig is), het ek gesien dat die WT-buurtwag dieselfde klagtes onder andere gesinsgeweld, aanrandings (sommige ernstig), bendeverwante elemente aanspreek en al verskeie messe, kapmesse en byle by skollie se kind afgeneem het.

Wat my nog trotser maak op my buurtwag, is dat hulle gewone mense is wat saans hulle geliefdes tuislaat, die strate invaar om die koue en reën nagte te trotseer om te verseker dat ek en u 'n goeie nagrus het.

Aan die rolmodelle van Weltevrede en Bellview-area: sterkte, sukses en voorspoed met jul uiters belangrike, gevaarlike en soms moeilike taak.

Edward Smit


Winkelsentrum pas glad nie hier nie

[ Top ]


EK stem saam (met seker vele Paarliete) dat 'n winkelsentrum langs KWV in Hoofstraat, Suider-Paarl, totaal onvanpas is.

Ek weet nie wat dink ons Munisipaliteit om so 'n winkelsentrum goed te keur nie.

Daar is vele wat sukkel om 'n bestaan te maak. Die kafeetjies wat jare sukkel word nou so gedruk dat hulle later sal moet toemaak.

Daai mense sukkel om 'n bestaan te maak.

Daar is slaghuise wat ook maar kan toemaak. Dit lyk vir my asof alles net oor geld gaan.

Ek dink die Paarl moet vasskop.

Hoekom moet die een die ander doodmaak in dié tyd?

Belastingbetaler


Verkeershoof steur hom nie aan padreëls

[ Top ]


EK sal graag wil weet wie van ons is almal verhewe bo die wet.

In ons gemeenskap is daar dié wat die hoër sporte van die lewe bereik het.

Gewoonlik is dit die verlange van die gemeenskap dat hierdie mense 'n voorbeeld moet stel aan die gemeenskap en meer spesifiek aan die jeug.

Ek sal graag van mnr Francois Davids (hoof van verkeer op Wellington) wil weet waarom hy hom self verhewe bo die padreëls beskou.

Sondag 2 Desember net na 20:00 staan ons by die robot in Newton.

Hy ry op pad na Newton uit die rigting van Wellington en ek was op pad Wellington toe uit die rigting van Paarl.

Die robot was vir ons beide rooi, maar hy besluit om te ry en ek moet wag vir die groen robot. Is dit reg?

In die verlede het ek hom menigmaal sien ry sonder 'n veiligheidsgordel, maar ek ag dit my plig om veiligheid eerste te stel en dra daarom my veiligheidsgordel.

Dit verbaas my nie dat van die verkeersmanne ook besluit het om nie veiligheidsgordels te dra nie.

Ook het ek 'n probleem met bestuur en terselfdertyd jou selfoon gebruik. Almal weet wat die wet bepaal, behalwe mnr Davids.

Ek sal graag wil weet of ek maar dieselfde kan doen of moet ek maar aanvaar dat die wet net van toepassing is vir sekeres van ons?

Ontevrede burger

Die munisipale bestuurder Jacques Carstens reageer: Niemand is verhewe bo die Wet nie, ook nie die Wellingtonse verkeershoof nie.

Die Padverkeerswet bepaal wel dat die verbod "op gebruik van kommunikasiestel terwyl bestuur" nie op 'n verkeersbeampte van toepassing is nie.

Sou die klaer hom/haarself identifiseer, 'n gesprek met my reël en 'n beëdigde verklaring aflê, kan ek die klagte verder ondersoek.


Smous verkeersbeampte nou met vrugte?

[ Top ]


OM 09:20 op Saterdag 9 Februarie ry ek in Hoofstraat verby die noordelike hek van die KWV-Hoofkantoor en sien dat druiwe en waatlemoene van 'n verkeersdepartementbakkie, CJ 77651 en B50199 op die regtervoormodderskerm verkoop word.

Die verkeersbeampte staan 'n paar meter terug in die hek met sy uniform aan en 'n tweerigtingradio in die hand, terwyl 'n handlanger die verkoopwerk doen.

Ek hoef vir niemand te sê hoe lyk Lady Greystraat en die Boulevard op 'n Saterdag daardie tyd nie, waar die beampte sekerlik broodnodig was.

As sulke dinge so oop en bloot in die openbaar gebeur, wat gebeur na ure en snags?

Ontstoke belastingbetaler

Die munisipale bestuurder, Jacques Carstens, reageer: Die spesifieke beampte tree op in opdrag van die Paarlse Verkeershoof. Daar word gereeld op die vrugte beslag gelê van mense wat onregmatig straatverkope doen.

Terwyl die beampte op bystand van sy kollegas gewag het, om die gekonfiskeerde vrugte te laai en na 'n plek van veilige bewaring te neem, het die smous egter onverpoos voortgegaan met sy aktiwiteite.


Editorial:

Hot air and talk shops

[ Top ]


THE more things change, the more they remain the same.

The complaints about the Municipality aired by Paarlites last week at the Integrated Development Planning meeting, are not new.

For as long as anyone can remember, there has been little sign of a global planning policy for Paarl.

Ad hoc decisions have been the order of the day, and while agriculture declines, there are no incentives or concessions to encourage other industries to move to Paarl from the city.

In fact transport costs to the market and an unreliable local power supply are considered deterrents.

With the transformation to an enlarged town council during the past few years, what should have been a forum to promote development, has become a great disappointment.

Any guidance that could have been hoped for from the public's elected representatives has been dissipated in an endless talk shop where much hot air is expended in pointless political skirmishes.

It is time for Drakenstein Municipality's town councillors and officials to get their act together and knuckle down to some real work - there is an economic crisis to face head on and people are in dire need of work.

Or will the integrated planning process just be another haven for people who enjoy wasting time (and the money of the long-suffering ratepayers)?


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za  

[ Top ]