|
DIE Wellington-kampus van die Kaapse Technikon (KTWK) ervaar tans ongekende groei. Sedert verlede jaar het die getalle toegeneem van sowat 400 studente na 700, terwyl daar nog daagliks inskrywings is.
Volgens die kampushoof, Vincent Landey, beleef die tersiêre inrigting tans 'n ongekende "bevolkingsontploffing" en is hulle stoutste verwagtinge oortref.
Inskrywings stroom van oral in, selfs van so ver as Botswana en Angola.
Behalwe dat die Onderwysfakulteit 50 studente meer het as die vorige jaar, het die addisionele kursusse 'n verdere bydrae tot die groei gelewer.
So het die Landbou-Inligtingstegnologie en finansiële rigtings 200 inskrywings getrek.
Volgens Landey is die mikpunt dat die studentetal in 2007 sal uitbrei na minstens 2000 met behoud van sy landelike en Afrikaanse karakter.
Gedurende April gaan twee kort negeweek-kursusse op die kampus aangebied word, naamlik Entrepreneurskap en Inleiding tot die Rekenaar. Vir navrae, skakel 873-1131.
* The Wellington campus of the Cape Technikon has experienced an increase in student numbers. |