safetop
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday 14 March 2002

uitlefstreep

This site will be updated on: 21 March 2002

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

Arts - Kunste


'Gatvolgesukkel' na fees

[ Top ]


GROOT opgewondenheid heers onder die amateurtoneelgeselskap Waks Daniel & Kie van Wellington nadat hulle gehoor het dat hulle produksie 'Gatvolgesukkel' gekeur is vir die Voorbrandfees tydens die Klein Karoo Nasionale Kunstefees op Oudtshoorn.

Wat hulle uitnodiging nog meer voortreflik maak, is dat hulle een van slegs twee amateurtoneelgeselskappe is wat uitgenooi is.

Die groep is deel van die projek "Drama op Wiele" wat ten doel het om die gemeenskap toe te rus met lewensvaardighede wat tot hulle voordeel gebruik kan word en hulle omstandighede kan verbeter.

Dit het ontstaan as deel van die Drakenstein Munisipaliteit se armoedeverligtingsprogram en is 'n gemeenskapsprojek van Hugenote Kollege. Drakenstein het onlangs 'n bedrag van R60 000 aan die kollege bewillig vir die projek.

'Gatvolgesukkel' is reeds baie bekend in die Wellington area waar hulle die afgelope jaar voor sowat 5000 mense opgetree het.

Die groep tree van 25 tot 29 Maart in die Oudtshoorn-distrik op as deel van die Voorbrandfees. Hulle is ook Dinsdag in die Huguenot-gemeenskapsaal in die Paarl.

 Hulle bedank plaaslike sakeondernemings vir hulle bydraes met die toer Oudtshoorn toe.


Kuier by Uys Krige

[ Top ]


'n OU SKRYWER op sy voorstoep ervaar die sonsondergang oor 'n kulturele era. Hy kla dat hy nie iets nuuts en vars kan skryf nie. "Daar's niks nuuts onder die son nie." Maar hy gesels tog te lekker met homself.

Dis die een pittigheid op die ander en wanneer Rosie die drinkgoedjies bring, word daar éérs gekorswil en gekapittel. Ondanks Rosie se vermanings val hy van die stoep, gelukkig is daar 'n Keurbos in die tuin.

Dit is die scenario in Uys Krige se skreeusnaakse, dog roerende toneelstuk, 'Die lewe is alleen draaglik as 'n mens 'n bietjie dronk is', wat op 19 en 20 Maart in die Ou Meulteater in die Paarl opgevoer word.

Bekroonde akteur Neels Coetzee vertolk die rol van die Ou Skrywer met die alombekende Gail Reagon in die rol van Rosie.

Kaartjies is te koop by PrintRight, tel 872-7209.


'Battle of the Bands' by HJS

[ Top ]


BOISHAAI se 'Onnerrikoppi Battle of the Bands' vind Woensdag van 17:00 tot 22:30 by die skool in Auretstraat plaas.

Daar is tien orkeste wat meeding om 'n wenprysgeld van R1000. Die skole wat betrokke is, is Hoër Jongenskool, Hoër Meisieskool, La Rochelle, Stellenberg, DF Malan, Tygerberg, Worcester Gimnasium, Montana en Pionierskool.

Die bekende '5 Star Society' is die gaskunstenaars. Hierdie vyf jongmans het pas hul eerste CD, "Place of Adoration" vrygestel. Ou bekendes van Boishaai, 'Froy', tree ook op.

Daar sal heelwat kosstalletjies wees en toegang is R25 (R15 leerders). Geen drank sal op die skoolterrein toegelaat word nie. Gesinne is welkom om 'n piekniekmandjie saam te bring.

Navrae by André Bester, 872-2875.


Samaai on board of fest

[ Top ]


WORLD-RENOWNED violinist and music teacher, Ronnie Samaai from Paarl, was recently asked to come on board as a director of the International Classic Music Festival of South Africa.

The first festival took place in Gauteng last year, and this year it will be extended to include the Western Cape.

The festival is a joint effort of South Africa and Austria and will take place in August.

The purpose is to promote international cultural, educational and creative exchange through an annual festival to the benefit of South African and other African musicians and the broader arts community.

The festival also aims at empowering South African composers, instrumentalists and singers by establishing an international platform for them.

Samaai was enlisted by Robert Brooks, the artistic director, with the purpose of co-ordinating the educational side.

"I must determine what is necessary with regard to instruments and also look into educational needs at institutions."

Samaai has already suggested a few initiatives, such as exchange programmes for teachers and students between the two countries, and also the twinning of music schools and institutions.

He can be contacted at 862-2848.


Nostalgiese kuier

[ Top ]


KUIER môre en Saterdag om 20:00 in die Ou Meulteater in die Paarl saam met die bekende Joey de Koker.

Sy gaan voorlees uit vergete verhale en verse.

"Ek is nie meer so fiks nie en het gevoel om iets anders te doen - ouer kunstenaars en werke wat amper vergete is, terug te bring."

Dit is nie 'n konsert nie, maar 'n kuieraand met Joey se nostalgiese herinneringe rondom die kunstenaars.

"Ek werk al reeds aan 'n opvolgprogram," vertel sy en laat glip dat dit oor een van ons bekendste digteresse handel.

Kaartjies is R35 by Print Right en die program begin om 20:00.


Mark is 'n fees

[ Top ]


'n GROOT verskeidenheid produkte sal weer by die Paarl Kuns- en Kosmark te koop wees volgende Saterdag, 23 Maart, van 09:00 tot 15:00 by Simonsvlei.

Dit is 'n inkopiefees met alles van bamboeskerse, geverfde kinder T-hempies, handgeweefde matte, leersandale, borduurwerk, tuinmeubels en loodglas tot die heerlikste olyfbrode, tapenades, Duitse worse, varsgebraaide calamari, boereworsrolle, hamburgers en tjips, koekies, beskuit en lekker vars vrugte.

Bokkie Louw, bekende in kosbedryf, sal sorg dat daar vir elke smaak iets te ete is.

Kom luister na die voetklop-lekker musiek van Koos Koegelenberg, proe wyne en laat die vrou van die huis toe om lekker rond te snuffel.

Die Paarl Varswaterhengelklub hou 'n kompetisie vir kinders tot en met laerskoolouderdom.

Net die eerste dertig handlyntjies word toegelaat. Bespreek by Elsa Breytenbach, 872-2095.

Daar is ook nog plek vir uitstallers. Mense wat wil verkoop - van ingelegde vrugte, plaasvars eiers tot vars groente en handgemaakte produkte of plaasprodukte is welkom. Kontak Heila by 863-3000.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za