|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|
|
MET verwysing na heelwat vorige klagtes rakende die gejaag van motors en motorfietse in woonareas, wil ek daarop wys dat die huidige stopstrate en spoedgrens in Skoolstraat daagliks oortree word van vroeg soggens tot baie laat saans. Ons verwag dat dit slegs 'n kwessie van tyd is voordat iemand getref of noodlottig beseer word. Gaan daar eers dan opgetree word? Hierdie selfsugtige en roekelose bestuurders stel almal van ons se lewens in gevaar en baie van die inwoners van Skoolstraat voel as daar nie nou opgetree gaan word nie, gaan reg in eie hande geneem word uit moedeloosheid oor die Munisipaliteit se traak-my-nie-agtige houding teenoor die vele versoeke. Spoedlokvalle en verkeersbeamptes gaan nie die oplossing wees nie, maar langtermyn-oplossings kan moontlik spoedwalle en/of eilandjies wees (soos in Mollstraat). Moedelose inwoners |
|
|
|
|
ONS hoor altyd net negatiewe opmerkings omtrent hospitale en die diens aan staatspasiënte. Dit is nie wat ek ondervind het nie. Die nag van 24 Desember moes ek dringend mediese behandeling kry. My vriendin het die ambulansdiens geskakel en die oproep is ontvang deur 'n baie vriendelike persoon. Kort daarna het ons 'n oproep terugontvang om te sê dat die ambulans op pad onklaar geraak het en ons moet asseblief geduld beoefen vir 'n ander een wat nog op 'n missie is. Sowat 'n halfuur na die oproep, omstreeks 02:30, is daar 'n klop aan die deur. Dit is toe 'n paramedikus wat met 'n motor vooruit gestuur is deur die ambulansdiens om my by te staan. Ek kan nie sy behulpsaamheid, geduld en vriendelikheid oorbeklemtoon nie. Nie lank nie of die ambulansmense daag op, weereens professioneel, behulpsaam, vriendelik en baie gerusstellend. Die groot verrassing lê voor: die hospitaal. Van die ontvangs tot by die saal, net glimlagte en vriendelikheid. In die saal het die dokter en verpleegpersoneel ongelooflike puik diens gelewer. Die hospitaalgebou self was uiters klinies en kraakskoon. Die ontvangslokaal was deftig en netjies. Die administrasie was puik georganiseerd. Personeel van junior tot senior op alle vlakke was puik. Aan al die betrokke persone wie my bygestaan en versorg het, opregte dank. Soos van ouds is die Paarl Hospitaal bo-aan die lys, nou net meer gevorderd. Met sulke diens kry 'n mens lus om hospitaal toe te gaan. Agnes Fredericks |
|
|
|
|
IT was "Three Cheers" for the announcement attached to the water and electricity accounts stating that street trading was going to be regulated, but seeing is believing! From the minutes of the Executive Meeting of the Boland Chamber of Commerce dated 11 May 1993, comes the following extract: "According to a Municipal report, vendors will now be required to trade in designated areas at a nominal rent under supervision of the Local Authorities." The Municipality was first approached by the Chamber on behalf of businessmen in Paarl in September 1990, concerning street vendors in Lady Grey Street. It has taken eleven years for the penny to drop! Past president |
|
|
|
|
DIE Paarl het die afgelope tyd groot verandering op restaurantgebied gehad. Wat 'n aangename ervaring om met die gesin by die nuwe Chinese restaurant te gaan eet. Die nuwe eienaar, Tsui Yu-Fen, met sy twee Chinese sjefs het voorwaar 'n nuwe, besondere eetsensasie na die Paarl gebring. Die volledige spyskaart het selfs 'n Japanese sakekennis besonder beïndruk. Ons wens hulle 'n suksesvolle verblyf in die Paarl toe. Wêreldreisiger |
|
|
|
|
THIS year is the sixtieth anniversary of the loss of the cruiser HMS Dorcetshire and HMS Cornwall, which were sunk by the Japanese in the Indian Ocean on Easter Sunday in 1942. Four days later, the aircraft carrier HMS Hermes was sunk off Ceylon. Any of the survivors who would be interested in attending a reunion in Simon's Town from 7 to 8 April are kindly requested to contact commander Mac Bisset at the SA Naval Museum at 787-4635 or fax 787-3999. M Bisset |
|
|
|||||||||||||
|
PAARLIETE is al so gewoond aan gate in die strate, dat dit seker 'n tydjie geneem het vir sommige motorryers om te besef dat Hoofstraat tussen Brugstraat en Boulevard-Suid opgekap is. Die goeie nuus vir die reisende publiek, is dat dáárdie stukkie van die dorp se netwerk binnekort glad en gatloos gaan wees. Sakelui in die gebied was aanvanklik baie ontsteld - nie oor die werk nie, maar oor die sluiting van die straat. In 'n ekonomiese klimaat waar die skoen reeds knyp, kan enige ontwrigting in die vloei van klante 'n finale doodskoot vir 'n onderneming beteken. Winkeleienaars is egter dankbaar dat die straat opgegradeer word, want die agteruitgang van die ry-oppervlakte het waarskynlik rééds sommige winkeleienaars genoop om alternatiewe roetes te gebruik. Die Munisipaliteit kan beslis op die skouer geklop word dat hulle iets daadwerkliks doen, al is dit dan aan 'n klein gedeelte van die padnetwerk. Die stadsvaders kan hulle egter regmaak vir 'n stortvloed versoeke vir opgradering sodra die nuwe pad in gebruik kom en mense dit kan vergelyk met die res van die hobbelrige en gaterige strate. Hef aan lê dalk voor! |
||||||
|
||||||