safetop
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday 14 March 2002

uitlefstreep

This site will be updated on: 21 March 2002

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

People - Mense


Wynmaker trap in ma se voetspore

[ Top ]


wdruiwe14NIE 'n brandweerman nie. Ook nie 'n polisieman nie. 'n "Wynmakerman", is wat Jacques Lategan (7) van Windmeul wil wees wanneer hy groot is.

Aan sy toekomsplanne het Jacques, 'n wakker mannetjie met helder ogies en kuiltjies in die wange, hierdie week al begin werk.

"Dis omdat meneer Arangies gesê het ons moet 'n plan maak. Klein Boishaai het geld nodig vir rekenaars, vir die rugbyveld, en vir 'n muur," vertel Jacques.

"Toe vra ek of ek kan wyn maak, ek weet mos hoe."

Sy ma, Gesie Lategan, is immers die Shiraz koningin van die Paarl, en sy pa,

PARSTYD. Dis parstyd vir Jacques, die jong wynmaker van Windmeul - en natuurlik ook vir sy kampioen-wynmakerma, Gesie Lategan.

oud-regter Braam Lategan, brou self sy eie huiswyn in die kelder.

"Eers pluk jy die druiwe, dan kom dit kelder toe. Jy sit dit in die ontstingelaar en dan in die perser. Dan laat jy dit gis voordat dit in 'n tenk of in vate gebêre word.

"Nou wag jy tot dit winter word, want dis wanneer jy die wyn in bottels sit. Dan verkoop jy dit en dan drink jy die wyn."

Jacques het sy planne fyn uitgewerk. Soggens is dit skool en in die middag is dit rugby, swem, tennis, krieket, perdry-lesse, karate en Xhosa-klasse.

Hy besef dit sal nie maklik gaan om wyn te maak met sy vol program nie.

"Iemand sal my wyn moet oppas," sê hy.

"Daarom het ek my ma gevra om na my tenk te kyk. Maar sy kan dit nie verniet doen nie, ek moet haar R2 'n dag betaal."

En waar kom die geld vandaan om Ma te besoldig?

"Ek spuit die tenks in die kelder skoon. Daarvoor word ek R2 betaal. En ek vee die vloere skoon.

Daarvoor word ek ook R2 betaal. Ek het al R4 vooruit gespaar," vertel hy trots.

Verlede Maandag het hy die middagsport gemis en was hy by toe sy een ton Cabernet gepluk is.

Nou moet hy sy storie agtermekaar hou in die kelder en in die winter sal hy etikette op sy 700 bottels kan plak - reg vir die wynveiling ten bate van die skool.

Jacques werk darem nie net vir liefdadigheid nie. Hy sê hy gaan 'n bietjie van die geld hou om vir hom sy eie wyntenk te kan koop.

Dit lyk nie of Pa en Ma veel sê in die saak gaan hê nie: "Ek gaan 'n wynmakerman word."

* A young Paarl boy follows in the footsteps of his winemaker mother,   Gesie Lategan .


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za