safetop
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday 14 March 2002

uitlefstreep

This site will be updated on: 21 March 2002

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

Sport


wwinner14CROSSING THE LINE. Zbigniew Piatek (Peace Force/Mroz/Supradyn) crosses the finish line in the third leg of the Giro del Capo cycling tour which started and ended in Paarl last Wednesday. Piatek finished the leg of 170km which included the Franschhoek and Du Toit's Kloof Passes in a time of 4:29:24 despite the scorching heat and strong wind. The South African, David George, was crowned overall winner of the tour after the final leg in Cape Town on Saturday. Pic: Leon Steenkamp


SA vroue XI pak Indië in Paarl

[ Top ]


DIE warm sonskynweer van die Paarl sal beslis 'n welkome verandering wees as die Suid-Afrikaanse Vrouekrieketspan volgende week in sy eerste kriekettoets ooit op BoE Park teen Indië te staan kom.

Reën het tot dusver die Indiese toer, wat drie eendagwedstryde en 'n vierdagtoets insluit, sleg in die wiele gery.

Die eerste eendagkragmeting wat in Johannesburg gespeel is, is uitgereën. Die Suid-Afrikaners het egter goeie kolfoefening gekry met die openingskolwer Kerri Laing (91*) wat haar voornemens duidelik gemaak het.

Indië kon slegs vier beurte kolf voor die reën uitgesak het en die wedstryd afgelas is.

Die tweede eendagwedstryd het meer krieketaksie opgelewer, maar is ook deur reën onderbreek. Die Proteas wen nogtans met 29 lopies nadat die wedstryd deur die Duckworth-formule aangepas is.

Volgens Noor Rhoode, afrigter van die Proteas, het Indië meer ervaring van toetskrieket as die tuisspan, maar staan hulle 'n goeie kans om die wedstryd te wen.

"Ons beplan om veilig te speel. Maar die Indiese kolwers sukkel om lopies aan te teken op ons vinnige kolfblaaie," het Rhoode gister gesê, terwyl die reën weereens die aanvang van die derde eendagwedstryd op Centurion vertraag het.

"Ons het gevra dat hulle (Boland Krieketunie) 'n vinnige blad vir ons voorberei, en afhangende van die son en hitte kan dit dalk later begin draai. Maar dit is nie vir ons 'n groot vrees nie," sê hy.

Die Indiese span sluit ses draaibalboulers in, maar volgens Rhoode het hul tot dusver gesukkel om die bal te laat toertjies doen.

"Ons sal in die toets veral staatmaak op die kolfwerk van Laing en Daleen Terblanche wat verlede jaar 'n goeie Wêreldbeker in Nieu-Seeland beleef het, asook die kaptein Cindy Eksteen en Alison Watkinson.

"Met die bal sal die naatboulers Suné van Zyl, Cri-Zelda Brits, Nole Nzdinzu en Eksteen vir ons die paaltjies moet laat kantel."

Die toets begin Dinsdag om 10:30 op BoE Park, Paarl.


Toetsryers wys hul staal

[ Top ]


DIE Suid-Afrikaanse nasionale fietsryspan het Vrydag op Bellville die Drienasies Byeenkoms oorheers.

Dié span onder leiding van JP van Zyl het die aand geen gelyke gehad nie en die spanne van Duitsland en Italië met eersteklas fietsry oortref. Hoewel die Federasie span ook moedig probeer het, kon hul nie die prestasie van hul Suid-Afrikaanse eweknieë nadoen nie.

Die Italiaanse span was egter ongelukkig deurdat hul wêreldkampioennaelryer, nog voor die amptelike begin van die byeenkoms sy sleutelbeen gebreek het, nadat die band van sy wiel afgekom en hy geval het. Hy is inderhaas hospitaal toe gejaag. Dit het die Italianers se aanslag grotendeels verswak.

Plaaslike ryers Garth Thomas (Proteas) asook Ashley Kulsen en Colin Parsons wat vir die Federasie span gery het, het hul baie goed van hul taak gekwyt.

Dit was veral in die puntewedren, uitvalwedren, en Madison waar Thomas homself laat geld het.

Hy was op pad na 'n derde plek in die uitvalwedren toe sy afrigter hom opdrag gegee het om te rus, 'n taktiese skuif maar vir die baie Paarliete wat die byeenkoms bygewoon het, ietwat van 'n teleurstelling.

Thomas het ook in die puntewedren punte ingesamel maar toe sy spanmaat in 'n wegbreek betrokke was, moes hy in die bondel bly.

Sukses het vir hom in die madison gewag toe hy en spanmaat, Robbie Dale, 'n derde plek behaal het, ten spyte daarvan dat dit die eerste keer was wat hulle in die item saamgery het.

Parsons en Kulsen het wel nie plek gekry nie, maar was nietemin sterk kompetisie vir die ander ryers.

Oormôre kry Paarliete geleentheid om weer die gewilde madison-item op die Faurestraat Stadion te aanskou.

Die laaste madison-wedren wat hier gery is, is deur Parsons en Dale gewen.

'n Misverstand in die laaste rondtes tussen Kulsen en Thomas het beteken dat hulle met 'n derde plek tevrede moes wees.

Indien genoeg spanne opdaag sal die madison oor 50 rondtes bepaal word. Die byeenkoms maak voorsiening vir wedrenne in al die kategorieë en begin om 14:00.


Twee rekords vir Gimmie

[ Top ]


DIE top-atleet van Paarl Gimnasium, Monique Balsamo (regs), neem hier die voortou in die 400m hekkies vir dogters o.19 tydens Saterdag se Boland Ussasa atletiekkampioenskappe op Daljosafat.

Balsamo het die rekord in dié item verbeter met haar tyd van 60,47s, asook 'n rekord in die 100m hekkies verbeter met 'n tyd van 14,6s. Sy het ook eerste geëindig in die 100m (12, 40s).

 Balsamo is een van sewe Gimmies wat in die Boland span opgeneem is. Claud-Marie du Toit het in die hamergooi vir meisie o.19 die rekord met bykans 10m verbeter met haar afstand van 41,82m. Louw Smit se tyd van 12,70s in die 90m hekkies vir seuns o.14 het verseker dat sy naam voortaan in die rekordboeke sal pryk.

 Gert Scoombie (o.15), Theo van Huysteen (o.17), Christoffel Hartley (o.19), Proppie van der Merwe (o.19) en Claud-Marie du Toit (o.19) is in die Bolandspan opgeneem en sal in die hamergooi deelneem terwyl Kobus van Wyk (o.17) in die 100m en 200m sal meeding tydens die SA atletiekkampioenskappe wat op 22 Maart in Germiston aangebied word.       


Albions voer nie deur

[ Top ]


'N DRIE in die doodsnikke van sy wedstryd teen Raithby, het Albions Saterdag stert tussen die bene na die Paarl laat terugkeer.

Albions het van die begin af die botoon gevoer, met veral die voorspelers wat onder leiding van die haker, Brendon Hendricks, oorheers het.

Agterlangs het die twee spanne gelyk opgeweeg, maar balbesit wat die besoekende agtal gekry het, het meer geleenthede in Albions se rigting gegooi.

Vroeg in eerste helfte breek Adam Moeraf deur 'n gaping en stuur vir Lincoln du Preez weg om Albions se eerste drie te druk.

Die Paarliete hou vol met hul aavallende hardlooprugby en slaan gapings links en regs.

'n Moedelose Raithby het in 'n poging om die aanslag te stuit, die een strafskop na die ander afgestaan met een wat tot 'n strafdrie lei.

Heelagter John Stevens verdoel en Albions loop 12-0 voor. Kort voor rustyd druk die tuisspan wat die rustydtelling op 12-5 te staan bring.

In die tweede helfte druk Raithby nog twee keer en wen die wedstryd 12-17.

Die tweede span wen 36-0 en die derde gekeurdes speel gelykop 3-3.

Albions speel Saterdag weg teen Franschhoek United.

Gemengde sukses

In 'n harde wedstryd in Kylemore het die tuisspan 'n naelskraap 7-6 oorwinning oor Rangers behaal.

Mark Adams slaag met 'n skep- en strafdoel. Arnold Fortuin druk vir Kylemore.

Rangers II verloor 19-0 terwyl die derde span 22-12 seëvier. Rangers speel op 23 Maart weg teen Franchhoek.

Die Rooi Rose van Gardens het Saterdag op Gardens Park vir Paarl 11-5 geklop. Jeremy Hammers het vir Gardens gedruk terwyl Jerry Vermeulen met 'n skepdoel en strafdoel geslaag het.

Warriors het Paarl United Saterdag met 18-7 geklop. John Salon en Gavin Fortuin het Warriors se drieë gedruk, met Joos Pieterse wat met twee strafdoele en een doelskop suksesvol was.

Young Peoples het Saterdag op Saldanha sy goeie vorm voortgesit toe hy die tuisspan met 24-16 geklop het. Vir Peoples het Jacques Lategan, Justin Fortuin en Hugan Andersen (2) drieë gedruk. Bernard Davids het twee doelskoppe behaal.

Peoples speel Saterdag om 14:00 teen UWK op die Boy Louw velde.


Wedloop volg nuwe roete

[ Top ]


DIE Boland Korrektiewe Diens Atletiekklub van Drakenstein hou eerskomende Woensdag sy sesde 10km Aandwedloop.

Die wedloop volg vanjaar 'n ander roete weens die padwerke aan Hoofstraat. Drawwers sal tydens registrasie die nuwe roete verneem.

Die Aandwedloop wat sedert sy ontstaan nog elke jaar in gewildheid gegroei het, het 'n reeks kontantpryse op die spel. Wenners in die senior mans en vroue afdelings wen elkeen R150, met tweede en derde plekke wat onderskeidelik R100 en R75 sal inpalm.

Die eerste veteraan man en vrou sal elkeen met R100 beloon word, terwyl die mans- en dameswenners van meesters, groot meesters en juniors elkeen die kans staan om R75 te wen.

Die wedloop begin om 18:30. Die inskrywingsgeld is R15 en atlete moet in hul klubkleure draf. Stappers is ook welkom.

Vir meer inligting skakel David Strauss by 862-3299 of 083-980-6495.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za