|
|
 |
Nuus - News |
 |
 |
 |
|
Smile, it's raining |
|
Leigh Reitz |
|
|
|
 |
THERE was great elation when the first real winter rains and snow hit the Valley over the weekend, drenching players in Interschools and Derby matches.
In July an amount of 65,2 mm rain was measured, while 50mm was measured in Wellington since Friday, the wettest day for the month so far.
The first winter snow of the season capped the Drakenstein and Hawequa Mountains on Saturday night, plunging |
 |
day time temperatures to 13 degrees Celsuis on Sunday and Monday.
On Monday overnight temperatures plummeted to zero degrees.
After an unusually dry and hot July, heaters and warm winter woolies have been taken out of storage again. |
|
 |
 |
|
|
BOXED IN. Devoted Boland Cavaliers rugby supporter Turnell Abrahams of Wellington was one of a handful of spectators to brave the inclement weather on Friday during the match against the Border Bulldogs. Black plastic bags and a cardboard box on his head helped to keep the rain out. The Cavaliers won 17-10. Pic: Leon Steenkamp |
|
|
 |
 |
|
Dam levels have risen after the heavy rains with the Wemmershoek Dam at 41%, and Voëlvlei Dam 53% full. Paarl Mountain dams Bethel and Nantes are respectively 40% and 38% full.
The Weather Office has forecast a partly cloudy 19 degrees Celsius for today, clearing up with a fine 21 degrees tomorrow and Saturday. After the weekend more rain and cold are expected.
Rashid Khan, Regional Director of the Department of Water Affairs and Forestry, has called on all water users to be aware of their responsibility to use water more wisely and efficiently, as dams are still not full enough. |
 |
|
 |
|
 |
'n PAARLSE pa het petrol oor sy seuntjie uitgegooi en bygestaan terwyl hy in vlamme gehul in sy ma se arms doodbrand.
Die pyn van twee jaar gelede, toe haar seun in Suider-Paarl gesterf het, moes Zelda April (22) nou weer in die Kaapse Hooggeregshof herleef.
Die pa van haar kind is gister skuldig bevind aan die moord van Austin (2), en drie aanklagte van poging tot moord nadat Zelda, haar moeder en ouma, ook aan die brand gesteek is by hul woning te Oude Renbaan.
Francois de Koker (23), het destyds in 'n ander arbeiderswoning op die landgoed gewoon. Hy het getuig dat hy nie kan onthou wat die aand van 5 Oktober 2001 gebeur het nie.
Lea Titus, Austin se oumagrootjie, het getuig hoe De Koker 'n petrolkan oor haar, haar kleindogter en sy seun leeggemaak het en hulle aan die brand gesteek het.
Die seun se ouma, Rachel April, is ook raakgegooi, maar kon wegkom om hulp te soek.
Titus het gesê De Koker het hulle by die voordeur van hul houthuis ingewag, toe hulle uit die brandende woning gevlug het.
Zelda, met klein Austin in haar arms, was in vlamme gehul.
Sy het onthou hoe De Koker vir Zelda twee keer in die gesig geklap het, en toe gevlug het.
Die seun het gesterf terwyl sy ma en oumagrootjie ernstige brandwonde opgedoen het. Hulle was maande lank bedlêend in die Paarl Hospitaal.
De Koker het getuig hoe hy die aand oudergewoonte baie gedrink het. Hy ontken skuld en voer aan dat hy nie onthou dat hy die aand petrol gekoop en die woning aan die brand gesteek het nie.
Gaste het getuig oor die stryery tussen hom en die ma van sy kind die betrokke aand in 'n hotel by Paarlstasie.
'n Petroljoggie van Monument Motors het getuig oor die brandstof wat die beskuldigde by hom gekoop het.
De Koker was sedert sy inhegtenisname deur insp Auckland Losper die oggend ná die brand, in aanhouding.
Regter Siraj Desai het vonnisoplegging tot 1 September uitgestel vir sielkundige toetse op De Koker.
* A Paarl man has been found guilty for torching his own son. |
 |
|
|
|
 |
 |
|
Raadslid vry oor "bom" |
|
|
 |
|
 |
DIE hof is nie die plek vir politieke geskille nie, het Raadslid Titus Williams verlede week gesê nadat hy vrygespreek is op 'n aanklag van aanranding.
Williams (NNP) is daarvan aangekla dat hy Deetlefs du Toit (DA) in die Drakensteinse Raadsaal met 'n voorwerp wat vir hom soos 'n bom gelyk het, gegooi het.
Du Toit het die tuisgemaakte voorwerp, met batterye en kragkabel, op die tafel voor Williams neergesit. Dit was glo as 'n grap bedoel nadat Williams onregmatig krag gebruik het.
"Dit was 'n onvanpaste grap wat geboemerang het," het Williams se regsverteenwoordiger, Craig Samaai, in die hof aangevoer.
"Dit wil voorkom asof die aangeleentheid as politieke speelbal gebruik is."
Landdros Greg Jacobs het bevind dat daar "groot weerspreking" was in die staat se saak oor of die voorwerp wel vir Du Toit getref het.
"Die verduideliking van die beskuldigde kan redelik moontlik waar wees, en hy is dus op vryspraak geregtig," het Jacobs gesê.
Williams het ná die vryspraak gesê hy oorweeg 'n klag van kwaadwillige vervolging.
"My tyd en dié van die hof is gemors," het hy gesê.
* A Drakenstein town councillor has been acquitted on a charge of assault. |
 |
|
 |
|
 |
 |
|
TWEE mans wat glo einde 2001 'n skrikbewind onder bejaardes in Noorder-Paarl gevoer het, verskyn hierdie week in die Kaapse Hooggeregshof nadat twee afgetrede sakemanne gesterf het.
Basil Spyridonakos (68) van Prinsstraat is in sy woning vermoor en Adrian Müller (67) van Alantstraat het beswyk ses weke nadat hy in sy woning deur kosbedelaars aangerand is.
Lourens Hendricks (37) en Marius Davids (32) van Lupinestraat, Paarl-Oos, staan tereg op aanklagte van moord, poging tot moord, huisbraak en diefstal.
Hulle is destyds deur speur-insp Jacques Coetzee in hul woning in hegtenis geneem, in besit van gesteelde eiendom van die bejaardes.
Spyridonakos is in sy bed dood aangetref in Desember 2001. Hy was in nagklere en is verwurg ontdek met 'n tou om die nek twee dae na sy dood.
"Mr Basil", soos hy bekend gestaan het, was sedert 1969 eienaar van die Stokkiesdraai Kafee in Klein Drakenstein asook later eienaar van die Eendekuil Hotel.
Hy was ná 'n beroerte-aanval nie sterk nie en het in die woning van 'n jarelange vriendin, Cynthia Visser, in Prinsstraat geloseer. Sy het 'n paar dae by haar moeder in die Strand gekuier toe 'n venster uit die raam gesny en ingebreek is.
Müller is 'n week voor die moord in Prinsstraat in sy woning in die aangrensende Alantstraat oorrompel en beroof toe hy toebroodjies en 'n lemoen aan 'n bedelaar gegee het.
Hy is verskeie kere met 'n skroewedraaier in die maag gesteek en sy neus is gebreek. 'n Handdoek is om sy mond gedraai en sy hande is met strykysterkoord vasgebind.
Met bloed wat oral drup, het Müller 'n uur lank gesukkel om homself los te wikkel sodat hy die noodalarm kon bereik.
Daar is destyds vermoed dat die roofaanvalle verband hou met nog 'n aanval dieselfde tyd op 'n 76-jarige vrou in haar woning in Van Rooyenstraat, Noorder-Paarl. Ook sy is vir dood in haar woning gelaat.
Hendricks en Davids kon egter nie bo alle twyfel met dié voorval verbind word nie.
Hendricks het verlede week in die Hooggeregshof gekla dat hy las het van aambeie en gevra dat die saak tot Dinsdag uitgestel word.
Dinsdag kon die hof weer nie sit nie, aangesien die beskuldigde steeds pyn verduur het. Die verhoor word vandag voortgesit.
* The alleged murderers of two retired Paarl businessmen will be sentenced in the Cape High Court soon. |
 |
|
 |
 |
|
Dood in bergpas |
|
|
 |
|
 |
'n BEJAARDE besemmaker van die Paarl het Dinsdagaand in Dutoitskloof in 'n botsing reg van voor gesterf.
Moses Dowries (83) van 38A Evansstraat, Klein Nederburg, was om 19:00 met 'n bakkie na die Paarl onderweg toe die botsing plaasvind.
Hy en drie vriende het die dag oudergewoonte besemriet op plase agter die berg gaan pluk.
Volgens ooggetuies was hy besig om 'n vragmotor verby te steek, toe hy in die pad van 'n aankomende bakkie beland het.
Sy passasiers wat beseer is, is die egpaar Willem en Eva Olifant (60) van Kanariestraat 136 en haar suster Ann Hartog (52) van Aramstraat 20, Paarl-Oos.
Mnr Dowries word oorleef deur drie dogters, 'n seun, agt kleinkinders en vier agterkleinkinders.
Die tuisdiens is Saterdag om 10:00 en die roudeins in die PPK Kerk in Chicago, Paarl-Oos.
Die bestuurder van die ander voertuig in die botsing, Cyril Hartzenberg (30) van Oktoberstraat 95, Worcester, het rugbeserings opgedoen.
* 'n Werktuigkundige het Maandag gesterf toe die motor wat hy bestuur het, teen 'n geparkeerde vragmotor in Noorder-Paarl gebots het.
Francois Kleinhans (29) van Worcester was om 19:00 met Skoolstraat in die rigting van Hoofstraat onderweg, toe hy onder die vragmotor ingejaag het. Die blou Toyota Conquest is 'n wrak.
Ooggetuies kan insp Githa Kilian by 807-4000 skakel.
* A Paarl man died in a crash in Du Toit's Kloof. |
 |
|
|
|
|
No sharks in Berg River |
 |
 |
Anne Kruger |
 |
|
|
 |
|
 |
 |
|
THE missing shark tag spotted in Paarl by satellite, was no longer attached to a shark, but was stored in a house near the Berg River.
As soon as Ben Visagie of Sultana Street, Noorder-Paarl, saw the report and photograph in Paarl Post, he knew that the strange beeping object in his house was the missing tag.
While visiting Hartenbos last week, his daughter Bennita (8) found the microphone-shaped object on the beach and brought it to him.
"I knew that it had some electronic significance, but there was no phone number on it, only an "F", which I presumed meant it was faulty.
"When I got home I checked the manufacturer's website listed on the tag, but was none the wiser.
"I put it away and then it suddenly started emitting beeps every minute. I contacted Cape Nature Conservation, but they also couldn't help.
"Last Thursday my wife spotted the report in Paarl Post about a shark tag which had been tracked to Paarl.
"I was very relieved to know the source of the object and phoned the telephone number of the Environmental Affairs official supplied by Paarl Post.
"I have returned the tag, and now Bennita will soon have a nice reward in her bank account!" said Visagie.
The tagging is done to study the influence of ecotourism on the behaviour of sharks on the southern Cape coast.
The apparatus with which the tag was affixed to the dorsal fin of a Great White Shark in the Mossel Bay area appears to have failed, allowing the tag to drift onto the beach a month before it was supposed to have auto-released and started broadcasting data via satellite.
According to Marine & Coastal Management chief technician Mike Meyer, it is hoped that the information stored on the tag (valued at about R30 000) can be accessed before it stops functioning completely. |
 |
|
|
|
 |
 |
|
Voëlboer se moordenaar kry swaar straf |
|
|
 |
|
 |
 |
|
DIE moordenaar van 'n bekende voëlboer op 'n kleinhoewe buite die Paarl is verlede week tronkstraf van 52 jaar in die Kaapse Hooggeregshof opgelê.
Abe Fourie (72) was by sy hokke besig om foto's te neem toe hy in Januarie verlede jaar oorval is.
Dawid Joubert (50), 'n werklose man van Klapmuts, het saam met 'n makker by die Benbernhard-landgoed aangekom. Hulle het eers vir Fourie vermoor en toe sy vrou, Lenie (73), in die kombuis waar sy ontbyt voorberei het, oorval.
Die mans het haar vasgebind en gedreig om haar te verkrag, maar gehoor gegee toe sy smeek dat hulle haar spaar.
Hulle het vuurwapens, klere, juwele, 'n muntversameling en elektriese apparaat in die egpaar se splinternuwe Nissan Terano gelaai.
Onbewus daarvan dat haar man reeds vermoor is, het sy na haar man gevra. Die rowers het gesê hy is in die papegaaihok toegesluit.
Minute nadat mev Fourie haar uit die boeie losgewikkel het en alarm gemaak is, het inspekteurs Githa Kilian en Christo van Rensburg die gesteelde voertuig in Mbekweni opgemerk.
Versterkings is aangevra en 'n jaagtog het gevolg, waartydens die voertuig die Agter-Paarlpad verlaat en in 'n wingerd omgeslaan het.
Die bestuurder is uit die voertuig geslinger en het op die toneel gesterf. 'n Polisiehelikopter het bokant die wingerd gehang toe Joubert in hegtenis geneem is.
Polisiebeamptes was nog op dié toneel toe die nuus hulle bereik dat Fourie se liggaam by die voëlhokke ontdek is. Hy was met draad geboei, met 'n graaf doodgeslaan en onder gras in 'n sloot versteek.
Regter Nathan Erasmus het die Paarlse polisiebeamptes geloof vir "uitstekende werk", van die eerste noodoproep tot die hofsaak.
"Dit is die derde saak wat inspekteurs (Johan) Coetzee en (Lucas) Lourens vanjaar voor my bring in hierdie hof," het hy gesê.
"Die uitstekende werk wat hulle lewer, is 'n riem onder die hart." Die staat se saak is gestel deur Jan Theron.
Regter Erasmus het Joubert lewenslange tronkstraf opgelê vir die moord, 20 jaar vir die gewapende roof en sewe jaar vir onsedelike aanranding.
* The murderer of an elderly Paarl bird breeder has been sentenced to 52 years imprisonment. |
 |
|
 |
 |
|
Taxi's bots |
|
|
 |
'n DROM in die middel van Klein Drakensteinweg sonder enige waarskuwingstekens, was waarskynlik die rede waarom twee minibustaxi's vroeg Dinsdagoggend kort na mekaar in twee verskillende ongelukke betrokke was.
Daar word tans deur die Munisipaliteit herstelwerk aan die pad gedoen en die drom is bo-oor 'n mangat geplaas.
Arthur Richards (47) van Lantanastraat in die Paarl was om 05:00 dié oggend onderweg met passasiers, toe hy waarskynlik té laat die drom raakgesien het.
Hy het uitgeswaai om die drom te vermy, het die randsteen getref en gerol.
Hy en twee passasiers, Elmari Jacobs en Edwina September, het onderskeidelik hoof-, nek- en rugbeserings opgedoen.
'n Tweede taxi, wat ook passasiers vervoer het, het kort daarna wel die drom getref en teen 'n lamppaal vasgery.
Dorothea Sias (36) van Loeriewoonstelle, Karen Klaasen (36) van Mossiestraat en David Levens (24) van Lloydstraat was in dié taxi en is vir geringe beserings in Paarl Hospitaal behandel. |
 |
 |
|
Eenheid laat misdaad daal |
|
|
 |
|
 |
 |
 |
 |
|
SELFS al het twee van hul motorfietse met die onlangse brand by Boland Bikes in die slag gebly, is die lede van die Landelike Beveilingseenheid steeds vasbeslote om misdrywe op plase en kleinhoewes in die omgewing te beveg.
Die stigting van dié eenheid het 'n skerp daling in misdade op plase in die omgewing getoon.
Nagenoeg 80% van die 200 plase is alreeds besoek vir die opstel van plaaskaarte en inwin van inligting.
Reeds 42 arrestasies vir dronkenskap, 11 vir huisbraak en diefstal, vyf vir betreding op plase, een vir opsetlike saakbeskadiging, ses vir besit van dagga, een vir veediefstal, een vir dieremishandeling, drie vir dros vanaf 'n verbeteringskool en beslagleggings op goedere ter waarde van R15 000 (wat dagga en dwelms insluit) is gemaak.
Die lede, insp Pietie Novella, Pierre Hugo en Tersius Laubscher, kan by 073-277-7771 gebel word.
Daar word 'n beroep gedoen op bewoners van plase en kleinhoewes om die inligtingstukke wat aan hulle uitgedeel is, te voltooi en aan lede terug te besorg. |
|
|
|
|
|
|
|