safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday: 14 August 2003

uitlefstreep

This site will be updated on: 21 August  2003 at 17:00

Youth - Jeug


wMatrix05_FC


GEEN GENADE. Hoër Landbouskool sê Saterdag vir Oakdale op Riversdal die stryd aan in hul jaarlikse Interskolekragmeting. Boland Landbou se kaptein, Christoff Janse van Rensburg (regs) en hoofdirigent PJ Mong is vol vertroue dat die span van die Agter-Paarl vir die sesde agtereenvolgende jaar met dié titel gaan wegstap.
 


Lenteskool vir graad 11 en 12

[ Top ]


DIE Mathcardsentrum in die Paarl bied vir die negende jaar 'n lenteskool aan by Hoërskool Gimnasium gedurende die Septembervakansie vanaf 29 September tot 3 Oktober aan in die vakke Wiskunde, Rekeningkunde en Natuur- en Skeikunde vir graad 11 en 12 leerders.

Volle losies teen billike tariewe is beskikbaar in die koshuis van Hoërskool Gimnasium en alle leerlinge is welkom. Belangstellendes moet vroegtydig inskryf (sien advertensie op bl 3 van vandag se Opleidingsbylae).

Die skool het puik resultate en positiewe terugvoering geniet die afgelope jare by leerders wat bereid was om alles in te sit en 'n vakansie op te offer.

Volledige brosjures met inskrywingsvorms is beskikbaar by Hoërskool Gimnasium, Pam Golding, De Jagers Uitrusters, Waltons, Westerman's Apteek (Noorder-Paarl) en Wellington Toerismeburo.

Vir verdere inligting  872-0307 of 082-8543-611. Skole wat  inskrywingvorms verlang, is welkom om te skakel.


Bergrivier, Weltevrede sê mekaar stryd aan

[ Top ]


DIE jaarlikse derby-kragmeting tussen Weltevrede Sekondêr en Bergrivier Sekondêr het vandeesweek al begin, maar oudergewoonte sal die vonke eerste behoorlik spat wanneer die o.19A rugbyspanne Saterdag op Boland Stadion mekaar pak.

Die netbalwedstryde word vandag vanaf 13:00 by Bergrivier gespeel, terwyl die sokkerwedstryde môre op Pelikaanpark gespeel word.

Die o.15A-spanne speel 12:00, meisies om 13:00, oud-studente om 13:45, o.17's om 15:45 en die seuns ope spanne speel om 16:00.

Die landlope word ook môre beslis en spring om 11:30 by Weltevrede Sekondêr weg.

Saterdag open die hekke van Boland Stadion om 09:30. Die o.15A skop om 10:30 af, met die o.8 kannetjies wat 11:45 speel. Om 12:15 speel die o.16A spanne, gevolg deur die o.7's om 13:30, oud-studente om 14:00 en die o.19A wedstryd om 15:15.

* Oud-studente wat Saterdag in die voorwedstryd speel, moet om 12:00 by Boland Stadion aanmeld. Navrae by Adanaan Arnold 073-164-0816.  


NP, Paulus hou derby

[ Top ]


DIE hoërskole Paulus Joubert en Noorder-Paarl kom Saterdag teen mekaar te staan in hul jaarlikse derby-rugbystryd.

Vanjaar se derby val saam met die halfeeu-fees van Noorder-Paarl en beloof om vol opwinding te wees.

Gister het die hokkiespanne kragte gemeet en is die oudstudente-rugbywedstryde gespeel.

Vandag word die sokker by Boy Louw beslis met die seuns o.15 wat om 13:00 begin. Die o.17's, en meisies o.17 en o.15 volg om 14:00, 15:00 en 15:30.

Die tafeltennis, vlugbal en skaak begin almal om 13:00 by Noorder-Paarl. Die veerpyle begin om 13:30 by die Ambagsvallei-saal.

Saterdag begin die o.14 netbalwedstryd by die Dutoitstraat-bane (agter Faurestraat-stadion). Die o.16 en o.19 wedstryde word om 11:00 en 12:00 gespeel.

Die rugby begin om 10:00 op Faurestraat-stadion wanneer die o.15's om 10:00 afskop, gevolg deur die o.16 (11:00), o.19B (12:00), vrouewedstryd (13:00), Ou Kroks (14:00) en die hoofwedstryd om 15:00. 

Verlede jaar is die algehele puntetrofee deur Paulus Joubert verower, terwyl die wedstryd tussen die eerste rugbyspanne gelykop geëindig het.

 


[ List of Schools / Skolelys ]


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za