|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|
|
WITH reference to 'Gatvol vir die chaos' in Paarl Post 31 October, I too have been trying to contact Anne-Marie Bartie without success in order to understand her car guard business and gain her views on the intended 'cleaning up' of our town by Paarl Our Business. I agree with a clean, safe town and I really promote job creation, but have left numerous requests and my phone number with Thulani Sikonde, who is in charge, to no avail. Which starts me thinking - you see, I believe just as strongly in transparency which seems to be the missing link here - why is the company not willing to be contacted? As in politics, when our representatives don't communicate with us, we tend to fill the gaps with our own conclusions, right or wrong, but what else are we to do? By Anne-Marie Bartie's own admission in the reply to 'Gatvol van die chaos', about 40 attendants are working for AMB - and that's just in this area. Does she have other areas of business too? I do know that each attendant pays between R11 in the busy sections of Paarl and R6 in the quieter areas to AMB every day, so I'm pleased to read that new 'geel baadjies' (without any phone number??) are being made, but at a quick calculation, that brings in about R2000 per week, which is about R8000 per month for Anne-Marie. As I said, I believe in job creation, but I'm just trying to fill in the blanks. Contrary to what she said, the number on the cards the car guards carry, does not work. What does AMB actually do to earn this money, as there don't seem to be any overhead costs; is it tax-free and why is she not openly contactable? By comparison, what do the car guards, who are actually doing the work, earn on average each month? Just curious. Talk to us Anne-Marie. I can be contacted on 863-2680. Donna Godfrey Perhaps Ms Bartie's bashfulness can be attributed to a number of court judgements against her for debt. - Ed. |
|
|
|
|
ONS woon in een van die sogenaamde gesogte woonbuurte van die Paarl. In hierdie buurt woon daar skynbaar ook mense wat baie geld het om op vuurwerke te mors om Guy Fawkes se terreurdaad te gedenk. Nou wonder ek maar net of munisipale regulasies ten opsigte van die gebruik van vuurwerke nie ook in hierdie buurt geld nie. Vanaf 4 November reeds is die honde van die buurt gemartel deur die knal van klappers en "bomme." Gemartel omdat honde se gehoor 1000 maal skerper as die mens s'n is. Nou moet 'n mens maar ter wille van die hond hom binnenshuis hou om hom te kalmeer en te keer dat hy verwilderd die straat invaar. Diereliefhebbers probeer verhoed dat hulle honde se geblaf vir hulle bure tot steurnis is, maar klapperskiet is skynbaar aanvaarbaar, al is dit vir almal 'n steurnis. Alhoewel die owerheid na aanleiding van die afkondigings in die Paarl Post oor waar klappers afgevuur mag word, in kennis gestel is oor die onregmatige skiet van klappers, was hul reaksie net mooi 'n ronde nul. Hoe ironies tog ook dat dieselfde mense wie se kinders so baie geld kry om op klappers te mors, se kinders tydig en ontydig by die deur aanklop om te bedel vir borgskappe vir skoolaangeleenthede. Waar moet 'n mens se prioriteite lê? Wonder maar net |
|
|
|
|
EK wil mense waarsku teen die sogenaamde "goudhandelaars" wat deesdae van huis tot huis beweeg en mense se goue juweliersware by hulle koop. Hulle ry met motors met CA registrasienommers. Hierdie mense bied vir jou baie minder aan as die werklike waarde van die goud wat jy by 'n juwelier of pandjieswinkel vir jou goedere sal kry. Boonop oortree hulle die wet, want enige handelaar in goud word volgens wet verplig om die goedere vir 'n week in 'n kluis te hou. Sou jy ooit van plan verander en jou juweliersware wil terug hê, sal jy dié mense nie kan opspoor nie. Nog 'n rede waarom 'n mens hulle nie moet ondersteun nie, is omdat hulle eintlik mense is wat met gesteelde goedere handel. Enige handelaar in tweedehandse goed is verplig om 'n register te hou van die goedere wat deur hulle ontvang word, met 'n afskrif van die verkoper se identiteitsdokument. Indien iemand 'n inbraak aanmeld, kan die polisie dan na die pandjieswinkels en juwelierswinkels gaan en dalk die goedere opspoor. So word baie misdade opgelos, want die oortreder se identiteit is aan die handelaar bekend. Sê maar net |
|
|
|
|
EK wil graag weet hoe dit moontlik is dat 'n verkeersman op 'n totaal onwettige manier sy werksvoertuig, CJ 12104, bestuur. Op 'n Dinsdagmiddag om 16:00 het 'n verkeersman ewe ongeërg, sonder haas en sonder sirene of ligte, met die Bergrivier Boulevard uit die noordelike rigting gekom, eenvoudig oor die rooi verkeerslig in Lady Greystraat gery, 'n U-draai tussen die verkeersligte gemaak en weer teruggery in die rigting van die Paarl Hospitaal. Gelukkig was die ander verkeer op die kruising te verstom om te beweeg. Ek weet die reaksie van die owerhede sal wees die verkeersbeamptes "mag enigiets doen in die uitvoering van hul pligte". Maar is dit nodig om ander padgebruikers in gevaar te stel terwyl hulle patrolleer? Gewoon en gehoorsaam |
|
|
|
|
OP 4 September is ek afgetrek deur 'n leerlingverkeerskonstabel (in siviele drag met 'n moulose geel veiligheidsbaadjie). Hy het by my motorvenster kom staan en vir "jou lisensie" gevra. Ek het hom aangekyk en my lisensie wat in my beursie en duidelik te sien was, vir hom gewys. "Haal dit uit" het hy my weer kortstondig en onbeskof beveel en ek het hom gehoorsaam. Hy het daarna gekyk en om die motor geloop om my lisensieskyfie op die motor se voorruit na te gaan. Hy het weer terugbeweeg na my toe en my lisensie aan my terug gegee. "Lyk my jy is haastig, waarnatoe is jy op pad?" het hy my gevra. Ek het geantwoord en hy het gevra "hoekom dra jy nie 'n safety belt nie?". Ek het gesê dat ek jammer is dat ek nie my "veiligheidsgordel" gebruik het nie en hom verseker dat ek dit in die vervolg sal dra. "Druk die toeter" was sy volgende bevel wat ek ook gehoorsaam het; "Trap die briek" die volgende opdrag en ek het dit ook gedoen. "Sit aan jou seatbelt en dan kan jy maar ry". Ek het opgelet dat 'n verkeersbeampte, in uniform, agteroor in 'n verkeersvoertuig die hele storie sit en dophou. Die betrokke leerling, as hy een is, ken nie woorde soos asseblief, dankie, u, mejuffrou of mevrou nie. Hy weet nie dat hy homself maar net kon bekend stel, sy hoedanigheid duidelik kon maak en aan my die doel van sy aksies kon verduidelik nie. Ek het na die aangeleentheid die Verkeersdepartement se Hoof geskakel om my grief met hom te bespreek. Na sewe oproepe na die direkte lyne en twee deur die munisipale skakelbord, waar ek albei kere nie minder nie as twintig minute aangehou het, het ek nou nog nie by hom uitgekom nie. Nie eens sy sekretaresse was beskikbaar om 'n boodskap te neem nie, en die munisipale kantoor kon ook nie help nie. Die Verkeershoof het glo nie eens 'n faksnommer beskikbaar nie. 'n Mens is geneig om te dink ander oordryf met klagtes in die koerant, tot jy self in die situasie gevang word. Ek weet dat deur te kla, kom ek dié Verkeersbeamptes, wat 'n daadwerklike poging aanwend om uitstekende diens te lewer, na. Ek besef ook dat ek verkeerd was om nie my veiligheidsgordel te dra nie, en ek het glad nie 'n probleem met die feit dat ek afgetrek is vir 'n roetine-ondersoek nie. Wat my dwars in die krop steek, is die manier waarop die Verkeersbeampte die aangeleentheid hanteer het. Baie teleurgesteld, Paarl Die munisipale bestuurder, Jacques Carstens, reageer: Die spesifieke beamptes is wel tans onder opleiding en die publiek word derhalwe beskou as spieël en waghond oor ons dienste. Die kritiek word in 'n ernstige lig beskou en is ook so hanteer. Namens die verkeersafdeling vra ek om verskoning vir die beampte se optrede en die ongerief wat die klaer moes verduur. Die Verkeershoof is telefonies, per faks en e-pos beskikbaar. |
|
|
|
|
OP 7 Oktober voor eenuur was ek by Pep Bank Lady Greystraat om geld in te betaal. Ek het eers R100 se R5 munte oorhandig aan die teller. Daarna het ek 'n R50 en nog silwer oorhandig - genoeg om nog R100 vol te maak by die R37 wat ek klaar in die bank gehad het. Daarna het ek R1000 se note oorhandig. Die bedrag moes in totaal R1200 in die bank gewees het, maar sy het net R873 op die strokie geskryf. Toe ek wegstap, sien ek die bedrag, draai om en kla dat die bedrag te min is. Sy tel toe die geld in die laai en sien daar is R30 te veel. Sy sê toe as niemand anders die geld eis nie, sal sy my bel. Sy het egter nie gebel nie. Toe ek die volgende dag teruggaan, betaal sy nog R30 in my rekening in. Die totaal is dus R903 en ek is sowat R300 kort. Ek meen daar het iets onreëlmatigs hier gebeur en eis my verlore geld terug. Ek wil mense waarsku om self hul strokies in te vul en nie die teller dit te laat doen nie. Graham Jampies Pietro Hanekom, bestuurder bemarking en verkope van Pep Bank, reageer: Dit is ons beleid om in gevalle waar ons twyfel het oor 'n feitestel altyd vir die kliënt die voordeel van die twyfel te gee. Na oorweging van die feite en gesprek met alle betrokkenes, is hierdie geval egter anders, in dié opsig dat: 1. Die gedeponeerde bedrag ter sprake word deur die kliënt verskillend weergegee in sy geskrewe verklaring, onderhoud met PEP Bank bestuur, en inligting verskaf aan Paarl Post (R1150, R1000 en R1200 onderskeidelik). Mnr Jampies was ook onseker welke bedrag aan die teller oorhandig is tydens onderhoud met bestuur van PEP Bank; 2. In die afwesigheid van 'n voltooide deposito-strokie, het die teller die kontant twee keer gekontroleer en 'n deposito-strokie namens die kliënt voltooi; 3. Die kliënt het die deposito-strokie onderteken, en die teller het die kontant in haar kas met ander kontant geplaas. 4. Die kliënt het die tak verlaat en later teruggekeer met die bewering dat die bedrag gedeponeer foutief was. Alhoewel ons graag elke kliënt sal wil vergoed tydens dispuut, is dit duidelik dat verdere kompensasie in hierdie geval 'n presedent sou skep wat die Bank op risiko plaas ten opsigte van toekomstige dispute. Ons wil kliënte graag weer daarop wys dat kontantdeposito's vooraf gekontroleer word en moet ooreenstem met die bedrag op die deposito-strokie - indien daar dispuut ontstaan, moet dit met die tel-ler opgeneem word voordat die tak verlaat word. |
|
|
|
|
DIE stelsel werk nie. Die polisie keer daagliks jeugmisdadigers aan wat steel, inbreek, roof, verkrag en ook moor. Die kinders word weer en weer voor die hof gebring, en net so gereeld deur die hof in die sorg van hul ouers geplaas. Dit beteken huisarres, maar die kinders bly nie by die huis nie. Die ouers weet nie bedags of snags waar hulle is nie. Twaalf jaar is die gemiddelde ouderdom van die jeugmisdadigers. Dit is volgens wet te jonk om tronk toe te gaan. Maar nie te jonk om onskuldige mense se lewens te verwoes nie. Word die jeugdiges na sogenaamde plekke van veilige bewaring verwys (waar daar geen slot of grendel is nie), is die stoute kinders dieselfde nag nog terug in die Paarl. As daar 'n stelsel was wat gewerk het, sou die twee kindertjies wat in die Bergrivier gegooi is om te verdrink, vandag nog geleef het. Ma met kinders |
|
|
|
A NOTICE was recently sent out stating that water consumers in the Drakenstein municipal area are requested to ensure that their water meter installations are adequately protected, as any damage thereto will be for the consumer's account. How can I possibly be held responsible for the municipality's property (the water and electricity meters) if it has to be accessible to the meter reader? Should I lock it up? The meter reader cannot carry thousands of keys with him to access meters behind lock and key. The consumer cannot give unlimited access to an unknown person albeit a municipal employee. The house owner cannot be on the premises every minute of every day in anticipation of his arrival. It is not possible for thousands of consumers to phone the municipality with the month's readings. The meter is the property of the municipality and we the consumers may not tamper with it in any way. It is the sole responsibility of the Municipality and must be installed in such a way that it cannot be stolen or damaged. Dagmar Hamp The municipal manager, Jacques Carstens, replies: Several alternatives are available for better protection of water meters. Meters which are situated in the open, or above ground level, can on request be lowered or moved to a safer place by the Municipality, at the applicable tariffs. The consumer may construct say a brick box around the meter, which will give some protection against vandalism. Precast concrete water meter boxes are available in the market. In cases where security walls are erected, the water meter can on request be built into the wall by the Municipality at the applicable tariff, and still be accessible to the meter reader. Enquiries may be directed to the waterworks section of the civil engineering services department. |
|
|
|||||||||||||
|
LOER 'n huis-eienaar teen Paarlberg so oor die fynbos en deur die dennebome en hy sien hy hoe die vlamme nader rol, help die gerusstelling "Dis 'n beheerde brand, alles is onder beheer" beslis nie. Dit is die standaard-antwoord wat honderde angstige inbellers Dinsdag gekry het toe hulle van die eerste rokie om halftien die oggend tot die laatnag-vlamme teen die berg die Paarlse brandweerstasie geskakel het. Het die Munisipaliteit maar daaraan gedink om die inwoners in kennis te stel voor die "gekontroleerde" brand Dinsdagoggend aangesteek is. Het die kenners van veld en brand net in gedagte gehou dat November 'n windmaand in die Paarl is, en wind laat hom nie voorskryf watter kant toe hy waai nie. Baie vrae kan ná die brand gevra word. Was daar genoeg voorsiening gemaak vir alle gebeurlikhede? Is daar genoeg toegang en waterpunte tussen hoogliggende wonings? Niemand het gisteraand rustig geslaap aan die suidoostehang van die berg nie, veral nie diegene wat die verwoestende bergbrand van 1986 deurgemaak het, toe drie grasdakhuise afgebrand het nie. Niemand wat vrywillig ingespring het Dinsdag sal ooit weer dink 'n brandweerman se taak is maklik nie. Rook en roet in oë en longe maak seer en opdraande teen die warm hange maak moeg. Wanneer die Munisipaliteit weer 'n voorkomende bergbrand aanpak, bly weg waar die brandslaners spook, tensy dit is om jou dokumente te red of toebroodjies en yswater aan te dra. |
|||||
|
|||||