|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
food. Once there, they will be exposed to opportunities that provide self-worth, hope and much more. Day-care is a wonderful step in the right direction. Many individuals and organisations have been trying to make a difference for years. If street kids bug you, refer them to the day-centre in Lackay Street, behind Food World in Klein Drakenstein Road. Should you wish to assist with teaching, groceries, toys, clothes or any other contribution, phone 862-9125 or 082-844-2804. |
|
|
|
|
DIE lelikste en die slimste honde in die Paarl sal Saterdag by die Troetelhondskou by die Primêre Skool Noord-Eind aangewys word. Alle honde-eienaars in die Paarl word genooi om hulle honde in te skryf vir die skou wat om 09:00 begin. Eienaars sal hul honde vir verskeie aantreklike pryse kan inskryf - die lelikste, grootste, kleinste, bes-versorgde, slimste, die hond wat meeste na sy baas lyk en die "welpie van die dag". Beoordeling van troetelhonde begin om 11:00 en alle honde moet op leibande wees. Aggressiewe honde en tewe wat op hitte is sal nie toegelaat word nie. Om 10:00 is daar 'n demonstrasie deur die Boland Honde Opleidingskool en om 13:00 gee telers lesings oor die verskeie honderasse en vertoon hul diere. Die skou word in samewerking met die Dierebeskermingsvereniging gereël en die DBV hoop om genoeg belangstelling te wek om 'n Junior DBV in die Paarl te stig. Linda Groenewald, bestuurder van die DBV Paarl, sal besoekers met raad en inligting bedien. Daar is ook kosstalletjies en 'n vlooimark. |
|
|
|
|
DIE Westermans Diabetes Ondersteuningsgroep hou Woensdag hul jaareindvergadering om 19:00 by Ceres Huis van Pioneer Foods in Markstraat. Liesbet Delport en Gabby Steenkamp, dieetkundiges en skrywers van kookboeke, praat oor "Lae Vet en Hoë Glisemiese Indeks en die Diabeet". Almal is welkom. Navrae by Pat Hayman, 872-7590. |
|
|
|
|
DIE Stellenbosch Libertaskoor, onder leiding van Johan de Villiers, hou Sondag 24 November en Sondag 1 Desember om 20:15 hulle twee afsluitingskonserte in die Endlersaal, Stellenbosch. Tydens die eerste helfte van die uitvoering sing die koor 'n verskeidenheid van gewyde en sekulêre werke, asook inheemse volksmusiek. Die tweede deel is uitsluitlik aan Kersfeesmusiek uit verskillende wêrelddele. Die orrelbegeleiding word waargeneem deur Zorada Temmingh. Telefoniese besprekings, asook die koop van kaartjies, kan nou reeds gedoen word by die konservatorium in Neethlingstraat, Stellenbosch (808-2345). |
|||
|
|||