|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|
|
DIE Paarlse seuntjie wat twee weke gelede saam met sy sussie in die Bergrivier gegooi is, is steeds weg. Die hoop dat klein Brendon Plaatjies (8) van Lovers' Lane, Lantana, lewend gevind sal word, het vervaag. Polisieduikers met rubberbote en opsporingshonde het die rivier deursoek van die Hospitaalstraat-omgewing, waar hulle onder die water verdwyn het, tot verby Noorder-Paarl. Die lyk van sy sussie, Karen (5), is vier dae ná die Dinsdag toe hulle deur twee seuns aangeval is, uit die Bergrivier gehaal. Karen is gister ter ruste gelê. Haar bedroefde moeder, Jennifer (40), en susters Carika (18) en Evelyn (23) kon nie langer met die begrafnis wag nie. Haar pa, Carolus, is in die tronk, waar hy gevangenisstraf vir aanranding uitdien. Twee seuns het beken dat hulle die kinders in die water gegooi het - 'n 12-jarige van Wellington en 'n 14-jarige van Paarl-Oos. Die verdagtes het altwee al verskeie kere met die gereg gebots vir aanklagte van huisbraak en diefstal. Die jonger seun word in die Lindelani-bewaarplek vir jeugdiges in Koelenhof aangehou tot 'n volgende hofverskyning op 27 November. Die 14-jarige seun is voorlopig deur die hof vrygelaat. Die ondersoekbeampte, insp Montague Mundt, het tevergeefs probeer om dié seun se moeder op te spoor. Magnolia 19, die adres waar hy saam met sy moeder, ene mev Horne, sou woon, bestaan nie. * The body of an 8-year-old boy who drowned after being pushed into the Berg River with his sister (5) has not yet been found. |
|
|
|
|
DIE Speaker van die Drakenstein munisipale raad, Zandisile Killion Cekiso (50), het verlede week saam met voormalige raadslede van Tulbagh, Saron en Wellington in die Paarl streekhof verskyn op aanklagte van korrupsie waarby duisende rande betrokke is, verskyn. Cekiso, woonagtig op Gouda, is 'n voormalige burgemeester van Tulbagh. Die verskyning van die vier spruit voort uit beweringe dat hulle finansieel voordeel getrek het uit die toekenning van kontrakte wat verband hou met HOP-projekte op Gouda, Wellington en Saron in 1996 en 1997. Die ander beskuldigdes is Ben Oliphant (42), oudraadslid van die ontbinde Tulbagh stadsraad, Dan Kotze, oudburgemeester van Saron, en Cupido Rogers, oudraadslid van Wellington. Oliphant se adres is aangegee as Pooleweg 37, Wellington, dieselfde as dié van Rogers. 'n Vyfde beskuldigde, Albertus Kilian van Oudtshoorn wat voorheen in diens was van die ingenieursfirma Gibb Africa, het versuim om op te daag. 'n Lasbrief is uitgereik om te verseker dat hy teen die volgende hofdatum die hofverrigtinge sal bywoon. Die bewerings dat hierdie raadslede vergoed is vir hul steun aan spesifieke konsultante vir HOP-projekte, is die afgelope twee jaar intensief deur die polisie se handelstak op Oudtshoorn ondersoek. Oliphant en Cekiso het die tender van Gibb Africa vir die Gouda HOP-huise in 1996 sterk ondersteun. Sowat R30 750 is na bewering in hierdie tyd inbetaal in 'n bankrekening van 'n beslote korporasie waarvan Oliphant en Cekiso lede was. Kotze en Rogers het glo 'n soortgelyke BK bedryf waarin R79 400 inbetaal is. Hulle het ook vir Gibb Africa gesteun by toekenning van kontrakte. Volgens die Oorgangswet op Plaaslike Regering mag raadslede geensins geld ontvang en/of die dryfkrag wees dat tenders of kontrakte tot hul voordeel toegestaan word nie. Die beskuldigdes is nie gevra om te pleit nie en die saak is uitgestel tot 26 Februarie sodat hulle vertoë tot die Direkteur van Vervolging kan rig. * The Speaker of the Drakenstein Town Council, Zandisile Killion Cekiso, has appeared in the Paarl Regional Court. |
|
|
|||||||||||||
|
So beskryf Anthea Fortuin haar dogter Tammy-Anne (21) wat Sondag as een van die twaalf finaliste in die Mej Suid-Afrika kompetisie aangewys is. Ma Anthea en pa Tommy van Denneburg is alte opgewonde wanneer hulle die album nader trek: Hier is |
|
|
|
sy ook hoofmeisie was. Daar is sy Mej Hoër Meisieskool Paarl, daar is die mondigswordingpartytjie en oe, daar is sy en Springbokkêrel, Conrad Jantjes! "Ek dink sy is uitgeknip 'n Mej Suid-Afrika, want haar mooi kom van binne af. Sy is regtig 'n mens-mens. "Sy het selfs by die Rooi Kruis Hospitaal welsynswerk gedoen, waar sy gehelp het om na terminaal siek kinders om te sien. "Sy is pas gekroon as Mej Skiereiland en sal voortgaan met fondsinsameling vir Reach-for-a-Dream as deel van dié projek. "Sou Tammy-Anne die Mej SA titel wen, dink ek sal dit die perfekte platform vir haar wees om 'n verskil te maak in die samelewing. Sy is 'n eerlike en opregte mens wat baie vir haar medemens omgee," sê Anthea. Ook pa Tommy, 'n sakeman, bars behoorlik van trots oor sy jongste meisiekind se prestasies die afgelope tyd. "Ek dink haar grasie en styl as model is 'n direkte uitvloeisel van die feit dat sy kleintyd ballet gedoen het en ook 'n grasieuse atleet was. Sy kon maklik 'n top atleet geword het, want sy het goeie uithouvermoë," meen hy. Hulle verwerk nog hul dogter se roem, maar is uiters dankbaar vir die ondersteuning van die plaaslike gemeenskap tot dusver. Haar selfoon lui glo heeldag, soos mense haar sterkte wil toewens. "Dit is ongelooflik hoe die Paarliete bankvas agter haar staan. Selfs vreemdelinge op straat sal naderkom en sê hulle hou duimvas vir haar." Vir haar gesin bly sy maar net Tammy-Anne, sonder enige fiemies, wat gek is na 'n stuk steak deur haar pa gebraai en wat hulle laat skater met haar pittige sêgoed. So het sy eenmaal vir 'n beoordelaar verduidelik dat haar slegste eienskappe is dat sy te vinnig en soms te veel praat en die gewoonte het om altyd haar neus op te trek. Tammy-Anne, tans model en deeltydse student, is baie opgewonde dat sy een van die gekose twaalf landwyd is wat dit gaan uitspook om die Mej SA kroon. "Ek sien baie uit na die kompetisie. Elke dag leer ek iets nuuts - van grimering tot hoe om te sit. Al wen ek nie die titel nie, sal ek nog steeds dít wat ek hier geleer het, saam met my neem vorentoe in die lewe," sê sy. Haar idee van die perfekte Mej Suid-Afrika is 'n vrou met wie mense kan identifiseer en wat hulle welstand eerste plaas. "As ek die titel moet wen, sal ek veral konsentreer op die jeug, want die waarde van ons land lê in die jongmense van die land. "Opvoeding is ook baie belangrik. Ek wil graag terugploeg in my gemeenskap." Die hoof van Hoër Meisieskool Paarl, Neelsie Pretorius, het net lof vir hul eertydse leerling. "Sy was baie gewild terwyl sy hier op skool was en het toe alreeds goeie eienskappe gehad. Gedurende haar jaar as ons skoonheidskoningin in 1998 het sy op eie houtjie 'n dinee vir liefdadigheid gereël. "Dit is so verblydend dat sy altyd, wanneer sy in die Paarl is, 'n draai kom maak by die skool en met haar voormalige onderwysers gesels. Ons wens haar net alle sterkte toe en weet sommer sy gaan wen!" Tot die kroning op 8 Desember sal haar ouers, susters Sylvia (28), Candice (25), broer Tom-Ross (19) en die hele Paarl duim vashou dat die Mej Suid-Afrika titel dié kant toe sal kom. * Paarl's Tammy-Anne Fortuin is a Miss South Africa finalist. |
|
|
|||||||||||||
|
ELKE kind het 'n reg tot opvoeding en dit behoort by 'n skool van sy of haar keuse te wees. Só het ontevrede ouers van Wellington aan die Paarl Post gesê oor die situasie onlangs tydens die registrasie van nuwe leerders by Bergrivier Sekondêr. Bergrivier en Weltevrede Se-kondêr saam kan 450 graad agts akkommodeer, terwyl die vier voederskole op die dorp (Hillcrest, St Albans, Wellington en Pauw Gedenk) 700 graad sewes het. Dit sluit nie die plaasskole in nie. "Dit was 'n skande om te sien hoe honderde ouers van 23:00 die nag in die koue en donkerte in 'n ry moes staan," het 'n ouer gesê. "Sommige van hulle het komberse om hulle gehad om hul teen die koue te beskerm en sommiges het in hul motors geslaap terwyl hulle gewag het vir die registrasie van graad agts om teen 08:00 die oggend te begin. "Ons as ouers moes soos bergies voor die skool se hek op die sypaadjie plak. Wat 'n skande! Wat 'n vernedering!" Toe registrasie begin, het die groot teleurstelling van die dag plaasgevind. Slegs 200 nuwe leerders is voorlopig geregistreer, terwyl ongeveer 200 voornemende graad agts op 'n waglys geplaas is, omdat die skool nie plek het nie. Dit is nie 'n nuwe probleem nie, maar 'n probleem wat die afgelope vier jaar in Wellington heers. "Elke jaar se begin is daar sowat 300 graad 8 leerders wat vir maande lank swerf of in 'n saal sit in wag vir 'n plekkie iewers. Baie van hulle verdwyn heeltemal uit die onderwysstelsel." Ouers sê die akkommodasietekort is telkemale onder die Wes-Kaapse Onderwysdepartement by Wynland-Weskus OBOS se aandag gebring. "Ons as ouers verneem dat die departement beplan om mobiele eenhede by Weltevrede Sekondêre, wat ook 'n akkommodasieprobleem het, op te rig om die probleem op te los. "Ons wil weet of ons nou terug is in die 1970's en 1980's, toe ons kinders soos diere in hokke, nie geskik vir opvoeding nie, moes skoolgaan - by die sogenaamde 'gutter education'? "Ons kinders verdien beter. Ons soek 'n beter oplossing. Nie weer keer ons terug na daardie dae nie," het 'n pa gesê. 'n Vergadering vir alle ouers van graad sewe leerders op Wellington word Dinsdag om 19:30 by St Alban's Primêr gehou. Intussen het die Drakenstein stadsraad verlede week 'n skrywe van die Onderwysdepartement ontvang in dié verband. Hiervolgens wil hulle 'n dubbelmedium middelskool (Grade 5, 6 en 7) oprig op erf 5426, aangrensend aan Weltevredestraat. Die Departement vra verder toestemming vir die oprigting van tien mobiele klaskamers op die erf. * Wellington Grade Sevens are queueing for space in local high schools which are bursting at the seams. |
|
|
|
|
DAAR is gepeuter met die bloedmonster, en daarom is 'n jong man wat die dood van 'n Wellingtonse moeder van vyf veroorsaak het, vrygespreek op 'n aanklag van dronkbestuur. Landdros Robert Lewis het bevind dat die tou wat die botteltjie verseël het, los was toe dit deur die laboratoriumdeskundige ontvang is. "Daarom kan die staat nie met sekerheid sê dat dit die bloed van die beskuldigde is nie." Willem Cockerel (20) van Wellington, is ook vrygespreek op 'n tweede klag van roekelose en nalatige bestuur. "Enigiemand wat die reg van weg het, sal nie verwag dat iemand voor hom indraai nie," het Lewis bevind. "Of hy nou teen 140km/u of 40km/u gery het, sou die ongeluk vermy kon word?," het Lewis gevra. "Die beskuldigde het uitgeswaai, en so genoegsame pogings aangewend om die botsing te vermy." In sy opsomming het Lewis gesê die staat steun op die getuienis van 'n deskundige, prof Tom Dreyer, wat verklaar dat die beskuldigde teen 128km/u met 'n Nissan Sentra beweeg het in 'n woonbuurt. "Dié motor was 142m vanaf die botsingpunt toe die Opel Astra 'n U-draai gemaak het. Die skaalplan toon geen remmerke nie, maar bandmerke toon dat die motors 29m ná die botsing gegly het," het prof Dreyer getuig. "Die voorsienbaarheid van 'n moontlike botsing moet ook afgevra word," het Lewis gesê. "Ek gee die beskuldigde die voordeel van die twyfel." Hierdie woorde het die einde van twee jaar lange trauma vir die beskuldigde beteken. Cockerel het nie getuig nie, omdat hy sy reg tot stilswye uitgeoefen het. Verlede week was hy saam met sy ondersteuners in ekstase buite die Wellington hof. Maar vir die kinders en familielede van die oorledene lê die seer diep. "Ek het begin baklei vir geregtigheid toe ek hoor dat daar 'n jaar na die botsing net 'n gewone nadoodse ondersoek gehou word," vertel Lilian Jones se suster, Gwen van Tonder. "Dit het petisies na die Direkteur van Vervolging gekos om 'n kriminele ondersoek geloods te kry. "Toe is die saak keer op keer uitgestel. Aanmekaar moes verlof ingesit word. Die senuwees het geknaag, en nou, twee jaar later, hoor ons die bestuurder van die motor is onskuldig. "Lilian is dood, haar dogter Chantelle (21) wat saam met haar in die motor was, het permanente breinskade, en nog 'n dogter het 'n beenbesering opgedoen. Die vyf kinders, die jongste nou 13, is nou sonder 'n moeder." Lilian was 'n bekende sakevrou in Wellington, 'n enkelouer. Sy het die noodlottige aand 'n dogter by 'n dans by die posduifklub gaan oplaai toe sy 'n U-draai oor Genl Hertzoglaan gemaak het. Hordes kinders het die botsing gesien. Van Tonder sê tydens die verhoor, die laaste keer dat Jones se gesin teenwoordig was, het hulle in trane uitgebars toe die kandidaat-prokureur vir die verdediging aangevoer het dat Lilian selfmoord wou gepleeg het. Toe Elizabeth Pekeur, uit die kantoor van André du Plessis prokureurs, ook beweer dat Lilian nog geleef het en dat die ambulanspersoneel haar moes kon red het, moes die hof verdaag. "Dit was hul enigste troos," het Van Tonder gesê, "dat hul ma nie gely het nie, en toe word hierdie leuens in die hof voorgehou." Die aanklaer was Denise Persence. Gwen het die probleem met die bloedmonster by die polisie se teenkorrupsie-eenheid aangemeld. "Ek kan dit nie daar laat nie. Willem Cockerel was in die tyd dat die saak aan die gang was, in ten minste nog twee ander motorongelukke betrokke waar hy 'n motor bestuur het." * The failure to convict a young Wellington man of drunken driving after a fatal car crash has been blamed on a flawed blood sample. |
|
|
||||||||||
|
WHAT started out as a special Drakenstein Municipal Council meeting on Thursday, developed into an unruly brawl. The aftermath of what constituted a very undignified performance by councillors from different sides of the political spectrum, include one count of assault, one of intimidation and some very ruffled feathers. To make matters worse the whole incident had no reference to the agenda on the table, but resulted from unresolved emotions around political loyalties in the council. The whole mess started with council "jester" Deetlefs du Toit (DA) depositing a device on the desk of NNP Councillor Titus Williams during a recess. "This is the Voltage Williams Device," du Toit told bystanders, "it is patented and especially designed for Councillors that don't know how prepaid electricity works." This remark referred to the recent publicity Williams received after paying more than R25 000 in electricity arrears. The case is still under investigation, but in the meantime he has ended up with the nickname of 'Voltage'. Used to Du Toit's jokes, none of the bystanders took serious notice of him or the four batteries taped together and attached to an electric plug. On his return, Williams looked at the batteries and after initially laughing at the practical joke, he took the microphone and demanded to know who had put the device on his table. "If he is a man he would stand up and own up to it," he said, asking that the guilty party remove the device, which "looks like a bomb". At this stage du Toit tried to apologise, but to no avail - in the uproar he was definitely last in line to get permission from Speaker Killion Cekiso to speak. While Councillor Solomon Ross (NNP) related his recent near-death experience with a bullet in an envelope and everyone else trying the Speaker's patience with interjections from the floor, Williams crossed the room, the device still in his hand. The Speaker called for order, but before anyone could react, Williams hurled the device at du Toit, grazing his chest and hitting Councillor Lutisia Daries (DA) on the hip. Daries left the meeting shortly afterwards and has subsequently received medical treatment for the injury as well as shock. Ndodomzi Mkabile (ANC) took to the floor with a passionate attack on du Toit, describing the incident as intimidation and asking Cekiso to send him out, "He is an animal". Several other ANC Councillors supported Mkabile, saying that under a previous regime the national intelligence agency would have been involved. Cekiso asked the Councillors to calm down and behave like grown-ups, but to no avail. Eventually Rean Smuts (DA) got a turn to speak. He described the incident as unfortunate, but said no one could mistake the device for a bomb. The meeting disintegrated into allegations of racism being made, especially from the ANC/NNP's side. One councillor, himself a former APLA soldier, said they had not "had the privilege of military training to familiarise themselves with explosives", resulting in some knowing grins. Smuts then described William's conduct as a disgrace: "We can't allow two councillors to be assaulted in chambers". Even Bokkie Claasen, former DA member and now NNP, threw in a remark: "My seat is so hot, I could explode. If you can't take the heat, get out of the kitchen and leave us out." To this Smuts replied with her favourite phrase: "Ant Bokkie, read my lips," followed by "money, money", referring to allegations of members having being bribed to change their party allegiance. The only words du Toit managed to utter were, "Everyone knows I'm a joker", before Mkabile again asked the Speaker to send him out. In the end Cekiso sent du Toit out for a while, but allowed Williams to stay. Cekiso had evidently found his feet and took a firm hold on the situation, even if everyone didn't always agree with him. When Smuts asked why Williams could stay, Cekiso replied that he would not be prescribed to, and proceeded with business. Some councillors left early - amongst them at least one who threatened to resign summarily: "This is a joke, grown-ups don't carry on in this way." |
|
|
|
|
A PAARL restaurant owner and his staff fell prey to armed robbers on Sunday morning. The four men, who spoke fluent English and Xhosa, walked in through the front door of Jefferson's in Commercial Street as employees arrived for their shift. Objections that they were not yet ready for business, were met with a "Now you're open". Seven staff members hid in cloakrooms when the owner, Lucas Crafford, was held up at gunpoint. Crafford was robbed of his cell phone, watch, a silver pen and his black Nike training shoes, and forced to lie on the floor. The employees were flushed from their hiding places and also made to lie face down on the floor. A second cell phone was taken from one of the employees. They crouched in fear as one of the four firearms was cocked. Detectives later found a cartridge that had fallen to the floor. The restaurant personnel were bundled back into a toilet before the robbers left on foot, taking with them their loot - a bottle of liquor and R4 000. The leader of the gang was described as neat, 1,9m tall, sturdy and with a dark complexion. He wore a light brown shirt. One of the other men was short, with scratchmarks to his face. The third man wore a grey track-suit and the fourth robber a black track-suit with a blue and white stripe along the sleeves. Insp Lucas Lourens (807-4000) is the investigating officer. * The detective urgently wants to contact a Mr Swart who reported a white Opel GSE with a Cape Town registration number parked in Lady Grey Street on November 1 while its occupants put on balaclavas. |
|
|
|
|
DIE aktiwiteite van Reitz Tikdienste in Pretoria is vandeesweek, na 'n ondersoek deur die Verbruikersakekomitee, tot 'n onbillike sakepraktyk verklaar en die onderneming mag nie meer so sake doen nie. Die verslag gaan aan die Skerpioene oorhandig word vir ondersoek, volgens Ina Opperman van die Verbruikersakekomitee. Die komitee sê in sy verslag oor Reitz BK, wat Vrydag in die Staatskoerant gepubliseer is, hy glo die sakepraktyke van die maatskappy is onbillik en dat daar geen gronde is wat hierdie praktyke in die openbare belang regverdig nie. Volgens die verslag was die werk wat mense getik het bloot 'n rookskerm, omdat die inkomste verkry is deur mense se registrasiegeld. Die komitee het aanbeveel dat die Minister van Handel en Nywerheid die sakepraktyke van Reitz en van Vanessa Patrick waardeur hulle enige registrasie, administrasie of voorafbetaling ontvang of vereis vir die aanbieding van 'n werkgeleentheid, onwettig verklaar. Patrick is die enigste lid van die beslote korporasie. Die komitee het ook gevra dat sy verslag na die Departement van Arbeid gestuur word vir ondersoek. Volgens die komitee is daar geen bewyse dat die werk wat gedoen is 'n geregverdigde of sakedoel gehad het nie. Volgens bewyse wat die komitee in hul ondersoek gevind het, het die meeste mense 'n standaardbrief gekry dat hulle die werk te laat ingedien het en nie betaal gaan word nie. Hulle kon herregistreer om weer "werk" te kry. Patrick het ook nie aan die komitee verduidelik waarom mense moes herregistreer nie en die komitee kon geen ander doel daarvoor vind as om verdere inkomste vir die onderneming te genereer nie. Die komitee het ook bewyse gevind dat die primêre bron van inkomste die registrasiegeld was. Die Verbruikersakekomitee het in Mei verlede jaar begin ondersoek instel na Reitz nadat 'n klagte van 'n verbruiker ontvang is. Die komitee kan gekontak word by (012) 310-9562. * The activities of Reitz Typing Services has been declared an unfair practice. |
|
|||||