safetop
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday 14 November 2002

uitlefstreep

This site will be updated on: 21 November 2002 at 17:00

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

People - Mense


Knie pootjie Springbok Jean

Leon Steenkamp

[ Top ]


wvoet14"AL invloed wat ek al in toetsrugby gehad het, was een tackle," het Jean de Villiers, Springbok-senter, Dinsdag in sy ouer-huis in die Paarl geskerts.

De Villiers wat Saterdag in sy toets-debuut teen Frankryk in Marseilles gespeel het, is in die agste minuut kort nadat hy die Franse heelagter, Nicolas

KRUKKELYS. Hoewel 'n kniebesering sy eerste rugbytoets kortgeknip het, is Jean de Villiers, vol hoop dat hy binnekort weer die Groen en Goud oor sy kop kan trek.

Brusque, gelak het, van die veld gedra ná 'n kniebesering.

Die Paarliet het sleg geval en ligamente in sy linkerknie geskeur ná 'n duikslag op 

hom waar hy besig was om besit te verseker ná die laagvat op Brusque. Sy toer is kortgeknip en hy het Dinsdagoggend weer in Suid-Afrika aangeland.

"Ek het dadelik geweet wat gebeur het en sommer vir die dokter gesê wat is fout toe hy by my kom. Corné, die kaptein, het ook dadelik gesê ek moet afgaan," vertel die oud-Gimmie wat in sy matriekjaar 'n operasie aan die einste knie ondergaan het, weens 'n ontwrigte knieskyf.

Ironies is dit Marius Joubert, ook 'n oud-Gimmie, wat De Villiers op die veld vervang het. Joubert se eerste toets teen die All Blacks op Nuweland is kortgeknip toe hy in die eerste helfte ook met 'n kniebesering die veld moes verlaat.

"Marius het soos die res van die span my erg ondersteun. Dit is snaaks dat albei ons toetsloopbane só moes begin. Hopelik kan ek net so terugkeer soos hy gedoen het," sê die blondekop

Daar is Dinsdag 'n skandering van Jean se knie geneem en gevind dat die mediale en posterior ligamente geheg moet word. Hy word vandag in Panorama geopereer en sal vir 'n minimum van drie maande buite aksie wees.

Hy gaan egter nie slap lê nie.

"Ek het vandag met Gert Smal (WP afrigter) gepraat. Ek gaan 'n oefenprogram volg om my bolyf te versterk en fiks te bly en sodra my knie reg is, met rehabilitasie begin. Hopelik behoort ek weer reg te wees vir die wêreldbeker," sê hy met 'n hoopvolle blik in die oog.   


Almal mors, niemand help

[ Top ]


DIE Paarl is vuil en almal kla tog te lekker oor die gemors.

"Nou wil ons iets daaraan doen, maar niemand wil help nie," kla die organiseerders vir die groot veldtog wat vir volgende naweek beplan word.

November is Omgewingsmaand en daarom het 'n groep bekommerde Paarliete besluit om dié maand ook 'n veldtog in die dorp te reël.

"Ons aksieplan is opgestel vir volgende Vrydag en Saterdag, maar daar is maar min mense wat bereid is om hand by te sit om die gemors skoon te maak."

Die gedagte is dat mense Vrydag in hul onmiddellike omgewing moet opruim en dat almal saam Saterdag die middedorp takel.

Belangstellendes kan Tilla, Eunice of Mirinda skakel by 863-0397.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za