safetop
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday 14 November 2002

uitlefstreep

This site will be updated on: 21 November 2002 at 17:00

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

Sport


Boland bekyk kolforde

Leon Steenkamp

[ Top ]


wcatch14HOEWEL die Boland krieketspan verlede naweek sy eerste Standard Bank wedstryd van die seisoen teen die Oostelike Provinsie in Port Elizabeth met 'n bonuspunt gewen het, is die Wynlanders se gebrek aan vertoning met die kolf steeds 'n groot bekommernis.

Die Bolandse top-orde kolwers kon niks uitrig nie, met die paaltjies van Henry Davids (6), Gerhard Strydom (5), Justin Ontong (7) en Louis Wilkinson (2) wat vroeg deur Garnett Kruger en Justin Kemp ingeoes is.

HET HOM. Justin Ontong, kaptein van die Boland Krieketspan, stel die voorbeeld tydens 'n oefening Dinsdag. 

Die beurt is egter gered deur die slaankrag van die Indiër Vinod Kambli en 'n aggressiewe Con de Lange wat 'n

vennootskap van 87 om die vyfde paaltjie gebou het nadat Boland op 20/4 gesteier het.

De Lange het vyf grenshoue en 'n ses gemoker voor hy vir 66 uitgevang is, terwyl Kambli as anker meer besadig gekolf het vir sy 39 lopies.

Willem du Toit (21) was die enigste ander speler wat 'n dubbelsyfer-telling kon aanteken.

Met OP wat teen 'n gemiddelde 4 lopies per beurt moes kolf om Boland se 166 in te haal, was die Bolandse boulers se werk vir hulle uitgeknip.

Die tuisspan se lopietempo het egter gou-gou getaan danksy gedissiplineerde boulwerk deur die openingsboulers, Henry Williams (18/1 in 6bb) en Charl Langeveldt (12/1 in 7bb), wat voortgesit is deur Jacques van Wyk (21/2 in 9).

Die Wynlanders laat die laaste paaltjie in die 40ste beurt kantel met die OP op 122.

"Die spelers se selfvertroue is goed en die wen oor OP is net wat ons nodig gehad het," het Pietie Williams, hoof uitvoerende beampte van Boland Krieket gesê.

Hy het vir Ontong geloof vir die manier waarop hy sy span aangevoer het in sy eerste eendagwedstryd as kaptein.

"Justin se boulverandering en veldverskuiwings onder moeilike omstandighede het vir ons die wedstryd gewen.

"Vanuit 'n veldwerk-oogpunt het die span baie goed saamgespeel maar die kolfwerk is nog nie wat dit moet wees nie," sê Williams.

"Con (de Lange) het ook skitterend gespeel, ek het hom lanklaas so goed sien kolf, en die boulers het baie goed gedoen."

Volgens hom is daar oorweeg om die span te verander vir môre se dag/aand-wedstryd teen die Highveld Strikers in Paarl, maar Ontong en Muller het besluit om eers by die bestaande span te hou, en net die kolforde te herrangskik.

"Ons hoop 'n verandering aan die top kolforde sal meer stabiliteit aan die orde verleen," het Deon Muller, afrigter van die Boland Dinsdag gesê.

Hoewel daar vandag eers finaal oor die kolforde besluit sal word, het Muller voorlopig vir Henry Davids en Gerhard Strydom as die openingspaar gehou.

De Lange sal egter vir Ontong op nommer drie vervang, met die kaptein wat as vierde man voor die paaltjies sal stelling inneem.

Vinod Kambli en Louis Wilkinson ruil plekke, met die Indiër wat nou voor die oud-Vrystaatspeler sal inkom. Die res van die orde bly dieselfde.

"Die span is baie ontspanne en ek dink ons gaan net beter speel. Die openingskolwers sal wel Vrydag onder druk wees maar hulle taak is om die eerste vyf boulbeurte deur te kolf, maak nie saak wat die telling is nie, om hulle selfvertroue te gee," het Muller gesê.

Môre se wedstryd begin om 15:45 en hekke open om 14:00. Kaartjies is R30 vir die pawiljoen en R10 vir die graswalle.

* Kaartjies vir die eendagtoets tussen Suid-Afrika en Pakistan wat op 16 Desember op BoE Park gespeel word, sal eers op 26 November te koop aangebied word.


Chester toets Bokke

[ Top ]


LEDE van die Springbok Sewes oefengroep sal Saterdag hul slag voor afrigter Chester Williams moet wys tydens 'n toernooi in Groot Drakenstein as hulle in die finale span opgeneem wil word.

Die Sewes-Bokke wat in 'n roterende span sal uitdraf, sal teen twee spanne van die WP, en spanne van die Boland, SWD en 'n Elite Uitnodigingspan te staan kom by Drakenstein-gevangenis.

Die uitnodigingspan bestaan uit spelers van WP, Boland asook die Wes-Kaapse Rugby-akademie.

Die eerste van 12 wedstryde begin Saterdag om 10:00. Daar sal ook verskeie stalletjies en motoruitstallings wees. Toegang is gratis.

Volgens een van die organiseerders, Marius Heyns, sal Williams die groep van 20 inspan en kombinasies op die proef stel waarna hy die beste 12 spelers sal kies wat gekontrakteer sal word.

Denville Demas, vleuel van Windmeul United, is een Paarlse speler wat in die groep opgeneem is.

Nog 'n plaaslike speler, skrumskakel Eugene Francis wat vir Korrektiewe Dienste speel en die Sewes-Bokke verlede jaar verteenwoordig het, herstel nog van 'n onlangse enkeloperasie.

Hoewel hy nie Saterdag in aksie sal wees nie, het Francis homself al in die Sewes-trui bewys en is hy reeds een van die gekontrakteerde Bokke, sê Heyns.

Die Kavalier heelagter, Leon van den Heever, wat ook in die groep is, sal ook sy talent wil wys.


Geen uitslag in derby-stryd

[ Top ]


DIE krieketderby tussen Paarl en Young Peoples kon Saterdag op Daljosafat nie 'n uitslag oplewer nie.

Peoples word ingestuur om te kolf nadat Paarl die loot wen, en struikel op 96/7.

Vasbyt-beurte deur Bobby Nicholson (32), Hubert Ontong (27 nun) en veral Greg Jardine (53 nun) het egter die tuisspan gered en gehelp om 183 op die telbord te sit.

Die besoekers begin hul beurt met 'n slakkepas en eindig uiteindelik op 132/7.

Paarl het nie met vertroue die telling gejaag  nie, met net Carlo Crotz (27) en Hilton Solomons (31) wat met die kolf ingeklim het.

Jacques Krynauw (2/28) en Gercian Gabriels (2/18) het Peoples se paaltjies ingeoes.

Peoples se tweede span het in 'n wegwedstryd 'n welverdiende oorwinning oor Wellington se tweede gekeurdes behaal.

Die besoekers moker 266 lopies, met Wade Anderson (69) en Tom-Ross Fortuin (38) wat lei.

Die beste boulers vir Wellington was Jaco Conradie (3/70) en Eugene Stapelberg (2/64).

Wellington begin sy beurt goed, maar ondanks 'n moedige poging deur Richard Stroebel (97) en Louis Duvenhage (29) word hulle in die laaste boulbeurt uitgehaal vir 189.

Winston Fortuin (5/27) was die groot doring in die Wellingtonners se vlees.

Peoples I speel Sondag teen Victoriane op Daljosafat, terwyl die tweede span Saterdag teen Paarl op Daljosafat speel. Die derde span speel teen Paarl III op die Parysveld.

Die eerste span van Paarl-Oos het 'n groot drag slae op die lyf geloop toe hulle die naweek op Stellenbosch met 147 lopies teen Maties verloor het.

Maties slaan 250/9 met Elroy Abrahams (4/74 in 20bb), Dennis November (2/26 in 9bb) en Jackie Daniels (2/38 in 8bb) wat paaltjies neem.

Paarl-Oos kon slegs 103 lopies bymekaarskraap voor hul paaltjies gekantel het. Bruce Miller (25) en Zynodien Fredericks (16), was die voorste lopiemakers.

Die tweede span het meer sukses gehad in hul wegwedstryd teen Worcester United en 'n oorwinning van 7 paaltjies verseker.

Die tuisspan teken 109 aan, met Ferdie Jonathan (3/20), C Sampson (2/17) en W Minnies (2/38) wat die skade aanrig.

Andrew Cupido (55) en Phillip Olivier (34) vorm die ruggraat van die Paarlse kolforde en help slaan gemaklik 112/3.

In 'n wedstryd wat baie lopies opgelewer het, klop Wellington vir Brackenfell met 6 paaltjies.

Branckenfell teken 258/9 aan danksy Francois Immelman (118) en Adriaan Prinsloo (86). Gareth Fenton (5/87) was Wellington se beste bouler.

Goeie bydraes deur Wiaan Smit (113), Warren Groeneveldt (60) en Sarel Wolmarans (43) verseker egter die oorwinning vir Wellington met die verlies van net 4 paaltjies.

Francois le Roux (73) en Leon Labuschagne (61) was die twee uitblinkers vir Wellington III wat 277/9 teen Paarl IV gemoker het.

Paarl teken slegs 115 aan danksy Niel O'Connell Jnr (4/23) en Morne Sadie (3/20).


No charity for swimmers

[ Top ]


THE some 60 swimmers who competed in the Charity Mile on Saturday at the Ashanti Dam, had to work hard to complete the race in good time having to contend with a strong, cold wind.

Conditions were however far beter than last year when many swimmers failed to complete the race and got out due to the cold water temperature.

While it was a cascade of splashing and flaying arms from the start, the pack soon spread out as the stronger swimmers came to the fore.

During the first 140m stretch to the first buoy, things went well, but at the turn the swimmers had to brave the next 265m stretch straight into the wind.

Swells were continuously breaking over the heads of the swimmers, tapping their strength even further.

But it was along the 660m return stretch with the wind at their backs that Schalk Jooste (Bellville Aquarama) and Josiah Rudolph (Constantia) took the lead chasing each other hard for dominance up front.

The 13-year-old Jooste however fought off the onslaught of Rudolph, six years his senior, long enough to secure first place in a time of 22:20. Rudolph followed seven seconds later.

Celia Stanford (44) of Cape Town Masters was fourth overall and the first woman to finish the race with her time of 23:01.

The youngest swimmer to compete was Rosanne Lombaard (11) of Maties in 27:19 and the oldest, 82-year-old Rae Smit of the Fish Eagle Masters club in  George who finished in a time of 1:08:47.

Results of Winelands swimmers: Women u/13 1. Bianca Romanini 24:40, 20-30yr 3. Hildegard Duimpies 33:21, 31-45yr 2. Aletta Wilson 23:29, 46-59yr 1. Jane van Wilgen 29:07, 3. Therese Sharkey 29:44, 4. Niki Louw 30:18. Men 31-45yr 1. Piet Burger 23:41, 8. David Frost 28:39, 14. Edgar Lewis 32:57, 46-59yr 1. Attie Louw 25:12.        


Saul draf kompetisie kaf

[ Top ]


DIT was weer 'n warboel van bekende plaaslike langasems wat Saterdag tydens die La Vie de Luc halfmarathon op Franschhoek die veld gelei het.

Sowat 200 atlete het om 07:00 in bibberkoue aangetree vir die wegspring. Van die staanspoor af het die groot name 'n voorsprong probeer opbou, met Owen Smith van Wellington wat die eerste uitdaging gerig het.

Smith het by die 1km merk onder die groep voorlopers uitgehardloop en bykans 'n minuut-voorsprong opgebou voor William Zola (Mr Price Maties), Castor Saul (Mr Price Celtics) en Nkosana Mponeng, ook van Mr Price Maties.

Ingehaal

Die Wellingtonner kon egter net dié pas tot by die 13km merk volhou, voordat die drie hom ingehaal het.

Alvier die atlete het vir die volgende 7km in 'n bondel saamgedraf totdat Saul op die 20km merk sy kans geneem en weggebreek het.

Hy is egter fyn dopgehou deur Mponeng en Zola wat ook versnel het.

Die Mbekweni-atleet se eindpoging was egter goed beplan en ondanks die twee atlete wat hard in sy nek blaas, wen hy die wedloop in 1:12:19.

Mponeng (1:12:20) en Zola (1:12:21) volg onderskeidelik een en twee sekondes later.

Smith se poging vroeer in die wedloop het hom beslis getap en hy steek die wenstreep eers 20 sekondes later oor met 'n tyd van 1:12:41.

In die veterane en sub-veterane afdelings het John Small (Wellington) met 'n tyd van 1:18:31 eerste geëindig en tiende algeheel.

Onder die vroue het Nomvutisi Seti wat vir New Balance Khayelitsha hardloop, oorheers met haar tyd van 1:27:26 en ook algeheel 24ste geëindig.

Hester Kotzé (1:44:29) van Paarl wat negende onder die vroue klaargemaak het, was die eerste plaaslike vrou om die wenstreep oor te steek.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za