|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
VRUGTE Produksiebestuurder Die produksiespan van die Dutoit Groep verbou appels, pere, perskes en nektariens op groot skaal op ons landgoedere, geleë in die skilderagtige Ceres-omgewing. Die dienste van 'n bedrewe produksiebestuurder, met goeie ondervinding van sagtevrugteverbouing, word op Paardekloof, een van ons landgoedere, benodig. n Toepaslike tersiêre kwalifikasie sal die aansoek versterk. Die suksesvolle kandidaat sal gekenmerk word deur dryfkrag, selfstandige optrede en die vermoë om ondergeskiktes te motiveer en produktiwiteit te optimaliseer. Benewens aangename werksomstandighede bied ons 'n mededingende vergoedingspakket, wat lidmaatskap tot 'n aftree- en mediese fonds insluit. Stuur 'n volledige CV so gou doenlik aan: Die Bestuurder: Personeeldienste, Posbus 236, Ceres, 6835 of faks dit na (023) 316-1229. Diensaanvaarding sal indeaalgesproke nie later as 1 Februarie 2003 wees nie. |
||||
|
Le Quartier Francais, FRANSCHHOEK Voted as one of the World's Top 50 Restaurants by Restaurant Magazine, London CHEFS - CHEF DE PARTIE - minimum two years' experience DELI CHEF - baking a must RESTAURANT - Evening Hostess BEAUTY THERAPISTS - Aromatherapy and Full Body massage BREAD & WINE - Assistant Restaurant Manager Send CV to Linda Coltart by fax: (021) 876-3105 or e-mail: linda@lqf.co.za |
||||
|
KELNERS GESOEK Slegs persone met ondervinding en ouer as 21 jaar. Onderhoude op Saterdag, 16 November 9:30 - 11:00 Hoofstraat 132, Paarl Navrae Johan 082-560-8888 |
||||
|
INSPEKTEURSPOS BESKIKBAAR: Kwalifikasies nodig: • Graad C • Ten volle SOB geregistreer • Bestuurderslisensie Stuur u CV na SSS Kantoor te Worcester per faks voor 16 November 2002. Faks nr: (023) 347-6281 |
||||
|
BEMARKER/BESTUURDERES 'n Halfdag, 5 dae 'n week pos bestaan vir 'n persoon wat aan die volgende vereistes voldoen: Moet kreatiewe denke hê. Vermoë om te kan bemark en besigheid te kan bestuur. 'n Stylvol, eerlike en verantwoordelike persoon wees. Onmiddellike aanstelling met 'n basiese salaris en vir aansporing 'n goeie kommissiestruktuur. Vir onderhoud stuur volledige CV aan: Adverteerder, Posbus 3111, Paarl, 7620 Oaklands Furniture Jan van Riebeeckweg 74, Paarl, 7620 Tel/faks: (021) 862-2299 • Jacques: 072-207-5005 |
||||
|
Kinder- en Gesinsorg Maatskaplike Werk Geregistreerde maatskaplike werker word verlang vir Kindersorg Wellington. Diensaanvaarding: 1 Desember 2002 Salaris onderhandelbaar. Skakel asseblief Areabestuurder - Susan Botha 083-4400-472 of aansoek aan (027) 213-3627 of Posbus 476, Vredendal, 8160 Sluitingsdatum: 21 November 2002 |
||||
|
Amstelhof Primêr WKOD - Kontrakpos (Gr 7 - Man) Aanvangsdatum: 1 Januarie 2003 Rig aansoeke aan: Die Prinsipaal, Posbus 851, Huguenot Tel: (021) 862-5466 Faks: (021) 862-9833 Sluitingsdatum: 28/11/2002 om 13:00 U aansoek moet vergesel wees van 'n volledige CV |
||||
|
PAARL BOYS' PRIMARY SCHOOL GOVERNING BODY POST 2003 Grade 3 English Indicate knowledge of OBE. State extra-mural activities. Send applications to: The Principal Paarl Boys' Primary School P.O. Box 141, Main Street, Paarl 7622 Tel: (021) 872-4651 Fax: (021) 872-3888 E-mail: harangies@paarlboysp.co.za Closing date: Friday 22 November 2002 |
||||
|
Aansoeke vir gekwalifiseerde Vakmanne en Drywers word dringend benodig vir poste in Paarl. •Kode 8, 10 en 14 Drywers met geldige PDP •Ketelmakers (ondervinding in vlekvrye staal) •Passers en Draaiers •Plaatmetaalwerkers •Loodgieters Faks CV en toepaslike sertifikate na Melaney by (021) 948-6046 |
||||
|
Pakhuisbestuurder As gevolg van ongekende groei benodig ons 'n dinamiese persoon by ons distribusiesentrum in die Paarl. As jy loopbaan-georiënteerd is en beskik oor die volgende: - positiewe ingesteldheid - bestuursvermoë - kommunikasievermoë - toepaslike ondervinding - kontakbare verwysings Stuur jou volledige CV aan: Die Personeelbestuurder, Louwslaan 9, Suider-Paarl |
||||
|
OORWEEG JY 'N LOOPBAAN AS 'N FINANSIëLE ADVISEUR? Ou Mutual Persoonlike Finansiële Advies kan jou help om 'n plan te maak Ou Mutual Persoonlike Finansiële Advies soek na gemotiveerde selfbeginners wat suksesvol wil wees in die finansiële dienste omgewing. Om suksesvol te wees, is dit nodig dat jy 'n mens-mens is wat langtermyn persoonlike verhoudings bou. Jy hou daarvan om kliënte te adviseer om hulle finansiële doelwitte te bereik deur middel van hoë-tegnologie ontledings en beplanning. Geleenthede bestaan tans in die Paarl-Wellington Area. Die riglyne om vir hierdie opwindende loopbaan oorweeg te word, is buitengewone interpersoonlike vaardighede, 'n verbintenis tot dienslewering en 'n begeerte om suksesvol te wees. 'n Geldige bestuurslisensie asook 'n eie motor is 'n voorvereiste. Die volgende bevoegdhede sal tot jou voordeel strek: • Verkoopsvaardigheid/Oorredingsvermoë • Beplanning en Organisering • Deursettingsvermoë • Rekenaarvaardigheid • Aanpasbaarheid Hoewel intensiewe opleiding deurlopend verskaf word, sal vorige kliëntediens- en/of Bemarkingsondervinding veral in die Finansiële dienste sektor tot jou voordeel wees. Suksesvolle kandidate kan 'n uitdagende en stimulerende loopbaan met uitstekende groeigeleenthede verwag. Die markverwante vergoedingspakket bestaan onder andere uit 'n produksiegekoppelde aansporingskema insluitend 'n basiese toelaag. Vir verdere inligting kontak Maliney Ontong by die Paarl kantoor, tel (021) 872-3181. Ou Mutual is 'n gelyke geleenthede werkgewer |
||||
|
Tafeldruif NOORDER-PAARL Toesighouer/Plaasvoorman 'n Tafeldruifprodusent in Noorder-Paarl verlang die dienste van 'n self-gemotiveerde toesighouer. •Goeie ondervinding (ten minste 3 jaar) •Goeie tafeldruif kennis •Kode 10-lisensie •Groeiende onderneming Faks verkorte CV aan Morgenzon Boerdery (021) 872-3476 of skakel (021) 872-4900 of 083-627-2217 |
||||
|
||||