safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
uitleg2mouthpiece
ppostgothic
uitlefstreep

Thursday 15 January 2004

uitlefstreep

This site will be updated on 22 January  2004 at 17:00

 Letters - Briewe


Indiscriminate tree felling

[ Top ]


I AM extremely concerned about the indiscriminate felling of trees in the area above Enslin Street in Paarl.

This area has been popular with local walkers, mountain bikers, horse riders, bird watchers as well as being a pleasant walk along the shady tree-lined path for tourists who stay in the many nearby guest-houses as well as the Grande Roche.

An ill equipped group are felling everything they encounter above the footpath, both fullgrown pines as well as many saplings and any other vegetation in their way. This is leaving the area looking like a First World War battlefield.

The operation is not well run and what used to be a peaceful area of natural beauty has become a messy industrial site.

I am aware of the initiative to rid our environment of so-called alien vegetation, but wonder of trees that were probably growing in the Paarl area before any of our grandfathers where born are truly alien.

Will the next target be our wonderful oak trees which are a tourist drawcard throughout the Western Cape?

Why not remove the Black Wattle and Port Jackson, which is grow ing all over the Nature Reserve area?

Why not also remove the poplar trees that are choking the gully just north of the Grande Roche property above the hotel?

I would like to be informed of the objectives of this operation and would like to see the cost benefits which have seen it approved by the municipality.

Will the area be replanted with local species? Will the inevitable and rapid spread of Port Jackson and Black Wattle be controlled?

I would also like to see the environmental impact report which I presume is required before such an area is devastated like this one.

If there is no environmental impact assessment I would like to know why this has not been done.

Dave Deacon


Gelukkig het ons nie dam gebou

[ Top ]


MET verwysing na Tienie Malan se "Ons kon eie dam gebou het" wat in die uitgawe van 18 Desember verskyn het, kon 'n mens se eerste reaksie dalk gewees het om meerderwaardig te glimlag en dit verder te ignoreer. 

Tienie se kennelik gebrekkige kennis van die natuur en dié se rol in die groter plan, maak dat hy (of sy) die water in die Witterivier slegs sien as daardie kommoditeit waarmee ons ons bad of ons tee mee maak of ons boerdery mee bedryf. 

Dit is ook nie duidelik of Tienie sy feite korrek het nie. Die huidige Minister van Onderwys was nie al vyftien jaar gelede die betrokke minister nie. Die minister neem ook nie sulke besluite (om nie die dam te bou nie) sommer maar op sy eie nie.

Van hoeveel miljoene praat Tienie wat reeds gespandeer is en was dit alles sogenaamd vermors?

Ek sê nie dat alle besluite altyd reg is nie, inteendeel, maar moenie sommer maar besluite afmaak as ons nie oor al die kennis beskik nie. Die prentjie is meesal baie groter en ingewikkelder.

Aan die einde van die dag is die groter probleem dikwels dat daar te veel mense op te min plekke saamdrom en vermeerder en dit veroorsaak wantoestande (ook watertekorte) wat bestuur moet word.

Gaan sien die besluitnemers en raak so betrokke by die proses dat hulle na jou moet luister en jy ook die kans sal kry om al die feite te ken. Dan praat ons weer.

Dries Strydom


Hoekom tree munisipaliteit nie op nie?

[ Top ]


EK verwys na die brief van JL in Paarl Post van 20 November) oor 'n Wellingtonse restaurant sonder handelslisensie:

* JL slaan die bal heeltemal mis as hy beweer dat sakemense nie vir ander 'n plekkie in die son gun nie. Ons standpunt was van die eerste dag dat die aansoek deur die regte kanale geloods moet word sodat regmatige klagtes/voorwaardes aangespreek kan word.

* Voorwaardes is deur die Plaaslike Owerheid neergelê waarvan ons as inwoners in kennis gestel is deur ons prokureur om sodoende kommentaar te lewer.

* Die restaurant word al etlike maande onwettig bedryf. Drank word op die perseel verkoop via allerhande skuiwergate in die wet.

* Daar is nog geensins voldoen aan die voorwaardes soos neergelê deur die plaaslike owerheid nie.

Johan Rademeyer

Die hersonering van die restaurant is reeds goedgekeur onderhewig aan sekere voorwaardes, waarna die handels- en dranklisensies ook toegestaan sal word. Indien enige van die betrokke voorwaardes nie nagekom word nie, moet klagtes by die munisipaliteit ingedien word. - Red.


Sunfield rol nie in die geld nie

[ Top ]


IN die uitgawe van 11 Desember verskyn 'n berig dat die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling die Sunfield-tehuis vir gestremdes op Wellington jaarliks met R1,2 miljoen befonds. Die inligting is foutief en skep die verkeerde indruk.

Sunfield, Wellington ontvang maandeliks wel 'n subsidie van R10 135 van die departement (dus R120 000 per jaar) en vir dagsorg van R2 185 per maand.

Aanvanklik was dit gedeeltelike subsidiëring vir beskutte arbeid, maar tans subsidieer die Departement spesifieke programme.

Ons moet jaarliks heraansoek doen met genoegsame motivering waarom ons nog kwalifiseer vir hierdie fondse.

Dit bedra 6% van ons totale inkomste; vir die res is ons van die ouers se losiesbydrae, inkomste uit ons werkwinkels en finansiële steun van 'n welwillende vriendekorps afhanklik.

Ons het pas wonderlike nuus ontvang dat ons R485 000 van die staatslotery ontvang vir 'n broodnodige gemeenskapsentrum vir opvoedkundige en onspanningsdoeleindes.

Ons het soveel behoefte aan en waardering vir die betrokkenheid en steun van die gemeenskap dat ons nie die indruk wil laat, dat ons rol in die geld nie.

Daarom ook baie dankie aan die Paarl en Wellington se vriende van Sunfield.

D de Villiers
Bestuurder


Selfsugtig

[ Top ]


ONS hoop almal in die Paarl het 'n genotvolle oujaarsaand gehad, veral die vuurwerk- en klappermal-mense.

Jy sien hul uur se genot het verooorsaak dat my en baie ander se troeteldiere uit omheinde en toegesluite erwe onsnap het om weg te kom van hul genot.

Hulle uur van genot is lankal verby, maar ons hartseer duur nog voort.

Aan al die klappermalles: Ek hoop iets dierbaar van jou sal nie weggeneem word deur 'n ander se selfsugtige wetsongehoorsaamheid nie.

Dot en Lana du Toit
Jan Steynstraat
Noorder-Paarl


Mik na die sterre

Editorial

[ Top ]


DIE matrieks van die Paarlvallei het weer die streek se naam hoog gehou met hul puik prestasies en getoon dat daar steeds uitstekende skole hier te vinde is.

Vir baie matrikulante begin daar nou 'n stresvolle nuwe fase in hul lewens, wat gepaard gaan met meer verantwoordelikheid.

Noudat hul skooldae tot 'n einde gekom het, lê daar vir dié wat nie die geleentheid het om verder te studeer nie, 'n soektog na werk voor.

Hoewel werkgeleenthede skaars is, hoef dit nie die einde van die pad te wees nie. As daar nie werk is nie, dan moet daar aan kreatiewe maniere gedink word om die beursie vol te hou.

Ons land het nie werkers nodig nie, inteendeel ons het juis ondernemende mense met skeppende idees nodig wat ons land die toekoms kan inneem en kan help bou aan ons land se ekonomie.

Die inwoners van Mbekweni wat hul wonings en besitting in die brand verloor het, het nie gaan lê, maar dadelik weer hul skuilings begin bou.

So kan elkeen steeds poog om vooruit te gaan en na die sterre te mik. Ons wens ons lesers 'n voorspoedige jaar toe, waarin alle drome waar word.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za