safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
uitleg2mouthpiece
ppostgothic
uitlefstreep

Thursday 15 January 2004

uitlefstreep

This site will be updated on 22 January  2004 at 17:00

Sport


Bok-kaptein help span

[ Top ]


"HY'T sy alie af gehardloop. Hy het sy alles gegee."

So beskryf Herbert Conradie van die Hippo Gear-seweman-aflosspan die aandeel van die Springbok-rugbykaptein, Corné Krige, in die Paarlse span se derde posisie tydens die Totalsport Uitdaagbyeenkoms wat die naweek in Gordonsbaai gehou is.

Spanne, pare en individue ding mee in 'n

wgary

NABY. Paul Marais (voor) van die Simpson Nissan-span voltooi die eerste skof, met Gary Crombie van Hippo Gear wat hard in sy nek blaas.

afloswedloop wat roei, hardloop, swem en fietsry insluit.

Conradie wat Krige ken van sy rugby-dae by Boland, het die Bok gevra om uit te help nadat een van sy spanmaats onverwags onttrek het.

"Corné het sy vrou bygestaan wat aan die pare-kompetisie deelgeneem het. Ek het hom gevra of hy fiks is en hy gesê dat hy die vorige dag 'n 10km tydtoets afgelê het," vertel Conradie.

Die Bok-kaptein wat die laaste skof van 8km in los seesand moes hardloop, kon egter nie aan sy tweede plek klou nie en is deur die 1500m SA-kampioen, Johan Landsman van die Totalsports Pro-manspan, ingehaal.

Die stryd in die span-afdeling is van die begin af tussen die spanne van Simpson Nissan, Hippo Gear en Totalsports uitgespook.

Die branderski-ryer Gary Cromie het Hippo Gear se eerste skof van 12km afgelê en in die tweede posisie agter Paul Marais (Simpson Nissan) aan die 16-jarige Jannes van der Merwe van Somerset-Wes oorgegee.

Die sterk swemmer het oor sy 1,5km skof die span se posisie behou voordat hy aan die padfietsryer Paul Minnaar oorgegee het.

Minnaar het die voorloper, Alister Davies, gevang en die twee het oor die 40km skof saamgewerk om 'n groter voorsprong voor die res van die veld op te bou.

Minnaar het dan ook die vinnigste tyd van die padfietsryers behaal.

Die twee voorlopers het gelyktydig aan hul bergfiets-spanmaats oorgegee. Op 'n bedrieglike roete oor 40km in die Kogelbergreservaat het Simpson Nissan se Geddan Ruddock weer 'n gaping tussen hom en Hippo Gear se Dennis du Toit bewerkstellig.

Teen die tyd dat die padatleet Nkosana Mponeng, wat ook die dag se vinnigste padatleet was, aan Conradie op die kano oorgegee het, het Simpson Nissan se Graeme Marais al 'n voorsprong van agt minute gehad op die Botrivier Strandmeer.

Totalsports se Gert van Deventer het vyf minute ná Conradie gevolg. Van Deventer het hard geroei en Conradie se voorsprong gehalveer met die oorgee aan die laaste skof.

Landsman het Krige verbygesteek terwyl Simpson Nissan se Vladimir Kotov, 'n gewese Comrades-wenner, al ver buite bereik was.

Die Simpson Nissan-span het die aflos in 5:56:32 voltooi, die Totalsports Pro-span in 6:07:55 en die Hippo Gear-span in 6:13:07


Thomas wen weer 25 Myl

[ Top ]


DIE Rhadsport-jaer Garth Thomas het sy titel van 2001 herwin toe hy tydens die Boxing Day fietsrybyeenkoms weer die 25 Myl wedren gewen het.

Dit was daarby 'n baie suksesvolle wedren vir die Rhadsport-klub aangesien aldrie die top posisies deur ryers van dié klub gevul is.

Thomas het die wenstreep 'n halwe wielbreedte voor sy spanmaat, Nolan Hoffman, oorgesteek terwyl Ashley Kulsen in die derde plek geëindig het.

Die wedren, die hoogtepunt van die jaarlikse Boxing Day byeenkoms, het net langer as 'n uur geduur.

Geeneen van die ryers kon vroegtydig van die bondel wegbreek nie. Hoffman moes egter kop hou toe hy 'n pap band gekry het.

Hoewel die reëls bepaal dat hy die duur van vyf rondes kans het om die wiel te herstel en weer by die ryers aan te sluit, het hy gou sy probleme uitgestryk en weer by die wedren aangesluit.

Met die aanbreek van die laaste ronde was alle oë op Thomas en Hoffman.

In die laaste draai voor die wenstreep het Hoffman sy skuif gemaak en sy naelrit vir die lyn begin. Dit was net waarvoor Thomas, wat verkies om van agter sy aanval te loods, gewag het.

Hy het sy aanval perfek beplan en met 'n breukdeel van 'n sekonde die Minnaar-beker voor Hoffman se neus weggeraap.

Dié Rhadsport-ryers het omtrent die byeenkoms oorheers met Hoffman, Thomas en Kulsen wat die 10km puntewedren in dié volgorde voltooi het.

Garth en Nolan was ook eerste en tweede in die Een Myl Uitnodigingswedren en onderskeidelik tweede en eerste in die Uitvalwedren.


Paarl Post Wine Route race ideal start to season

[ Top ]


CYCLISTS who have their sights set on the Pick 'n Pay/Argus Cycle race, can start their exercise plan with a decent workout by entering the Paarl Post/Paarl Motors Wine Route race on 24 January.

It is organised by Paarl Rotary.

Serious cyclists can pit themselves against the testing conditions of the 78km race, which includes the Helshoogte Pass, while less confident riders can take on the 38km route.

For climbing of a different kind, mountain bikers can take on a 38km and 22km route up Paarl Mountain.

The road races will start at the Market Street bridge at 07:00 for the 78km and at 07:45 for the 38km.

From there, both races pass through Paarl on Berg River Boulevard, up onto Main Street and the Malmesbury Street as far as the fourway-stop at the R44-junction.

All cyclists then head towards Stellenbosch on the R44, until the 38km route cyclists turn onto the South  Agter Paarl Road and head back into Paarl.

The 78km route carries on under the N1 through Klapmuts towards Stellenbosch where it turns up and over Helshoogte to join the R45 back to Paarl.

The two routes join at the R45/R101 junction and head back along Main Street and then Berg River Boulevard to finish at the Old Jail.

As this is also a league race, points achieved will go towards the season's total of all registered cyclists.

Those who prefer the ruggedness of gravel, rock and sand, however, can opt for the mountain bike routes.

Both races start at 07:30 with all riders starting en mass.

Both routes follow Berg River Boulevard and then onto Main Street before heading up the mountain on Jan Phillip's Drive.

At the junction below Paarl Rock the long route heads into the reserve and follows an exciting course around the northern and western sides of the mountain before the main descent to rejoin Jan Phillip's Drive and the 22km route near Victoria Dam.

The final section passes through the pines below the Taal Monument before joining the road race route on the R101 and back to the finish on Berg River Boulevard.

Entry forms are available at the Pedal Power Association or cycle shops and late entries on race day can be done at the registration tables.

Cycliste who wish to enter can contact Marcia on 863-3333 or Dave on 863-2343 for enquiries.


Boland atlete maak geskiedenis

[ Top ]


VOLGENS die jongste Suid Afrikaanse Top 10 ranglys is daar vir die eerste keer in die geskiedenis meer as 100 prestasies deur Boland atlete op die 2004 SA Atletiek Top 10 Ranglys gelys.

Hulle is (15-jarige afdeling) Lance Hannie (100m, 200m), Chatlin Smit (200m, 400m), W Cookson (400m), Louw Smit (100mH, 300mH), N van der Merwe (100mH), Maurice Fischer (HS), E Rossouw (HS), Keenan Watson (VS), Stephan van der Merwe (VS), J Maritz (VS), J Rossouw (GS), Heinrich Gonzales (HG), J Wiggins (HG), Carinus de Kock (SG), Jason September (5000mS), Stacey Gardiner (100m, 200m), Wenda Theron (90mH, 300mH, VS).

* 17-jarige afdeling: K van Wyk (100m), T Jacobs (200m), Nathan Beukes (800m, 1500m), P Pieters (110mH), J Roux (110mH), Johann Hanekom (400mH, HS), Wilmar Visagie (HS), Regan Julius (VS), O'Brien Titus (VS), E Marsh (DS), Floris van Zyl (HG), Robert Oosthuizen (SG), Stacey Gardiner (100m), Janine Visser (100m, 100mH), Colleen Lesch (200m), M Theron (400mH), Lenca Lombaard (HS), Lisa Laubscher (PS), M Cornelissen (PS), Aneen Groenewald (PS), Abigale Erasmus (SG).

* 19-jarige afdeling: Marthinus van der Vyver (100m, 200m, 110mH), Johann Hanekom (400mH, HS), Pieter van Breda (PS), Regan Julius (VS), Patrick de Wet (DS), Sors Joubert (7-kamp), Lizelle Kleinhans (100m, 200m), Stacey Gardiner (100m), Nicole Marais (800m, 1500m), Monique Balsamo (100mH, 400mH), Marné van der Burgh (100mH, HS), Janine Visser (100mH), Karlien Wessels (HS), Lenca Lombaard (HS), Lindie Roux (HS), Corrie Doubell (PS), Lindie Roux (PS), Lila-Marie Rorich (PS), Lisa Laubscher (PS), Danielle Olivier (VS), Cindy Stewart (VS), Wenda Theron (VS), Ita van Niekerk (GS), Claud du Toit (GS), Aneen Groenewald (SG), Abigail Erasmus (SG).

* Senior afdeling: Alfonso Primo (3000mHW), Ter de Villiers (400mH), Okkert Brits (PS), Fanie Jacobs (PS), Theo Beyers (PS), Johann du Plessis (PS), Pieter van Breda (PS), Cameron Nott (PS), Regan Julius (VS), Elmarco Matthews (DS), Doritha Harmse (800m, 1500m), Monique Balsamo (400mH), Marné van der Burgh (100mH, HS), Retha du Plessis (PS), Lindie Roux (PS), Corrie Doubell (PS), Danielle Olivier (VS), Theresa de Vries (VS), Claud-Marie du Toit (HG), Tarryn Bright (SG).


Stormers train in
Bain's Kloof

[ Top ]


THE Investec Stormers yesterday embarked on their 2004 training camp.

They are being hosted on the Primi farm in Bainskloof. The camp will focus on rugby specific training - the farm having its own floodlit field, unique mountainous training environment and accommodation for the team and management.

The eight day camp commenced with a fun team building exercise, which saw the Stormers navigating through the streets of central Cape Town and then completing an exercise through the stormwater drains deep underneath the city, eventually surfacing near the Castle. The team was then ferried by Huey helicopters to the Primi farm in Bain's Kloof.

The balance of the camp is focused on conditioning, technical and skills work and will also see some mental conditioning, discussion and planning for the season ahead.

"The Vodacom Super 12 is one of the toughest rugby competitions in existence and this time together as a group, will help us prepare both mentally and physically for the challenges ahead," said coach Gert Smal. "We are excited about the season ahead and will look to use the camp, warm up games, and tour game, to provide the best possible preparation for the season."

The Stormers play two warm- up games in South Africa, one against a SWD Invitation XV combination team in George on 24 January and one against the Renegades in Wellington on 31 January. The Stormers team then takes on the Bulls in Dubai on 6 February, before returning to Cape Town to complete their preparations.

The squad is: Adri Badenhorst, Bolla Conradie, Breyten Paulse, Chris Rossouw, Corné Krige, Daan Human, David Britz, De Wet Barry, Eddie Andrews, Egon Seconds, Gaffie du Toit, Gavin Hume, Gus Theron, Hendrik Gerber, Johan van Zyl, Kabamba Floors, Marius Joubert, Neil de Kock, Pat Barnard, Pierre Uys, Pieter Dixon, Pieter Rossouw, Quinton Davids, Rob Linde, Ryno Gerber, Selborne Boome, Tjoepie van den Heever, Tonderai Chavhanga, Werner Greeff, Willem Stoltz. Players unavailable to attend the camp due to injury are: Jean de Villers, Joe van Niekerk, Neil Fullard, Randall Julies and Schalk Burger.


Dampies laat baie
paaltjies kantel

[ Top ]


DIE 17-jarige Ryan Mouton, het Saterdag op Atlantis vir sy klub, Bergrivier, gehelp om die voortou te neem in die Boland se premierliga. Bergrivier het Atlantis met vier paaltjies geklop.

Die tuisspan se kolwers was deurlopend onder druk en is tot 215 lopies in 58 beurte beperk.

Mouton, wat die afgelope vier wedstryde in die Premierliga speel, het tot dusver nog elke keer sy stempel afgedruk. Hy was weer op sy beste Saterdag deur 5/30 te neem.

Hy is goed bygestaan deur Nathan Thomas (3/28), Shaun Conrad (45, 5x4), Roland Arendse (26, 2x4), Andre Goliath (27 3x4) en Chris Beukes (26 2x4).

Die besoekers het uit die staanspoor die lopies gejaag, maar was in een stadium onverantwoordelik toe twee kolwers uitgehardloop is.

Hulle teken nietemin die wenlopies in die 43ste beurt aan vir die verlies van ses paaltjies.

Mark Julies het Saterdag sy vierde agtereenvolgende vyftigtal aangeteken. Hy was vir 41 minute voor die penne en sy 53 lopies het agt grenshoue ingesluit.

Ander kolwers wat ook met breë kolwe die balle gemoker het, was Waylon Libbie (30, 5x4) en Charlton Manuel (26, 3x4).

Atlantis se Conrad (2/45) en Arendse (2/33) het paaltjies geneem.

Bergrivier se tweede span het op Wellington in 'n naelbyt-stryd vir Korrektiewe Dienste met sewe lopies gewen.

Die puik, veelsydige spel van nog 'n 17-jarige, Jacques Cloete, het daartoe bygedra dat sy span in die wedloop bly om bo te eindig.

Die tuisspan kon slegs 152 in 35 beurte aanteken. Cloete (31, 4x4), Delwayne van Niekerk (22, 2x4), Maya Hendrickse (25, 3x4) en Eathan Pietersen (20, 3x4) was die kolwers wat die dubbelsyfertellings aangeteken het.

C Carstens (3/32), N Engelbrecht (3/28) en C Adriaanse (2/31) was die boulers wat vir Korrektiewe Dienste uitgeblink het.

Hoewel die besoekers goed begin het met J Wessels (41, 5x4) en J Sproit (29, 2x4), het hulle gou geswig voor Bergrivier se boulaanval.

Cloete was weer op sy kop met 3/33, terwyl Ashwill de Vries (1/5), Darren Isaacs (1/21) en Paul Liebenberg (1/21) ook ekonomies geboul het.

Bergrivier I speel Saterdag tuis teen Darling en Dinsdag ook tuis teen Piketberg.


Peoples klop Paarl-Oos

[ Top ]


DIE eerste krieketspan van Young Peoples Krieketklub het Saterdag vir Paarl-Oos op New Orleans oortuigend geklop met ses paaltjies.

Die tuisspan het eerste gekolf en 162/9 in hul 60 beurte aangeteken. Jackie Daniels (55), Dominique Daniels (22) en Justin Watts (23) het die boulers gekasty.

Deon Smith was die uitblinker onder Peoples se boulers met sy 4/24.

Die besoekers moker die wenlopies in die 46ste beurt, met Elrich Jansen (77nun) en Edwin Jacobs (38) wat die hoogste tellings aanteken.

Paarl-Oos se beste boulers was Graig Abrahams (2/16 in 5bb), Daniels (1/22 in 8bb) en Hilroy Paulse (1/34 in 10bb).

Saterdag speel Peoples I teen Paarl I op Daljosafat en Peoples II teen Stellenbosch/Distrikte II op Stellenbosch.

Paarl-Oos I speel weg teen Wellington, Paarl-Oos II weg teen Spes Bona en die derde span tuis teen Paarl.


Wellington RK beplan seisoen

[ Top ]


WELLINGTON RUGBYKLUB, die Bolandse klubkampioen van 2003, hou op 29 Januarie om 19:00 sy jaarvergadering.

Dit sal die eerste jaarvergadering in die nuwe klubhuis wees.

Alle afrondingswerk aan die klubsaal en ander geriewe is nou afgehandel en volgens die klubvoorsitter, Dolf Stemmet, dui die geesdrif en belangstelling van spelers asook oudlede op nog 'n mylpaal seisoen.

Volgens Stemmet word daar nog onderhandel met die Universiteit Kaapstad oor die speel van die tradisionele vriendskaplike wedstryde wat verlede jaar weens bouwerk aan die klubhuis in die slag gebly het.

Wellington sal ook op 20 Maart aan die Klawer Rugbydag deelneem en 'n uitnodiging na die Matie Rugbydag op 27 Maart is ook voorlopig deur die uitgaande bestuur aanvaar.

Die eerste kluboefening is op Donderdag 22 Januarie om 18:00. Jaco Stoumann en Bertie Schreuder is weer eens as hoofafrigters benoem.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za