|
gedink die dokter maak 'n grap. Totdat die erns van die saak deurgedring het, en toe weet niemand mooi hoe om dié geval te hanteer nie.
Dit was so ver vasgestel kon word, die eerste giftige skerppioensteek wat in die Medi-Clinic behandel is.
Die skerpioen is as die Parabuthus Granulatus geëien. Dis die dikstert-dunknyper skerpioen wat in Namibië, Noord-Kaap, Weskus en Wes-Kaap voorkom.
"Myne was 'n klassieke geval, met die tipiese simptome," sê Strasheim.
"Die voet het geswel, en die rooi vlamme het teen my voet opgetrek. Ek het naalde en spelde oor my hele lyf gekry en begin rusteloos raak."
Dr Jurie Prins was die aand in die noodkamer en het sy kollega met pynstillers ingespuit. Sy toestand het egter stelselmatig vererger.
"Ek het koue koors gekry. En sweetaanvalle. Teen nege-uur was ek so swak dat ek nie my arms kon oplig nie."
Strasheim is haastig in die hoë-sorgeenheid opgeneem en aan monitors gekoppel. Kollega dr Gideon van Lill het besluit om die nag langs sy kollega se bed te waak.
Sy polsslag het van 70 tot 115 gestyg en sy bloeddruk tot 188-110. Buikspasmas het hom inmekaar getrek en hy kon later nie meer praat of sluk nie.
Daar bestaan nie serum vir die Granulatus nie, maar wel die minder doeltreffende serum van die Transvaalis, wie se gif effe verskil van sy giftige boeta s'n.
Teen 11:20 is die anti-serum gespuit, 'n uur later 'n tweede dosis en teen eenuur was die onmiddellike gevaar verby.
"Dis die ongelooflikste pyn. Die brand het my wakker gehou totdat lokale verdowing om 07:00 om my enkel gespuit is, en die pyn so geblok is.
"Toe slaap ek, en van toe af voel ek net beter."
Hy is die Saterdag ontslaan en die Maandag was hy terug in die tuig.
Strasheim sê: "Ten spyte van die onkunde met skerpioensteke, was die mediese- en hospitaalbehandeling puik.
"Vir my was dit 'n interessante ondervinding aan die anderkant van behandeling!"
Toe dr Strasheim se sekretaresse, Petro Marais, laataand 1 April die pasiënte op sy teaterlys vir die volgende dag skakel, het hulle natuurlik ook gedink sy maak grappies!
Hoe kan hulle dokter dan in die hoësorgeenheid opgeneem wees? En dit nogal met 'n skerpioensteek!
Daar is al 42 gevalle van ernstige skerpioenvergiftiging in Suid-Afrika aangeteken, waarvan vier - almal kinders - noodlottig was.
Skerpioensteke kom veral in die somermaande voor, meestal saans tussen sononder en middernag, en dis die voete wat gewoonlik gesteek word.
Die Strasheims sien gereeld die kleiner swart skerpioen met die groot knypers in hul tuin, maar het nog nooit die giftige meneer met die dik stert gewaar nie.
"As dit 'n kind in my plek was, was hy moontlik nie so gelukkig nie.
"Sit dadelik 'n yspak op die steekplek en probeer so gou moontlik by die hospitaal uitkom.
"Maak die skerpioen dood en neem dit saam vir identifikasie," is Strasheim se raad.
"En bly onder observasie by die hospitaal, ten minste vir 12 tot 24 uur."
* It was no joke when a Paarl doctor was stung by a scorpion on 1 April and landed up in intensive care, where staff fought for his life. |