ppostgothic
safetop Aida
uitlefstreep

Thursday 15 April 2004

uitlefstreep

This site will be updated on 22 April  2004 at 17:30

Youth - Jeug


b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

Verlore tasse vind pad huis toe na 5 jaar

[ Top ]


VYF oud-leerlinge, die skoolhoof van Hoërskool Gimnasium en sy vrou het al vergeet van hul bagasie wat amper vyf jaar gelede verlore geraak het nadat hulle na Swede gereis het - toe keer  dit skielik terug.

Die skoolhoof, Basjan Reinhardt, sê hulle was in Noorweë toe hulle hul tasse na Kaapstad inbespreek het, via Johannesburg.

"Ons het in Johannesburg oornag, maar daar was geen teken van ons tasse nie."

Hulle het by albei lughawens gesoek en gebel maar die sakke het spoorloos verdwyn.

'n Paar weke gelede is hulle ingelig dat die tasse gevind is, in 'n hotelpakkamer in Brakpan, blykbaar toe dit die eerste keer in vyf jaar reggepak is.

Een van die oudleerlinge wat baie bly was om haar tas te sien, was Tasneem Abrahams, 'n mediese student. Sy het die duur winterbaadjie wat sy in Oslo vir .

wtasFC

TERUG BY MY. Tasneem Abrahams, 'n oud-Gimmie, spog met die warm baadjie wat na vyf jaar teruggekeer het in haar reisbagasie.

R1500 gekoop en waaroor sy so hartseer was, teruggekry.

Die enigste twee wat nie hul tasse teruggekry het nie, was 'n oudleerling, Dirk Bester, en Reinhardt self.

"Ek en my vrou het besluit om alles van waarde in my sak te sit en die vuil klere en ander items in my vrou se sak te sit," sê hy.

"Toe kry ons net die vuil klere terug."

* Lost suitcases have turned up five years after a group of Gymnasium students travelled to Sweden


Xhosa ban was misunderstanding

[ Top ]


THE right - or not - to speak Xhosa at school drew much attention to the Huguenot High School in Wellington last week when objections about the school rules were aired on SABC2.

It all started with a newsletter addressed to parents: "Huguenot is a double-medium school with Afrikaans and English as tuition languages," the letter stated.

"All our Xhosa-speaking pupils receive their tuition through the medium of English.

"To develop a sense of unity and to prevent any misunderstandings the Governing Body has decided that no pupil may speak Xhosa or communicate in Xhosa while they are in class.

"On the school grounds Xhosa-speakers may not use Xhosa when they are near pupils who do not speak Xhosa.

"The privilege to speak to one another in Xhosa in private will be taken away if any complaints are received from non-Xhosa speakers who, in any way, feel intimidated."

The parent of a Grade 12 learner from Mbekweni said she spoke for others when she voiced her disdain on national television.

Minister André Gaum's office demanded an immediate explanation.

"It was an interpretation problem," deputy principal Louise Grobler said.

"We had a meeting on March 18 after which the newsletter was compiled.

"A shift in emphasis from the wording in the minutes resulted in the message not coming across accurately."

The original wording requested Xhosa speaking pupils not to react in Xhosa when addressed by a teacher or prefect.

"Otherwise learners are welcome to use Xhosa among one another on the school grounds," was the original decision.

The decision originated from repeated complaints from teachers and prefects that the Grade 8 Xhosa learners reacted only in Xhosa when addressed in class or in the rows, to the amusement of their Xhosa co-students.

Since staff and prefects experienced this reaction in a negative light, the matter was explained to the Xhosa speaking parents at a PTA meeting "in the interests of mutual respect and discipline".

Said Grobler: "They did not express any objection to this ruling that Xhosa speaking students be requested to react only in English or Afrikaans when addressed in the school."

During a meeting on Monday night, an explanatory letter was compiled in which the school apologised for the incorrect wording in the newsletter. It will be circulated from today.


Dit woel by Hugenote Kollege

[ Top ]


DIE Hugenote Kollege spog vanjaar met 'n studentetal van 560, 'n groot toename sedert 328 studente in 2000.

'n Baie goeie deurgangsyfer is ook handhaaf met 'n gemiddeld van 78% eerste en tweede jaar en 94% tussen die tweede en derde jaar.

Soos heelparty universiteite het die kollege 'n afname in studentegetalle teen die jaar 2000 beleef.

Deur die implementering van innoverende strategieë en pro-aktiewe aksie het die kollege daarin geslaag om sedert 2001 'n groei van gemiddeld 10% per jaar te toon.

Een van die gewilde nuwe kursusse is gemeenskapsontwikkeling.

Armoede is een van ons land se grootste probleme. Daar is 'n ernstige behoefte aan ontwikkeling en heropbou in baie gemeenskappe. Hiervoor is kundige gemeenskapsontwikkelaars nodig.

Met die oog hierop, het die Kollege 'n diploma en graad in Gemeenskapsontwikkeling ingestel en akkreditering daarvoor kry. Hierdie kursus voorsien reeds in 'n groot behoefte.

Jeugbediening

Hugenote Kollege was die eerste tersiêre inrigting wat 'n graadkursus in jeugwerk aangebied het. Studente in dié rigting vaar so goed in die praktyk dat die kollege nie kan voorbly om die aanvraag te voorsien nie.

Die ontwikkeling van 'n MDiac- en DDiac-graad in spelterapie is ook 'n treffer en die kollege het 110 nagraadse studente waarvan ses ingeskryf het vir die doktorale program.

Die sentra waar dit aangebied word sluit Gauteng, Namibië en selfs Londen in.,

Die Kollege het ook met geloofsvertroue en waagmoed die Christen Vigsburo gestig om kerke tot diens te wees.

Terwyl so baie nog net praat van die pandemie en deernis het met die slagoffers van vigs, doen dié kursus daadwerklik iets aan die groot uitdaging.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za  

[ Top ]