safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
ppostgothic
uitlefstreep

Thursday 15 July 2004

uitlefstreep

This site will be updated on 22 July  2004 at 17:30

Aida

Arts - Kunste


wpupFC

VERTONING. Sanra het onlangs 'n poppekas vir kinders by Dalweide Primêr aangebied as deel van die Dag teen Dwelm- en Alkoholmisbruik. Dié dag is bygewoon deur die Gemeen- skapspolisiëringsforum, polisie, brandweer, ambulansdienste sowel as die Paarl-Oos buurtwag.


Plaaslike fluitspeler skitter

[ Top ]


'n LEERKRAG en oudleerder van die Frank Pietersen Musieksentrum in die Paarl, Inge Pietersen, is gekies om saam met die Kaapse Filharmoniese Orkes te speel in die 2004 Artscape/Kaapse Filharmoniese Orkes Jeugmusiekfees.

Dit is reeds 'n groot eer om as solis met hierdie uitgelese orkes op te tree, maar sy is ook een van slegs elf musikante wat uit 80 kandidate gekies is vir dié geleentheid.

Die konsert sal op Donderdag 29 Julie om 20:00 in die Kaapstad stadsaal gehou word.

Dr Leslie B Dunner van die Verenigde State sal die orkesleier vir die geleentheid wees.

Inge is eerste op die program, en speel die eerste beweging van Mozart se Fluitkonsert in D majeur.


Kamermusiek

[ Top ]


KAMERMUSIEK van die hoogste gehalte, uitgevoer deur gevierde Suid-Afrikaanse musici is op die spyskaart by die Nederburg-opstal op 1 Augustus om 17:00 met die Rosamunde Strykkwartet.

Die lede van die kwartet is Denise Sutton, konsertmeester van die Suid-Afrikaanse Kamerorkes, Suzanne Swanepoel (viool), Jeanne-Louise Lombard  (altviool) en Marian Lewin (tjello).

Die program bestaan uit Haydn se Kwartet Opus 76 nr 4 ("The Sunrise"), Dvorak se "American" Kwartet en Schubert se Kwartet in D mineur ("Death and the Maiden").

Kaartjies kos R125.  Kontak Christine Joubert by 809-7473.


Beauty pageant

[ Top ]


YOUNG PEOPLE can enter for the  Mr & Miss Paarl 2004 competition until 21 July.

The competition   will take place on Saturday 11 September at 19:00 at the       Paarl Ontspanningsklub in Du Toit Street and is organised by the club.

There are four categories: Mr & Miss Petit (7-9 yr), Mr & Miss Pre-teen (10-13 yr), Mr & Miss Teen (14-16 yr) and Mr & Miss Paarl (17-22 yr).

Entry forms are available from the venue or local schools.

The entrance fee is R50. Entrants must include two photos, one full length and one face.

Semi-finals will take place on 14 August.

Tickets for 11 September are R75 for the gala dinner.

There are also tickets available  at R20 for spectators.

Contact Wilna Stander at tel 073-199-3969,  872-8448 (w) or      872-2719 (h).


Raai, raai Riepa

[ Top ]


'n VAKANSIEPROGAM vir jong kinders word môre deur die Afrikaanse Taalmuseum aangebied.

Die program, genaamd Raai Raai Riepa, sal om 11:00 begin en 'n halfuur lank wees. Vermaak in die vorm van raaisels en kostuums sal verskaf word.

Besprekings kan gemaak word by 872-3441.


Ballet- en operatreffers in Vallei

[ Top ]


KAARTJIES vir Kunstekaap se drie spesiale Boland-konserte in die Paarl en Wellington verkoop fluks.

  Die eerste konsert is op Woensdag 28 Julie om 19:00 in die Paarl polisiekollegesaal. Die Wellington-konserte word om 15:00 en 19:00 op Vrydag 30 Julie in die CP van der Merwe-saal in Wellington gehou.

  Aldrie konserte bestaan uit ballet- en operatreffers van Kaapstad se twee professionale geselskappe. Die eerste Wellington-opvoering is op leerders gemik en die tweede is vir die publiek.

  Die balletprogram bestaan uit solo's, tweepasse en ensembles uit verlede jaar se Classic Highlights met die bekorende musiek van Tchaikovsky, Glazunov en Bizet, asook hoogtepunte uit die uiters gewilde Swingtime at the Ballet van Sean Bovim waar ballet 'n nuwe baadjie aantrek, en die klassieke dansstyl lewe kry op die maat van jazzmusiek uit die dertigs en veertigs.

  Bolanders sal die voorreg hê om van die balletsterre van die Kaapstadse Stadsballet in aksie te sien. Dit sluit in die danspare van Tracy Li en Daniel Rajna asook , Marrianne Bauer en Johnny Bovang wat saam met die geselskap optree.

  Die operaprogram bied aan gehore die geleentheid om opera as 't ware te ontdek met die uitvoering van Monde and the Magic Box. Dit is 'n nuwe, energieke hip-hop vertoning met Kaapstad Opera se vokale ensemble wat die storie vertel.

  Die verhaal van, Monde, gaan oor 'n tiener wat op `n opwindende reis geneem word en treffers uit operas en blyspele beleef. Uittreksels uit La Traviata, Turandot, Fledermaus, West Side Story en Les Miserables behoort by oud en jonk byval te vind.

  "Die kaartjies van alle vertonings beloop slegs R10 per persoon om sodoende aan almal die geleentheid te bied om professionele teater by te woon," sê Marlene le Roux, direkteur van gehore-ontwikkeling en onderrig by Kunstekaap.

  Kaartjies vir die Paarl-konsert is verkrygbaar van Anthea Martin by telefoon 082-851-1047.

  Die Wellington-kaartjies is beskikbaar by Christell Witbooi by 072-308-0022.


Music and fun at Bastille Festival

[ Top ]


THERE is music and theatre for lovers of the arts at the Bastille Festival in Franschhoek this weekend. Visit South Africa's food and wine capital as it celebrates its French heritage. 

Visit the food and wine marquee on Saturday, where Cape Town's only concert brass band will be playing between 13:00 and 16:00. The concert is free.

The musicians in this multi-cultural 30-piece band come from all walks of life including a wine maker, an attorney, a geologist, a brewer, an actuary and a cardiologist, and all get together to play a selection of marches, jazz, classical and contemporary pieces as well as popular musicals.

Local jazz band La Fromagerie will be playing on Sunday.

Piano concert

* Christopher Duigan, widely regarded as one of South Africa's leading concert pianists and the recipient of several of South Africa's most prestigious music awards will perform tomorrow at 18:30 in the Franschhoek Dutch Reformed Church, Huguenot Road.  

He will be playing a celebratory programme of piano classics and popular solos by Chopin, Mozart and Liszt and more.

Tickets are R60 from Franschhoek Wine Valley Tourism Office and at the door.

* The Barnyard Theatre in Franschhoek will be celebrating the village's French roots with a production of "Jacques Brel - Rough Diamond on Saturday.

Christian Deni and Stella Konik take a deeper look at the man behind the music. 

Jacques Brel's life was a great adventure; he lived intensely, following his feelings, his rebellions and his passions. 

This musical theatre show sets out to present Jacques Brel's music, life and thoughts in a simple, minimalist, intimate way.  The result is "a show of lyrical power and beauty".

Hosted by Franschhoek Wine Valley & Tourist Association, tickets are R150 each and include a traditional French country meal and a selection of Woolworths cheeses. Franschhoek wines are available from the bar.

To book, contact the Barnyard Theatre on 874-1505. The theatre opens at 18:30 for dinner and the show begins at 20:00.

For further information about the Bastille Festival, contact Franschhoek Wine Valley Tourist Association on 876-3603 or visit the website www.franschhoek.org.za.


'Botspoppe' op die planke

[ Top ]


JOHANN NEL, Floyed de Vaal en Nanette Nel is van Woensdag tot Saterdag 24 Julie te sien in "Botspoppe", die verrassende kabaretteaterwerk van debuutskrywer Nico Burger.

Albert Maritz doen die regie. Die stuk word deur die ATKV en BAT (Bellville Afrikaanse Toneelvereniging) aangebied in die BAT-teater (oorkant DF Malan Hoërskool).

Burger het sy inspirasie geput uit die emosionele rommel van 9/11 in New York. Basil ontdek 'n vliegtuig in sy kantoor op die 80ste verdieping.

Is dit die vorige aand se brandewyn of die nare werklikheid? Hy het net een uur voor alles ineenstort en daar is geen manier om sy lot te ontsnap nie. Dis 'n gatslag.

Maar agter die hartseer skuil humor, agter die sentiment 'n storie, uit die wanhoop kom die waarheid, en uiteindelik is daar tog 'n kinkel in die kabel.

Besprekings by Vernita, 084-682-7115.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@paarlpost.co.za  

 

[ Top ]