safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
ppostgothic
uitlefstreep

Thursday 15 July 2004

uitlefstreep

This site will be updated on 22 July  2004 at 17:30

Aida

 Letters - Briewe


Are the pharmacies punishing their customers?

[ Top ]


SINCE the dispute regarding the Medicines Amendment Act, the attitude of pharmacies in Paarl have changed towards their customers. Prescription medicine prices have been unreasonably increased from one month to the other.

A certain pharmacy that advertised that they would still pass discounts to customers has forgotten about their promise. We have been forced to pay between 30% to 50% more, depending where and when you buy the medicine.

What is also disappointing is that when you ask the reason from two different people in the same pharmacy dispensing department, you get two different reasons.

I understand the concerns of pharmacies, but if some could give a cash discount up to 45% and still make a profit, their mark-up was definitely excessive.

It is also a fact that pharmacies do not only depend on medicine dispensing. Most sell a variety of other goods.

However, there are still some smaller pharmacies that give consumers reduced prices. These pharmacies have averaged and fixed their prices lower, as required since the regulation that came into effect on 2 June.

Consumers must shop around and when the playing field is level later, support these pharmacies that continued to care for the end users.

We buy medicine for our health and not because we have money to waste.

I hope that this situation will be normalised soon and that pharmacies will endeavour to supply affordable medicine to the public at a reasonable price.

Concerned medicine consumer

A local pharmacist replies: Our chain has opted to bite the bullet and implement the new pricing regulation's dispensing fee of 26 percent, capped at R26, ahead of the scheduled implementation date of August 2.

While the new regulations might be damaging to smaller retail pharmacies, larger chain pharmacies will be able to absorb a loss to benefit the customer.

However, certain products and certain manufacturers have not embraced the ethos of the new pricing regulations. and have not dropped their price sufficiently.

Some manufacturers might even be making more money under the single exit pricing, since there are reduced administration costs and the costs of goods have decreased with the strengthened rand.

Pharmacies and their customers are the losers.


Thanks to public and municipality

[ Top ]


AFTER many years of close involvement with the Paarl SPCA, both as committee member and Secretary, I have now severed all my connections with the local society. I am, therefore, no longer responsible for the tin or street collections.

We of the former committee, nevertheless, remain very grateful to the public of Paarl, the local business community and the Municipality for the generous support we received over a period of more than a decade.

We also remember with kindness the helpful individuals and the staff of the Paarl Post who made our task that much easier.

Yvonne Weiss


Red dorpsplase in Paarl van ontwikkeling

[ Top ]


DORPSPLASE in die Paarl vorm nie slegs deel van die natuurlike skoonheid van die Paarlvallei nie, maar dra by tot die Paarl se kultuurhistoriese geskiedenis. Die plase het groot toeriste- en ekonomiese waarde vir die Paarl.

Die eienaar van die plaas Sonneskyn, suid van Gimnasium Hoërskool, haal wingerd uit om erwe waarop geboer word, vir behuising te ontwikkel.

Dit is 'n ingrypende gebruiksverandering wat direk bots met die ooreenkoms tussen plaaseienaars en die Munisipaliteit dat dorpsplase nie vir behuising onderverdeel mag word nie.

Ons hoop dat alle partye hulle by daardie beginselbesluit sal hou.

Die dorpenaars maak sterk beswaar teen die beoogde ontwikkeling.

Bekommerde dorpenaar


Ek is ewig dankbaar teenoor ACVV-mense

[ Top ]


MY ma, Rita Rust, is onlangs aan Alzheimersiekte oorlede. Die pad na die sonsondergang van haar lewe was lank en sy is vir agt en 'n half jaar in die Silwerkruin op Wellington versorg.

Graag wil ek ook op hierdie manier vir Suster Searle en die verpleegpersoneel bedank vir die professionele, maar deernisvolle manier waarop hulle Ma Muis versorg het.

Die liefde en toegeneentheid wat ons Rust-kinders teenoor haar en onsself ervaar het, sal ons altyd bybly.

Wellington kan met reg trots wees op hierdie inrigting van die ACVV op hul dorp.

Silwerkruin verdien ons lojale en voortdurende ondersteuning vir hierdie onmisbare diens in die gemeenskap teenoor ons geliefdes.

In die 100ste bestaansjaar van die ACVV, veels geluk, mag julle steeds van krag tot krag gaan. Ek bly Silwerkruin en die ACVV innig dankbaar wees.

Frouwien du Toit


Eetplekke gee nie om vir ma's met babas

[ Top ]


GRAAG wil ek as moeder, op alle eetplekke 'n beroep doen om asseblief vir baba's ook badkamerfasiliteite te maak.

Verlede Donderdag was ons gesin by 'n eetplek in Lady Greystraat en ons ses-maande oue baba was saam. Sy het ongelukkig 'n glipsie gemaak en ek wou haar gaan droogmaak, maar moes omdraai omdat daar nie plek in die badkamer was om dit te doen nie, tensy jy jou baba op die yskoue grond wil laat lê.

Ons het toe maar ons kos laat inpak en is huis toe.

Dit is nie die eerste keer dat dit gebeur nie. Op Moedersdag was ons uit vir ete na 'n eetplek in Hoofstraat en toe moes ek my kind noodgedwonge op die grond laat lê terwyl ek haar droogmaak.

Finansies gaan seker nou weer ter sprake kom oor hierdie versoek, maar ek vra dat eetplekeienaars moet onthou dat baba's en kleuters ook deel uitmaak van hul kliëntebasis, net soos ons grootmense.

Baie ontevrede


Bekommerd oor rugby op Wellington

[ Top ]


GRAAG wil ek net my kommer uitspreek oor klubrugby op Wellington- en Newton-area.

Waar is die jeugspanne van ons geliefde dorp se rugbyspanne soos Newclares, Pirates, Rosebuds, Roslins, Westerlies, Villagers en Newtowns.

Ek is bitter teleurgesteld in die klubs se bestuurslede met die samesmelting om klubs soos Hillcrest en Roses United te stig.

Dis nie meer 'n plesier om rugby op Wellington te gaan kyk nie. In die verlede voor samesmelting was die rugby gekenmerk deur goed gemotiveerde en hardlooprugby, maar nie meer nie.

Daar is so baie goeie rugbytalent wat nou in Wellington verlore gaan. Die spelers wat nie kans kry om te speel nie, wend hulle tot drank en misdaad.

Waarom kan daar nie weer na die ou stelsel teruggekeer word nie. Ek bedoel nou, elke klub op sy eie, dan is daar mos weer mededingende rugby en sal 'n plesier wees om weer rugby op Wellington se velde te kyk.

Bied proewe aan en laat die juniors en die "ou-kroks" teen mekaar meeding dan sal daar mos weer skop in ons rugby wees.

Sal ou rugbybestuurslede asseblief antwoorde aan my verskaf.

Kom ons hou die sterre, soos Pollie Adonis, Sakkie en Johan Williams, Jeff Roneli, John Abrahams en Chrisjan (Bok) Goliath se name hoog.

Heel moontlik speel ek weer rugby as daar na die jaar, 1992, teruggekeer word.

Tony April

Mervin Petersen (voorsitter van Newtons-rugbyklub) reageer: Daar is groot begrip vir Tony April se gevoel van nostalgie oor rugbyklubs, maar verenigde rugbyklubs maak sin.

Klubs soos Roslins, Pirates, Rosebuds, Newclares en Westerlies het 'n besondere bestaansreg gehad binne 'n bepaalde tyd en ruimte. In kort, elkeen het sy sport beoefen in sy eie agterplaas.

In 'n groot mate sukkel ons nog steeds met die "backyard-sindroom".

Ons wil egter geensins afbreuk doen aan die klubs se ongeëwenaarde sukses en prestasies gelewer deur hulle sportmanne nie. Binne gegewe omstandighede is dit tot vandag toe ongeëwenaard.

Dankie dat u ons opnuut herinner aan die glorieryke dae. Dit was op daardie stadium 'n belangrike uitlaatklep vir ons gemeenskap. Ons kan egter nie toelaat dat tradisies/herinneringe en dies meer in die pad van ontwikkeling staan nie.

Sedert 1992 het ons gemeenskappe sodanig dinamies verander en noodwendig moes die sosiale- en sportpatrone daarmee saambeweeg. Ons is dankbaar dat ons, ten spyte van fundamentele verskille, ook hier die proses van samesmelting kon oorleef.

So kon Roses en Rosebuds saamsmelt om Roses United te vorm, wat tans baie kompeterend is in die Bolandse Super A-liga.

Newclares, Pirates en Westerlies het ook saamgesmelt om Hillcrest United te vorm, en is tans baie kompeterend. In dié verband het Newtons en Villagers nog 'n hekkie om te oorkom, aangesien daar 'n groot behoefte is aan 'n verenigde rugbyklub in die Newton-Vanwyksvlei-omgewing.

Die belangrikste is dat ons nooit weer sal terugbeweeg na die tagtigs en negentigs nie. Dit is reeds bewys met spelers soos Wayne Julies (Newtons) en Alshaun Bock (Roses) dat dié klubs die potensiaal het om spelers van nasionale gehalte op te lewer.

Ten opsigte van die seuns wat verlore raak vir die spel, moet ons besef dat ander sportsoorte soos sokker en krieket, asook ander sosiale patrone (hip-hop, dans) baie meer aanloklik lyk vir ons jong seuns.

Ons moet egter erken dat ons in dié verband moet dink aan die instel van onder 19 en onder 21 ligas. Sodoende sal ons ook verhoed dat belowende spelers vroeg reeds verlore raak vir die spel weens beserings.

Mnr April moet egter onthou dat dit reeds moeilik is vir die "saamgesmelte" klubs om drie volledige spanne (asook reserwes) op die veld te stuur.

Ek sou in dié verband vir mnr April aanraai om op die stadium nie sy "toks" op te hang nie, maar eerder om betrokke te raak by die bestuur van enige klub van sy keuse. Sodoende kan ons werk na 'n Verenigde Wellington Rugbyklub.   


Die gemeenskap soek na hul Raadslid

[ Top ]


DIE gemeenskap van Fairyland en Zakazwane is ontstoke omdat hulle kennis gekry het dat hulle wat tans in hokke woon, nie kwalifiseer vir huise nie.

In hierdie krisistyd kan die gemeenskap nêrens die raadslid, Emma Classen, kry vir 'n vergadering nie.

Die gemeenskap wil ook weet wat geword het van die  ooreenkos wat die Drakenstein munisipaliteit met Fairyland/Zakazwane gesluit het.

Die komitee pleit dat hierdie saak gou opgelos moet word, omdat spanning hoog loop. Ons is bevrees dat die proses kan ontspoor.

Die wyksbehuisingskomitee is reeds 23 September 2003 ontbind. Hoekom het die raadslid nooit na die gemeenskap teruggekom nie?

Solomon Fleur en Themba Zitha

Die munisipale bestuurder, Jacques Carstens, reageer: Wyksraadslede kan nie individueel deur die betrokke gemeenskap verantwoordelik gehou word indien dienslewering na hulle mening onvoldoende is nie. 

Die termyn van raadslede is tot die volgende verkiesing (Desember 2005) en 'n individuele raadslid kan slegs onder bepaalde omstandighede onthef word. Besonderhede van die gedragskode vir raadslede kan op navraag verstrek word. 

Spesifieke sake oor behuising kan met die beamptes by die Behuisingskantoor opgeneem word.  

Andersins kan inwoners 'n skrywe rig aan die Munisipaliteit sodat antwoorde op hul vrae verskaf kan word.


Vind uit wie's die beste bouers

[ Top ]


EK verwys na die brief "Careless contractors a pain" (8 Julie) en wil die Paarl Post bedank vir die plasing van die Boland Meesterbouers Assosiasie se artikel op 17 Junie.

Die doel van die periodieke artikels wat ons vrystel is juis om die publiek bedag te maak op die risiko's wat hulle loop wanneer aanbouings of 'n nuwe huis oorweeg word.

 Ongelukkig kan ons nie 'n swartlys van swak bouers publiseer nie (brief verlede week). Die publiek kan ons egter enige tyd skakel vir 'n lys van name van boukontrakteurs wat hulle nie in die steek sal laat nie. 

Die koste van 'n telefoonoproep is sekerlik die geld werd as in ag geneem word die probleme en kostes wat by La Modestraat 8 ondervind is.

MBA Boland is 'n nie-winsgewende organisasie wat baie hard probeer om die boubedryf se naam hoog te hou. Ons kan dit alleenlik doen met die hulp en samewerking van die publiek. 

Ons lede word streng gekeur en vandaar ons leuse, Bou met die Beste.

Ons lede is verbind tot ons Gedragskode vir Lede en indien daar moontlik 'n probleem sou ontstaan kan ons optree om die saak te beredder. 

Dit is 'n gratis diens aan die publiek indien hy 'n MBA Boland lid gebruik.

Pierre le Roux (Uitvoerende Direkteur) MBA Boland


Werkgewers buit kinders uit

[ Top ]


Ek wil graag hê dat iemand van die Departement van Mannekrag  moet ondersoek instel na plaaslike besighede.

Van ons kinders word uitgebuit deur sommige werkgewers.

Ek weet van jongmense wat nie vir oortyd betaal word nie, kry ook nie vakansie nie.

Hulle moet ook deur hulle etensuur werk.

En omdat die werkgewers nie kontrakte met werknemers wil teken nie, kry hulle vir die vakansiedae wat hulle werk ook nie dubbel nie.

Gaan hulle na Mannekrag word hulle lewens deur werkgewers ondraaglik gemaak, sodat hulle self moet loop.

Ek weet van 'n hele paar besighede wat dit doen.

Is daar nie iemand wat iets daaraan kan doen nie.

Ek glo dat hulle ook êrens in die lewe wil kom.

Ontevrede ouer


Groete uit Skotland

[ Top ]


DIT is so gerieflik om die Paarl Post op die internet te kan lees. So kan ek op hoogte bly van wat gebeur.

Die ander week lees ek van Dawie van der Walt, die talentvolle gholfspeler, wat in St Andrews sou kom speel in twee toernooie.

Ek het heel daarvan vergeet en toevallig verby die beroemde Old Course gestap en sien toe 'n Suid-Afrikaanse vlag. Tot my verbasing was daar meer as een Suid-Afrikaanse speler se naam op die telbord.

Toe ek Van der Walt sien onthou ek van die berig. Die volgende oggend het ek na die baan gegaan en met hom gesels. Hy was heel verbaas om 'n Suid-Afrikaner te sien, voor hy afslaan. Hou die standaard vol.

Robert Bartlett


Om dankbaar te wees

Editorial

[ Top ]


ONS aanvaar so baie dinge as vanselfsprekend en sonder om twee keer daaroor te dink.

Net om elke dag op te staan, die son op jou gesig te voel, te kan eet en te lag, is 'n voorreg wat ons dikwels misken.

Dit is eers wanneer 'n mens iemand teëkom wat 'n sintuig verloor het, dat 'n mens begin dink oor gehoor, sig, voel, smaak en watter skok die verlies daaraan moet wees.

Dan is daar mense soos Ronel van Coller en die kleine Pippa van Heerden wat hul gehoor kan terugkry deur middel van kogliêre inplantings.

Pippa is nog te klein om werklik te besef wat die inplanting vir haar gaan beteken, maar Ronel is terdeë bewus daarvan.

Vir haar is dit die geleentheid om weer ten volle te leef - met al haar sintuie. Vir Pippa beteken dit om normaal groot te word, in 'n "gewone" skool.

Dit laat 'n mens opnuut besef dat ons moet ophou kla. Luister 'n slag na die wind wat deur blare ritsel, 'n klaviersonate of die lag van 'n baba.

Waardeer die reuk van varsgebakte brood en die geur van 'n roos. Laat jou oë fees vier op 'n herfsgetooide boom of 'n ma wat 'n baba troetel.

Spaar dan 'n oomblik vir mense wat nie hierdie voorreg het nie.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@paarlpost.co.za  

[ Top ]