safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
ppostgothic
uitlefstreep

Thursday 15 July 2004

uitlefstreep

This site will be updated on 22 July  2004 at 17:30

Aida

Lifestyle - Leefstyl


Bloed skenk is nie 'n pyn

[ Top ]


DIE Paarlse tak van die Westelike Provinsie Bloedoortappingsdiens vang nie jou oog as jy verby stap nie.

Maar binne hierdie onopvallende gebou in Hoofstraat word daar werk gedoen wat jaarliks duisende Suid-Afrikaners se lewens red.

Daar is net een probleem - daar is 'n groot tekort aan skenkers.

En vandag doen die personeel hul deel en skenk self bloed - enigiets om mense te oorreed om hul kant te bring om lewens te red. 

Hulle wil graag wys dat bloedskenk nie

wbloeiFC

NIE Só ERG. Beamptes van die Paarl Bloedbanktak het sommer self ingespring om bloed te skenk. Hier skenk Adanaan Arnold (promosiebestuurder) sy pint bloed. Saam met hom van links is suster Driekie Geyser, Dennis Paulse (streeksbeheerbeampte) en Shereen Dollie (streeksbestuurder).

iets is om voor bang te wees nie. Dit is nie seer of moeilik nie.

Daar werk 27 mense vir dié nie-winsgewende organisasie. Vir hulle is dit nie net werk nie, maar ook 'n liefdesaak. Dit is maklik om bloed te skenk, maar nogtans is daar 'n tekort.

Volgens Dennis Paulse (streeksbeheerbeampte), wat sedert 1967 in diens van die Paarlse tak staan, kry hulle sowat 1200 eenhede bloed per maand in.

Dit is nie genoeg nie, as daar in ag geneem word dat hul jaarlikse behoefte 16 500 eenhede is. In die Wes-Kaap alleen benodig hulle 144 000 eenhede per jaar.

Paulse sê dat daar op die oomblik boonop 'n groot tekort is aan die O-bloedgroep, veral O-negatief. 

"Die beginpunt is net so belangrik soos die eindpunt," sê Shereen Dollie (streeksbestuurder). "Die skenker is net so belangrik soos die ontvanger.

Sy voel 'n noue verband met die skenkers nadat sy nege jaar gelede, met die geboorte van haar jongste kind, infeksie gekry het en by die dood omgedraai het.

Was dit nie vir die twee pinte bloed wat sy ontvang het nie, sou sy nie vandag hier gewees het om die storie te vertel nie. 

Daar is ook 'n mobiele bloedoortappingseenheid wat Wellington en Franschhoek besoek om skenkers tegemoet te kom en selfs tot in Vredendal ry.

Deur die "Commitment" Inisiatief kry mense wat meer as vier keer per jaar bloed skenk, 'n beloning as motivering. Hierdie jaar is dit 'n lekker drasak.

Standaarde is hoog by die bloeddiens. Hulle word twee keer per jaar geoudit deur die South African National Accreditation System (SANAS) om seker te maak dat hul opleidingsprogram, werknemers en toerusting aan die nodige standaarde voldoen.

* Paarl Blood Transfusion Service workers are donating blood due to a shortage of donors.


Stop polio nou

[ Top ]


POLIO, 'n vergete, hoogs aansteeklike siekte uit die verlede, gaan vanjaar deur middel van verskerpte massa-inentingsveldtogte die finale nekslag toegedien word.

Die Departement van Gesondheid het aangekondig dat die voorbereidings vir die Polio-vry Sertifiseringsproses aan die gang is.

Hierdie verskerpte pogings vorm deel van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) se globale uitwissingsveldtogte wat reeds in 1985 geïnisieer is.

Vir 'n land of provinsie om polio-vry gesertifiseer te kan word, moet ten minste 90% van alle kinders onder die ouderdom van vyf jaar ten volle geïmmuniseer wees.

Polio-inentings bied lewenslange beskerming mits dosisse toegedien word op die volgende ouderdomme: direk na geboorte, op ses weke, op 10 weke, op 14 weke,  op 18 maande en dan weer vir oulaas wanneer die ouderdom van vyf jaar bereik word.

In 'n laaste poging om te verseker dat  90% van alle kinders in die Wes-Kaap  deur inenting beskerm word, sal alle kinders onder die ouderdom van vyf jaar  twee addisionele dosisse van die polio-entstof moet ontvang  ongeag vorige  immunisasies.

Die massa-immuniseringsveldtog sal plaasvind vanaf 26 tot 30 Julie vir die eerste dosis  en 30 Augustus tot 3 September vir die  tweede dosis.

Alle gesondheidsdienste in die Wes-Kaap bied toegang tot polio-immunisering en dit word gratis verskaf in hospitale en klinieke.

Die poliovirus word versprei deur besoedelde water en kos, asook swak sanitasiegeriewe.

Die siekte tas die menslike senuweestelsel aan en veroorsaak in die meeste gevalle permanente verlamming van ledemate.

Daar is ook geen genesing vir hierdie siekte nie, en daarom is die immunisasie van alle kinders onder die ouderdom van vyf jaar so belangrik.

Dit is ouers se plig om toe te sien dat hul kinders geïmmuniseer word.

Hulle moet ook bedag wees op die simptome van die siekte.

Waar verlamming van ledemate plaasvind wat nie deur beserings veroorsaak is nie, moet die kind dadelik na die naaste kliniek of hospitaal vir 'n volledige ondersoek geneem word.

Vir meer inligting oor die veldtogte en hoe vrywilligers  betrokke kan raak, kan die naaste kliniek genader word of kontak Wilma Kamfer of Trudy Fredericks (Weskus/Wynlandstreek) by telefoon (022) 487-9271.


Businesswomen to meet

[ Top ]


BUSINESSWOMEN are invited to join Networking for Women in Business once a month over an early morning breakfast, to make new contacts, get referrals, encourage and motivate each other.

The women meet at Dulcé Continental Café and the dates for the rest of the year are 21 July, 18 August, 8 September, 13 October, 10 November and 1 December. The time is from 07:45 to 09:30 and the price is R50 (visitors R65). Membership is R150 until the end of 2004.

For more information and bookings contact Bennita Visser at 853-2777, 082-378-6945 or adminwiz@adept.co.za


Breek weg vir 'n heerlike naweek

[ Top ]


LUS vir 'n wegbreeknaweek? Dan het die Volle Evangelie Kerk New Orleans (Rivers of Joy) in die Paarl net die geleentheid vir u.

Hulle reël 'n naweekuitstappie na Port Elizabeth van 24 tot 26 September. Vervoer is 'n luukse vyfster bus, met akkommodasie in 'n driester hotel.

Die prys van R850 per persoon sluit 'n buffet-ontbyt en -aandete in, asook 'n ligte Sondagmiddagmaal.

Kaartjies is beskikbaar by 083-597-8726 of 873-3354.


Ouers en getroude kinders

[ Top ]


DIE Vrouediens van Wellington Moedergemeente se tema vir vanjaar is 'Fantastiese Families'.

In die gees daarvan bied hulle Woensdag  om 19:00 'n praatjie aan deur 'n sielkundige van die Paarl, Christene Cuyler.

Sy praat oor ouers wat ongevraagd by hul getroude kinders "inmeng" en wanneer is dit aanvaarbaar om by my getroude kinders "in te meng". 

Kaartjies (R25) is by die kerkkantoor, of skakel  Zelda de Beer (873-5995) of Mariechen Erasmus (864-1045).


Praat Wellington skoon

[ Top ]


DIE gemeenskap van Wellington kan hul menings oor wat in hul dorp pla, volgende week by 'n vergadering by die munisipale kantore in Pentzstraat lug.

Die Grond Operasionele Koördineringskomitee (GONOK) vergadering, onder leiding van die stasiekommissaris van die Wellington polisie, supt Nelson Govender, is Donderdag 22 Julie om 10:00.

Probleme wat misdaad bevorder, sal bespreek word, soos onvoldoende beligting in strate, onhigiëniese toestande om drankpersele en gebiede waar haweloses plak.

* Donderdag 29 Julie om 19:30 vergader die Wellington Polisiegemeenskapforum in die saal van Bergrivier Hoërskool.

Kontak insp Marchel Rhode (873-2913) vir meer inligting.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@paarlpost.co.za  

[ Top ]