|
KELDERTOESIGHOUER
Die sleutelprestasie-areas van die pos sluit onder andere die volgende in:
- Optimisering van kelderprosesse - Stabilisering van produkte voor bottelering - Beheer en bestuur van die kwaliteitstelsel in kelder
(ISO 9002)
- Toesig oor kelderpersoneel - Beheer begroting van kelder - Verantwoordelik vir veiligheid, sekuriteit en huishouding - Skakeling met ander departemente en kliënte.
Om vir die pos in aanmerking te kom, moet die aansoeker aan die volgende vereistes voldoen:
- Ten minste 3 jaar ervaring in 'n kelder waar produkte vir bottelering gereed gekry word - Kennis en ervaring van stabilisasieprosesse - Ten minste graad 12 - Rekenaarvaardig - Baie goed verbaal en skriftelik kan kommunikeer - Goed in spanverband kan saamwerk - Onder druk kan werk
Die volgende sal die aansoek verder ondersteun:
- Kennis en ondervinding van bottelering - Kennis van Ezy Wine rekenaarstelsel - 'n Erkende naskoolse kwalifikasie wat die rigting ondersteun - Kennis van ISO 9002 kwaliteitstelsel
Indien u aan bogenoemde voldoen sal ons baie graag van u wil hoor.
Kontak asseblief vir mnr Carel Malan by (021) 864-2860 of faks u aansoek na (021) 864-2862 voor of op 23 Julie 2004. |