|
WOENSDAG was Taaldag en tot Sondag word Afrikaans gevier met prosa, poësie, teater, musiek en vermaak.
Boland Kelder: Vanaand om 19:00 sing Kobus en Christo Snyman in die ondergrondse proelokaal by Boland Kelder in Noorder-Paarl. Bespreek by Elizma Myburgh, 862-6190.
Melodrama: Môre bied die Ou Meul teater, Paarl 'n melodrama, "Die Vark en die Gousblom" om 19:00. Bespreek kaartjies (R50) by Print Right, 872-7209.
Gedigte: Saterdag by La Motte word daar voorgelees uit gedigte van onder andere Boerneef en ID du Plessis met sang Hanneli Rupert en André Howard. Kaartjies (R80) by Angela, 876-3119.
Simonsvlei Kelder: Sondag om 11:00, tree die Namib-teatergroep met hul poësie-program "Al op die olifanttrop se spoor" in Simonsvlei se Paragon Kelder op. Met woord, spel en kitaarbegeleiding word jy, met ligte humor tot ernstige oomblikke van nostalgie, meegevoer oor die vlaktes van Namibië. Kaartjies is R25 (glasie wyn vooraf). Skakel Joey Kruger by 863-3040. Opbrengs is vir arbeidsbediening.
Foto's: Tot Saterdag sal 'n foto-uitstalling van die Paarlse argitektoniese erfenis van Wynand Louw, eerste Afrikaanse argitek, in die Laborie Herehuis in Suider-Paarl vertoon word (08:00 tot 17:00).
Navrae:Vir navrae oor Afrikaansweek, skakel Jack Louw (872-3441) of epos afrmus@intekom.co.za. |