|
DIE CYM Immanuel hou vandeesweek hul jaarlikse Jeugnaweek met die tema "Waarom word die jongmense vasgevang in die wêreld?".
Vanaand om 19:30 word daar gepraat oor Vigs, dwelms, aborsie, tienerswangerskappe en misdaad waar alle vrae aan 'n paneel kundiges gerig kan word.
'n Halleluja-opskop vind Vrydag plaas met 'n optrede deur 'n gospelsanggroep.
Saterdagoggend word daar berg geklim en die aand om 19:30 word die "Stukkende Konsert" gehou.
'n Jeugdiens word Sondag om 10:00 gehou en die jeugweek word die aand om 18:00 met 'n dankseggingsdiens afgesluit.
Vir nader besonderhede bel Maxted Coetzee by 862-1934/082-401-9558 of Quinton Williams by 862-0611/083-513-4080. |