|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Wellington brandweerdiens op die toneel en het die bevelvoerder, Robbie Robertson, bystand van die Boland Distriksraad se brandweersubstasie in Hoofstraat ontbied. Swaar dampreuke weens chemikalieë in die brandende laboratoriums het in die lug gehang. Omstanders is versoek om op 'n veilige afstand te bly in geval van 'n moontlike ontploffing. Alhoewel die vlammesee gou onder beheer was, het die brandweerspanne tot 22:30 gespook om die brand te blus. Leerkragte het Sondag tussen uitgebrande lessenaars en boekrakke gesoek na onderwyshulpmiddels wat herwin kon word. Die brand het vermoedelik in 'n chemie-laboratorium ontstaan en vinnig versprei. Inwoners van omliggende huise het verstom die borrelende vlammesee bokant die dak gade geslaan. Klap- en skietgeluide van laboratoriummateriaal en ruite wat ontplof, is ver gehoor. Drie forensiese deskundiges van die polisie het gister uit Port Elizabeth opgedaag en met die hulp van 'n snuffelhond na die oorsaak van die brand gesoek. Tydens 'n noodvergadering die afgelope naweek het die bestuursliggaam van die skool besluit dat die elektriese bedrading van die hele skool nagegaan moet word vir moontlike defekte. Op 24 Junie 1999 het die gemeenskap ook verslae gestaan toe die skool se saal afgebrand het weens 'n elektriese kortsluiting in die plafon. * A wing of Huguenot High was destroyed in a blaze, the second fire at the school in three years. |
|
|
|
|
THE Paarl Post is still one of the largest sold community newspapers in the country, according to the latest figures from the Audit Buro of Circulations (ABC). In the six months from 1 January to 30 June this year, Paarl Post sold an average of 15 525 newspapers per week, up from 15 335 during the second half of last year. Paarl Post has experienced steady growth although a number of other community papers experienced a slight decline in sales due to the weak economic situation in the country. According to the All Media Products Survey (Amps), Paarl Post now has a weekly readership of 92 000, up from 84 000 six months ago. The biggest sold community newspaper in the country is the Springs African Reporter with a circulation of 17 606. Hot on the heels of the Paarl Post is the Rustenburg Herald with sales of 15 513 per week, followed by the South Coast Herald of Natal with a weekly circulation of 14 396, and the District Mail of Somerset West with 12 861. The other bestselling community newspapers are Zululand Observer (12 293), Witbank News (12 130), George Herald (12 114), Die Laevelder in Nelspruit (11 750) and Middelburg Observer (10 079). |
|
|
||||||||||
|
HIERDIE feite is absoluut skokkend, het raadslid André de Villiers (DA) gesê, oor 'n verslag van die Ouditeur-generaal oor munisipale geldsake wat verlede week voor die korporatiewe dienstekomitee van die Drakenstein stadsraad gedien het. De Villiers sê die verslag oor die finansiële state van die voormalige Paarl Munisipaliteit vir die 2000/2001 boekjaar, dui op totale wanbestuur. Deetlefs du Toit (DA) het hom ondersteun: "Daar sal van heel bo af ingegryp moet word. Ons sal die saak tot op die been moet sny, anders sal ons ons openbare plig versuim." Die vergadering is deur twee amptenare van die Ouditeur-generaal bygewoon, wat ook aan die bespreking deelgeneem het. Dit was gou duidelik dat die raadslede nie tevrede is met die antwoorde op die verslag wat deur die munisipale hoof van finansiële dienste, Hennie Barnard, verskaf is nie. Die verantwoordelike amptenare in daardie tyd was Anthony Sauls (stadsklerk) en Joshua Ntsutle (stadstesourier). Raadslid John Maralack (ACDP) het gesê die antwoorde is nie omskrywend genoeg nie: "Ek voel ons moet kennis neem van die verslag en dit terugverwys vir meer omvattende antwoorde." Sy mening is ondersteun deur die res van die komitee. Raadslid Craig Sheldon (ANC) het die manier waarop die verslag toegelig is, as "onrusbarend" beskryf. Dit is belangrik om te gaan kyk na voorkomingsmaatreëls, was rdl Anthea Sheldon (ANC) se mening: "Soos dit hier staan, is dit onaanvaarbaar." "Ons almal deel dieselfde sentimente. Hier is genoeg om 'n mens baie bekommerd te maak," het rdl Du Toit gesê en bygevoeg, "Ek is bang hierdie is die punt van 'n ysberg". Rdl De Villiers het gewaarsku dat die Raad die bewaarder van die publiek se geld is. "Mnr Jacques Carstens (munisipale bestuurder) is verantwoordelik aan die raadslede en hy sal die sweep moet begin klap. "Hier is nie beheer nie; mense word nie tot verantwoording geroep nie." Die komitee het besluit om die saak uit te stel vir 'n maand, sodat 'n meer volledige verslag deur die finansiële departement voorberei kan word. Onder die kwessies wat in die verslag aangeraak word, is dat kontantinbetalings in die bank nie gereeld gedoen word nie. Barnard het verduidelik dat personeeltekorte aan die orde van die dag is, aangesien die transformasieproses nog nie afgehandel is. "Alle departemente is in 'n krisis. Geld staan daar omdat daar niemand is om dit te doen nie." Hiermee saam het die verslag ook melding gemaak van ongenommerde blanko deurslag-masjienkwitansies waarop alle inligting by betaling deur die kwitansiemasjien gedruk word. In geval van kragonderbrekings word dieselfde ongenommerde kwitansies per hand voltooi. Rdl De Villiers wou weet of daar nog ongenommerde kwitansies "rondlê", waarop Barnard se reaksie was: "Ek wil nie nou kommentaar lewer nie." Die Ouditeur-generaal se verslag verwys ook na slegte skuld en sê die punt word elke jaar genoem, sodat daar voorsiening gemaak kan word vir slegte skuld. "Wat kort in die antwoord op ons verslag, is die toepassing van die kredietbeheerbeleid." Raadslid Koos Louw (DA) het gesê: "Slegte skuld kom nie van een jaar se aktiwiteite nie, maar oor 'n tydperk. Moet die mense wat die reserwefondse opgebruik het, nie tot verantwoording geroep word nie?" Die slegte skuld spruit uit die groot getal inwoners wat nie hul munisipale rekenings betaal nie. Raadslid Du Toit het in dié verband 'n paar ontledings van die totale uitstaande skuld van R76,4 miljoen gemaak en aan die komitee voorgelê. Hy het die totale uitstaande skuld per wyk gedeel deur die debiete gehef in Junie vir elke wyk. Hierna het hy die skuld per wyk aangedui in maande agterstallig. Hiervolgens is Wyk 23 (Mbekweni) reeds 35 maande agterstallig, gevolg deur Wyk 25 (Mbekweni) op 34 maande en Wyk 24 (Mbekweni) met 30 maande. "Hoe kan ons hierdie skuld invorder - dit is onmoontlik," was sy mening. Die Ouditeur-generaal verwys ook na die nie-nakoming van wette en regulasies. Hiervolgens het 292 amptenare van die munisipaliteit ten tye van die ouditering (Maart 2001) 'n bedrag van altesame R627 349 geskuld aan agterstallige eiendomsbelasting en diensgelde. Die wet bepaal dat 'n personeellid nie langer as drie maande agterstallig mag wees nie, waarna enige uitstaande bedrae van sy salaris afgetrek kan word. Strydig met die Raad se kredietbeheerbeleid wat bepaal dat dienste by wanbetaling gestaak moet word, het 18 raadslede R87 795 geskuld met die oudit. Volgens die verslag is geen stappe gedoen om die geld te verhaal nie. Barnard sê in sy antwoord: "Kredietbeheer word wel toegepas op amptenare asook raadslede deur die afskakeling van elektrisiteitstoevoer of oorhandiging aan ons prokureurs vir invordering. "'n Probleem wat wel ervaar word, is dat van ons amptenare hulself onder administrasie plaas, met die gevolg dat nie teen sulke amptenare nie opgetree mag word nie." Rondom raadslede was daar nog 'n aanmerking in die verslag: "Strydig met die deernissubsidie-voorwaardes, word deernissubsidies (bedoel vir hulp aan armlastiges om hul munisipale rekenings te betaal) aan twee raadslede betaal. Daar blyk derhalwe 'n leemte in die stelsel te wees met betrekking tot die toestaan van deernissubsidies". Barnard sê in sy verslag die subsidies aan raadslede is gestaak. "Die beheer oor die toestaan van subsidies is baie moeilik en sal verder ondersoek word." * The Auditor General has expressed grave concern at the lack of financial control experienced at Paarl Municipality during the 2002/2001 financial year. |
|
|
|
|
BOERE wat onwettig drank aan arbeiders verskaf, gaan vasgevat word. Dit is duidelik uit polisie-optredes soos dié waar SJ (Siem) Basson van die plaas Nuwedrif, Noorder-Paarl, van handel in drank sonder 'n lisensie aangekla is. Drie vlekvrye staal tenks met 'n totaal van meer as 7000liter ongefortifiseerde wyn is op sy plaas ontdek. Die wyn is op Worcester aangekoop en na bewering met water en suiker verdun en in papsakke en bottels verkoop. Daar is ook beslag gelê op 2000 leë bottels. Die tenks is deur amptenare van doeane en aksyns verseël en word slegs in hul teenwoordigheid oopgemaak wanneer Basson die inhoud moet nagaan sodat dit nie sleg word nie. Daarna word dit weer verseël. Borg van R200 is aan Basson toegestaan toe hy in die Paarl landdroshof verskyn het. Die saak is tot 30 Augustus uitgestel. Dit is nie die eerste boer in die Paarlvallei wat die afgelope tyd vir 'n oortreding van die drankwet in hegtenis geneem word nie. In November verlede jaar het Lambert Smit en sy suster Marissa Mouton, kinders van die bekende wingerdboer Bertus Smit van die plaas Vondeling in Agter-Paarl, elk 'n skulderkenningsboete van R1 500 betaal. Beslag is toe gelê op 'n groot wyntenk, 'n wyntapmasjien en meer as 70 kanne wyn. * Paarl farmers are being prosecuted for illegal liquor sales. |
|
|
|||||||||||||
|
LOOKING up a telephone number in the phone directory can be a daunting task. But when the pages of the new directory are soggy after being left in the driveway or in the street in pouring rain, it's a messy business. A good deal of Paarlites found their directories Monday afternoon and some only on Tuesday morning laying in a puddle of water on the pavement or somewhere in the driveway, where it's been delivered. One shocked resident of Denneburg said that she received a whole bundle of directories. "The books were just dumped in front of the houses and left there for the residents to pick up. Luckily my neighbour kindly put mine in a safe place," she said. Residents of Deneburg were the lucky recipients of two separate deliveries of directories, delivered on two separate days by a minibus with a CA registration number. Vagrants had a field day, picking up the books to sell as scrap paper. |
|
|
|
|
THE man who raped the 10-year-old friend of his sister in Mbekweni, was sentenced to 20 years imprisonment by a Cape Supreme Court judge last week. Thando Gubisela (26) had been found guilty in the Paarl regional court of sending his little sister on an errand and then raping her friend at their home in Phola Park. The case was then remanded for sentencing in the supreme court. Young girls assaulted * An eight-year-old girl was attacked and indecently assaulted by an 11-year-old boy in Phola Park on Sunday. The girl told the police she had been playing in a park at 16:00 when three boys chased her. Two held her down while the third tried to rape her. * A 16-year-old girl was abducted from a games centre in Carterville early on Sunday night and dragged to the nearby railway line where she was raped at knifepoint. Police suspect the rapist could be the same man who was recently acquitted on rape charges in the Wellington regional court when he was positively identified, but traces of semen could not be found on the victim. * In two other cases reported to the Wellington police at the weekend, a 10-year-old girl accused her father of indecently assaulting her. Two sisters, aged 11 and 12, told police that a boarder in their mother's home had sexually molested them. |
|
|
|
|
DIE afgelope naweek het geweld in die Paarlvallei hoogty gevier terwyl inwoners in die ongewone warm weer op straat en by drinkplekke gekuier het. Op Wellington het 'n vrou en 'n man gesterf, in Paarl-Oos is vyf mense vermoor, in Mbekweni is 'n man doodgesteek en in die Paarl is 'n vrou vermoor. * Op Wellington is 'n man in aanhouding nadat sy vrou Vrydagaand met 12 messteke doodgemaak is en 'n vrou wat haar te hulp gesnel het, twee keer in die maag gesteek is. Lisa Gouws (43) het om 10:00 van haar werk as winkelassistent by die Midway supermark in Hoofstraat na haar woning op die werf van Uitkykstraat 14, Newton, teruggekeer. Sy het die veel jonger, werklose Riaan Gouws (28) glo besope aangetref en 'n argument het ontstaan. Lisa het in die woning gesterf, met elf messteke in haar rug en 'n messteek in die bors. Die eienares van die hoofhuis, Mardayh Abrahams, is aangeval toe sy haar probeer help het. Sy is geopereer en sterk in die Paarl Hospitaal aan. Gouws het al in verskeie aanrandingsake in die Wellington landdroshof verskyn, met Lisa as klaagster. Sy het onlangs 'n interdik gekry dat Gouws nie geweld teen haar mag gebruik nie. Lisa se enigste dogter, Brenda Oranje (23), sê haar ma sal te ruste gelê word in Upington, waar hulle gewoon het voordat hulle na die Boland getrek het. Brenda het saam met haar moeder as kassiere by die Midway gewerk. Die ondersoekbeampte, insp Biga Jones, gaan 'n borgaansoek teenstaan. * In 'n ander moord op Wellington het Pieter Heyns (39) van Stadsig kleinhoewe aan die Bainskloofpad, aan 'n steekwond gesterf. Volgens sy houvrou, Magrieta Franke, het Heyns verdagte geluide in die donker huis gaan ondersoek. Toe sy kort daarna hoor hoe hy kreun, het sy die ligte aangeskakel en hom bebloed kry lê. Ná ondervraging het insp Niel de Lange vir Franke in hegtenis geneem. * In Paarl-Oos het 'n bendelid, Hentley Dombas van Springbokwoonstelle 20D, Vrydagnag met drie koeëls in sy liggaam gesterf. Hy het in Ribbokstraat uit 'n smokkelhuis gekom toe hy in die kop geskiet is. * Jungelo Mgabaske van Bonitastraat 21, Smartietown, is Vrydagnag met 'n mes buite 'n sjebeen doodgesteek. Insp Steven Reid versoek dat getuies van die moorde hom skakel by 807-4000. * Vrydagnag het twee broers van Kiewietwoonstelle F2 mekaar by 'n smokkelhuis in Janfiskaalstraat, Amstelhof, getakel. Monique Abrahams het aan meswonde gesterf en sy jonger broer (19) is in hegtenis geneem. * Saterdagaand is Jacobus Martin van Springbokstraat dood gekry op 'n trap 10m van 'n smokkelhuis in Bontebokstraat. Hy was vroeër die aand in 'n argument daar gewikkel. Die verdagte is met 'n meswond in die kop aangekeer. Die verdagtes in dié twee moorde is reeds deur speur-insp Simon Fredericks voor die Paarl landdroshof gebring. * Die houman van Magdalene Bosman van Amosstraat 37, Greenfields, het Sondagoggend om 03:00 glo wakker geword en haar dood langs die bed aangetref. Sy het aan steekwonde in haar kop gesterf. Insp Russel Roux ondersoek die saak. * 'n Man wat Saterdagmiddag in die Chris Hani woonbuurt 'n oproep uit 'n telefoonhokkie in Pinzistraat gemaak het, is deur drie jeugdiges met 'n mes aangeval. Marva Dayntyi (43) was om 12:00 by die telefoonhokkie sowat 100m van sy woning te huis 2077 toe hy beroof is. Hy het teruggestrompel na sy huis, waar hy oorlede is. |
|
|
|
|
PAARL speurders is op die spoor van drie gewapende rowers wat Donderdag verlede week 'n bakkery-assistente in Daljosafat van R4 500 beroof het. Die slagoffer het aan insp Victor Carolls vertel dat sy kort voor 12:00 alleen in die kantoor van Jepsa Bakkery in De Vreugdestraat was toe drie mans haar oorval het. Een van die mans het 'n silwerkleurige vuurwapen deur die sekuriteitstralies op haar gerig en haar gedwing om die kluis oop te sluit. Die aanvallers het die telefoonprop uitgetrek en haar in 'n toilet toegesluit. Werknemers van die firma langsaan het haar noodkrete gehoor en haar bevry. Ooggetuies kan insp Carolus by 807-4000 skakel. Dalk herken iemand een van die rowers, 'n lang man met 'n ronde gesig wat tydens die rooftog 'n grys mus gedra het. |
|||||
|
|||||