safetop
ppostgothic
uitlefstreep

Wednesday 15 December 2004

uitlefstreep

This site will be updated on 22 December 2004.

Aida
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost

 

Business - Sakenuus


Kies self balke vir jou huis

[ Top ]


DAAR is plekke waar jy jou eie boks aarbeie kan pluk. Jy kan deesdae selfs druiwe uitsoek om jou eie wyn te maak. En buite die Paarl kan jy nou ook jou bloekomboom kies om die balke in jou nuwe huis te word.

Warren en Adéle Atkinson het 'n erf by die nuwe ontwikkeling by Slot van die Paarl, Waterpoel de Windmeul, gekoop en begin vroeg in die nuwe jaar hulle huis bou. Volgens die argiteksriglyne in dié eksklusiewe ontwikkeling moet hulle huis 'n strooidak kry.

Die ontwikkelaar, Fanie Theron, het hulle na 'n bloekombos langs die Bergrivier geneem vir 'n besondere ervaring.

HOUT. Warren en Adéle Atkinson brand hul voorletters in 'n hout- balk vir hul nuwe huis by Water- poel de Windmeul.

Hulle kon 'n lekker groot, regop bloekomboom kies. Dit is toe afgesaag en volgens die spesifieke ontwerp van hulle huis in balke opgesaag. Hulle voorletters is daarna in die balke ingebrand.

Volgens Warren, 'n verkoopsbestuurder van Kaapstad, was dit 'n ongelooflike ondervinding.

"Ons het self ons voorletters in die hout ingebrand wat as oop balke en lateie bokant die deure van ons droomhuis gaan pryk. Die fondasies is nog nie gegrawe nie, maar ons kan reeds die gevoel van die dak oor ons koppe kry.

"Om 'n reuse boom in die bos te sien val, is hartseer, maar ons bring die bos in ons huis in. Die bloekombome op die rivier moet in elk geval uitgekap word omdat dit te veel water gebruik."

Argitek Chris de Hart verduidelik dat bloekomhout ideaal geskik is vir die Wes-Kaapse plaasopstal-styl wat by Waterpoel gebruik word.

"Die baie sterk bloekomhout sal siel en warmte in die huise skep. Dit is hout wat tradisioneel in Suid-Afrikaanse huise gebruik is.

"Ons wil juis trots in ons eie argitektuur bevorder en nie vreemde style probeer naboots nie."

* People who have purchased property in Windmeul outside Paarl have the opportunity to select the trees from which their beams are cut, and put their personal brand on them.


New Street closure will be 'disaster'

[ Top ]


THE proposed closure of the lower end of New Street, Paarl, to create an informal trading area, is impractical because of the limitations on deliveries to conventional businesses and the blocked access for taxis.

"It will be a disaster," says Errol Kaufman, store owner.

"Somebody would have to be permanently guarding the access to the 'delivery road' of two metres wide squeezed between the hawkers' stalls and the backs of the shops, so that no taxis or other vehicles block the entry."

In a letter to the Municipality, he also expressed his concern on the loss of the taxi route through New Street.

"This will change the whole dynamics of the formal businesses for the worse.

"For the last six years the taxis have been parking here and have had a definite impact on the movement of customers in the New Street area."

Kaufman has also complained on numerous occasions about the mess in New Street and has asked for more refuse bins to be put out for public use.

"After numerous visits to the municipal building to try and get the officials to do something about it, I have come to the conclusion that New Street is not a priority in Paarl.

"I believe that the whole plan to move the hawkers, is so that the Paarl Central Business District Development can come to fruition.

"I can't help but think that we at the lower end of Lady Grey Street and in New Street are being asked to bear the brunt of a long overdue urban renewal."


WPK betaal R10,3 miljoen uit

[ Top ]


TEN spyte van een van die droogste jare in die geskiedenis, en bykomend daarby lae pryse wat deur produsente behaal is, het WPK self 'n goeie jaar beleef. 

Dit is die trant van die voorsittersverslag wat deur George Eksteen, Voorsitter van WPK Beleggings met sy hoofkantoor op Malmesbury, tydens die algemene jaarvergadering op 2 Desember gelewer is.

Ondanks 'n matige groei van slegs 4,7% in omset, het WPK se wesensverdienste toegeneem met 58% tot R43,7 miljoen. 

Aandeelhouersbelang as persentasie van totale bates het toegeneem tot 42,9% en rentedraende skuld beloop 27,8% van totale bates aangewend.

Volgens Eksteen is die verbeterings toeskryfbaar aan hoofsaaklik nie-bedryfsaktiwiteite soos laer rentekoerse en inkomste uit beleggings asook kostebesparings. 

WPK is die grootste enkele aandeelhouer in Pioneer Voedselgroep wat oor die jaar ook uitstekend presteer het.

WPK het vanjaar die eerste keer 'n dividend van R5 miljoen verklaar. 

Eksteen het ook tydens die vergadering aangekondig dat die Direksie besluit het om die skuldbriewe van lede terug te betaal wat die totale uitkerings aan lede op R10,3 miljoen te staan bring.

Corwyn Botha, Besturende Direkteur, het in sy rede gesê dat die huidige sterk randwisselkoers groot druk op landbouprodusente plaas en dat produkpryse onder druk gaan bly. 

Die groot uitdaging gaan wees om, indien en wanneer die mededingingskommissie die beoogde samesmelting met Boland Agri in 'n nuwe Kaap Agri goedkeur, die sinergisme van die twee ondernemings saam te voeg tot voordeel van produsente en aandeelhouers.

WPK verwag die uitslag van die mededingingskommissie vóór einde Januarie.

Die pas afgelope graanoes in WPK se gebied was weereens ondergemiddeld, alhoewel produsente nie heeltemal so erg getref is soos die meer noordelike deel van die Swartland nie. 

Daar is egter ook gebiede waar die oes as swak beskryf kan word en teen die huidige pryse realiseer produsente tans kwalik sowat R1000 per ton.


Award for best small hotel

[ Top ]


THE well-known Le Quartier Francais guesthouse in Franschhoek has been adjudged the best small hotel worldwide in the prestigious annual travel awards of the British magazine Tatler.

The Cape Grace in Cape Town was adjudged the best city hotel in the world during the same competition.

The results are published in the magazine's annual Travel Guide which lists the best 101 hotels in die world.

Say the judges: "Susan Huxter has created a haven within adorable gardens that just happens to have some of the best food on the planet.

"Last year Margot Janse was voted the top chef in South Africa out of 100 competitors. Her cooking has nothing to do with posh nosh and everything to do with what is fresh and local.

"She cooks because she loves to cook and has a 20-woman team; her kitchen is like a southern-hemisphere River Cafê."

"Huxter has achieved the remarkable feat of making le Quartier Francais both a retreat and a vibrant part of the Franschhoek scene. And she has the best shop in any hotel anywhere."


[Top]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@paarlpost.co.za  

[ Top ]