|
DIE Paarlse Bybel Opleidingsentrum in Rosestraat hou 'n registrasie- en inligtingsaand op Dindag 21 Januarie.
Die Bybelskool is 'n kampus van Christian Life Training wat geakkrediteer is by SAQA en 'n sertifikaat, diploma en BA-graad in bediening word aangebied.
Studente by die skool kom uit 'n wye spektrum van kerke en kursusse is suiwer Woord-gebaseerd.
Die skool maak gebruik van die fasiliteite van die Lig en Lewe Selkerk in Rosestraat. Die klasse word op Dinsdagaande aangebied en begin op 4 Februarie.
Navrae by Denmarié Young, 872-4102 of 083-452-6942. |