safetop
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday 16 January 2003

uitlefstreep

This site will be updated on: 23 January 2003 at 17:00

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

Nuus - News


Rou ná ramp

Malané Bosman

[ Top ]


wtoneel16DIE angs van die nag van 7 Januarie, toe hul geliefdes ná die treinramp by Muldersvlei nie opgespoor kon word nie, en die hartseer die volgende oggend by die lykhuis, lê vlak in die oë van die naasbestaandes en vriende.

Dis veral die gemeenskap van Wellington wat in rou gedompel is, met sewe van hul

mans, vroue en seuns wat nie meer by hulle is nie.

Genadiglik, sê die oorlewendes, was die trein nie propvol soos altyd nie. Die werkseisoen was nog nie in volle swang nie.

Paarliet Pieter Visser het in die vyfde wa die slag gevoel en gesien hoe die tweede wa eers regs oor spoor ruk, teen 'n paal

RAMPTONEEL. Die treindrywer is steeds vasgepen in die stuurkajuit, verfrommel teen die goederewa waaruit mielies nog stadig drup. Reddingswerkers ondersteun beseerdes en spoorwegpersoneel beweeg stom tussen slagoffers wat vermink in die bosse lê onder die wiele van die ontspoorde tweede wa van Metrorail passasierstrein nommer 3531.

vasslaan, en toe links oor die spore skuur en die bosse inbars.

"Ek het in die chaos geloop en die drywer vasgepen gekry in die stuurkajuit.

"Hy het beduie dat ek hom moet uithelp, sy voet sit vas, maar ek kon niks doen nie, ek kon net praat om hom kalm te hou.

"Die goederetrein het hom voor vasgedruk, en die agterkant van die stuurkajuit was tot teen sy rug.

"Hy het langs sy stoel gestaan toe die slag kom. As hy gesit het, was hy dood."

Die drywer, Mervyn Minnaar van Wellington, is eers ná drie uur bevry en word steeds in die hospitaal vir linkerbeen beserings behandel.

"Anders as party drywers het hierdie man die trein rustig gery en ons wonder vandag, was die sinjale nie groen vir ons trein nie?" sê Visser.

Paarliete en Wellingtonners het die aand vertwyfeld na hul naasbestaandes begin soek toe hulle nie tuis gekom het nie. Eerste nuusberigte het nie die vertrektyd van die gedoemde trein genoem nie, en verwarring is wyd gesaai.

Pendelaars op later treine was met die versperde treinspoor gestrand, en het eers laatnag met ander vervoer by hul bestemmings opgedaag.

"Ons het by die hospitale gaan wag. Die lyste van beseerdes het ingekom en ingekom, maar daar was geen naam soos ons kind s'n nie," het 'n familielid vertel.

"Deur die nag het ons gebel. Ons het bly hoop dat sy dalk aan geheueverlies ly en nie haar naam kan onthou nie. Toe kry ons haar die volgende dag by die Paarlse lykhuis."

Nooddienswerkers is wyd geloof. Byna 100 pendelaars is op die toneel behandel, waarvan 49 met ambulanse en per helikopter na hospitale vervoer is.

So ook is die diens deur personeel by die hospitale en die polisie lykhuis in die Paarl, dankbaar deur beseerdes en naasbestaandes erken.

By die Paarl Hospitaal is 33 beseerdes tegelykertyd aangebring terwyl daar by Medi-Clinic 40 pasiënte behandel is.

Hospitaalonkoste en begrafniskostes word deur Metrorail gedek, terwyl verdere finansiële vergoeding sal volg.

"Niks kan ons geliefdes terugbring nie, maar nou kan ons hulle immers na behore laat rus," het gesinslede gesê.

"Ons ken mekaar. Ons weet hoe die ander voel, met 'n leë plek in hul huise."

Die enigste onbekende oorledene is sekuriteitswag Ndunyelda Buta (22) van Khyalitsha.

* The community of Wellington and Paarl grieve for loved ones who were killed and injured during the train derailment at Muldersvlei on January 7.


Seuntjie in sloot verwurg

Malané Bosman

[ Top ]


wsloot16DIE liggaam van 'n seuntjie is in 'n koejawelboord op 'n plaas in Klein Drakenstein ontdek, twaalf uur nadat hy verdwyn het.

Damian Scheepers (3) van Amstelhofplaas is verwurg en leweloos onder grasse in 'n sloot versteek.

Die seuntjie het verlede Sondagaand saam met 'n halfsuster, Maurinda (17), by 'n arbeiderswoning televisie gekyk

toe hy verdwyn het.

Kennisse het later vertel dat hulle sy moeder se vriend, Gerald Pietersen (36), in die omgewing van die huis opgemerk het.

MOORD. Colin Adams en Maurida Scheepers met klein Colleen Adams op die arm, staan verwese by die sloot waar die liggaam van Adams se vermoorde seuntjie (inlas) ontdek is.

Hy het glo vroeër gedreig om sy vriendin "iets aan te doen". Mina Scheepers was egter die aand nie tuis toe hy daar opgedaag het nie.

Pietersen is die aand van die seuntjie se verdwyning as verdagte aangehou. Hy het die volgende oggend die polisie na die moordtoneel gelei.

"Ons het die heel nag deur gesoek, en die volgende oggend het ons tot naby die sloot verbygeloop en roep na die kind," vertel sy hartseer vader, Colin Adams.

Pietersen is onlangs van aanranding op Damian se ma aangekla, asook brandstigting toe haar woning op die Amstelhofplaas aan die brand gesteek is. Die klagtes is deur haar teruggetrek.

Hy het verlede week benewens die moordklag ook op 'n aanklag van saakbeskadiging verskyn nadat die ruit van 'n motor die naweek toe Damian vermoor is, uitgeslaan is.

Pietersen bly in aanhouding.

Benewens sy ouers word Damian oorleef deur sy 18 maande oue sustertjie, Colleen, en vyf halfbroers en susters.

* A three-year-old boy is strangled and his body left in a guava orchard in Klein Drakenstein.


Student verlam na val in berg

Marié Smidt

[ Top ]


VIR 'n jong man wie se hele lewe voorgelê het, het 2003 tragies begin met 'n ongeluk in Du Toitskloof die dag ná Nuwe Jaar.

Ronny Srnka, twee jaar gelede 'n A-kandidaat aan die Hoër Jongenskool Paarl en nou 'n student in rekenaarprogrammering, het verlede Donderdag saam met 'n ou skoolmaat, Peter Neokorides, in Du Toitskloof gaan stap.

Dit was nie 'n besonder steil klimtog nie en hulle het die tyd verwyl met foto's neem van die mooi omgewing.

Die ongeluk het op die pad ondertoe gebeur. Ronny het aan 'n rots vasgehou toe dit losgekom en hy geval het. Hy het aan plantegroei probeer vasgryp, maar het uiteindelik 50m ver van 'n krans geval.

"Ek kan nie beskryf hoe dit gevoel het toe ek my maat sien val nie," sê Peter.

Toe Peter besef Ronny het sleg seergekry, het hy ondertoe gehardloop om hulp te ontbied, aangesien daar geen selfoonsein in die berg was nie. Twee van hul vriende het onder gewag en het die paramedici van 'n plaas daar naby ont-bied.

Ronny is per helikopter uit die berg na die wagtende ambulans op die plaas geneem.

By die Paarl Medi-Clinic is hy gestabiliseer en later na die Southern Cross Hospitaal in Wynberg oorgeplaas.

Ronny het sy rug, arm en knie gebreek. 'n Rugoperasie is reeds op hom uitgevoer en tans is hy van die middellyf af ondertoe verlam.


Baby drowns in parents' pool

[ Top ]


THE two-year-old son of a prominent Mbekweni businessman drowned in the family's swimming pool last week.

Max Kweleta was not in Paarl and little Xhanti was in the care of a housekeeper when he disappeared at 18:00 last Thursday.

A neighbour's son found Xhanti in the Kweleta's swimming pool at their B170 home adjoining the service station.

How he managed to find his way to the pool, remains a mystery.

He was fished from the water, attended to by medical personnel and rushed to hospital, where the little boy died.

He is survived by his parents, Max and Pumela, brothers Wandile (6) and Mpelo (eight months).

* The mother of a four-year-old boy drowned in a dam on the Easthill farm at Klapmuts on Sunday January 5. Francis Williams (31) of 7 Jack Street, Klapmuts, disappeared under the water while swimming. Her body was recovered by police divers.

* Filomon Wagner (31) of Smartietown died at 16:00 on Sunday when he drowned in a dam on the Non Pareille farm in Groot Drakenstein.

A friend, Kallie Veldsman, told police how he had tried in vain to rescue the man after he had gotten into difficulty while swimming.

Police divers retrieved the body from the water.


Kinders sterf in ongelukke

[ Top ]


DIE Paarl het 'n redelike stil feesgety beleef wat padsterftes betref, maar twee jong kinders is in afsonderlike voorvalle deur motors doodgery toe hulle die pad wou oorsteek.

Sophia Kock (13) is Maandag ongeveer 19:05 op die Lustiganpad doodgery, terwyl sy en haar maatjies langs die pad gehardloop het.

Sy het voor 'n aankomende motor beland en is op die toneel oorlede. 'n Verbygaande fietsryer het gestop om haar te help, maar sy was reeds dood.

Hy word dringend versoek om die ondersoekbeampte, insp Ronél Richard by 807-4044 te skakel.

* In 'n ander voorval is 'n vyfjarige seuntjie van Chris Hani Park in Mbekweni, Shaun Msesane (7), op 6 Januarie noodlottig getref deur 'n voertuig op die Vlakkelandpad.

Hy is in die Paarl Hospitaal oorlede.


Brandweer moet bontstaan

[ Top ]


STYGENDE somertemperature laat weer die Paarl brandweer bontstaan, met 159 grasbrande wat in Desember verlede jaar voorgekom het en vir Januarie tot dusver 24.

Sondagmiddag is sowat 27 opslaanhutte in die informele buurt Fairyland in puin gelê, nadat 'n brand uitgebreek het.

Die gesinne is haweloos gelaat, met al hul besittings wat in die slag gebly het.

Mense wat kan help met kos, klere, meubels of boumateriaal, kan raadslid Clara Meyer skakel by 868-1873 of 072-367-1075.

Ook 'n gedeelte van die plaas Steers in Klein Drakenstein het in die slag gebly. Die gedeelte wat afgebrand het, was vir ontwikkeling bedoel.

Verswelgende hitte het inwoners van die Vallei die afgelope maand omtrent laat sweet, met 37 grade Celcius op 1 Januarie en 33 op 5 Januarie.

Soveel so dat inwoners die afgelope naweek alte heerlik in die Bergrivier baljaar het.

Verligting blyk darem op pad te wees, met reënbuie wat vir vandag voorspel word.


Feestyd bring hartseer

[ Top ]


DIE Feesseisoen was vanjaar weer nie sonder sy kwota geweld en hartseer nie.

* Op Kersdag is Siyabulela Samyala (21) doodgeskiet en 'n ander gewond tydens 'n skietery by 'n drinkplek in die Langrug woonbuurt by Franschhoek.

* 'n Man is in Wellington oorlede toe hy uit 'n vyeboom geval het.

* 'n Skietery in Carterville die naweek het daartoe gelei dat 'n man later in die Tygerberg Hospitaal gesterf het.

* 'n Inwoner van Mbekweni wat verlede week na bewering met 'n 5pond hamer aangeval is, het homself met 'n klip verdedig en Mxolisi Skalika (41) teen die kop getref. Skalika is op die toneel oorlede.

* By 'n makietie op 'n sportterrein in Mbekweni die nag van 21 Desember is Bamathi Zaliwa (19) doodgeskiet en 'n ander in die maag gewond tydens 'n stryery tussen inwoners van Mbekweni en gaste uit Kaapstad.

Dit is nog nie vasgestel of dieselfde koeël wat deur die oorledene se kop geploeg het, ook dié was wat in die ander se buik vasgesteek het nie.

Vyf Kapenaars, waaronder twee vroue, is in hegtenis geneem ná die voorval.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za