|
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|
|
WORD weggevoer deur die lusmaker-kabaret "Die Skilder, die Kok en die Engel" wat op Donderdag 24 April om 18:30 aangebied word by 'n Skrywersaand van die Afrikaanse Taalmuseum in die Paarl. Daarin besing die Kaapse kunstenaars Helena Conradie en Delina Lombaard die genot van gedeelde brood, aardse skoonheid en sensuele vreugdes. Die estetiese, die sensuele en die geestelike smelt saam in hierdie program en dit word 'n viering van die kunste. Die program is saamgestel deur Helena Conradie uit verskillende genres: skilderkuns, gedigte, prosa, toonsettings en fyn kookkuns met "toorkuns wel ter sprake", soos een van die karakters in die vertonings sê. "As 'n mens soveel kwaliteit bestanddele in die een gereg gooi, moet dit lekker wees: Skilderye van Eleonor Esmond-White en Cora Coetzee; gedigte van digters soos Boerneef, Hennie Aucamp en Sheila Cussons; prosa van Rita Gilfillan en toonsettings van Coenie de Villiers, Dirkie de Villiers en andere," sê Helena. Sy is verantwoordelik vir die saamstel van die suksesvolle Boerneef CD, "Makie Mooigoed Staan" asook "Ek word tintelend wakker", die CD van Sheila Cussons se gedigte. "Delina Lombaard, wat die musikale sy van die produksie behartig, het 'n sopraanstem wat jou hoendervleis gee," erken Helena. Delina is landwyd bekend as soliste van die Libertaskoor. Sy tree op vir Kunstekaap in musiekblyspele en toonset gedigte. Toegang (R50) sluit verversings in. Bespreek by Liesl, 872-3441. |
|
|
|
|
THE first concert in this year's Nederburg chamber music concerts is on Sunday 27 April. The artist for the first concert is Russian cellist Marc Drobinsky and South African born pianist Marika Hofmeyr. Bookings with Christine Joubert at 809-7473, or dcjoubert@distell.co.za. The ticket price includes a finger supper and Nederburg wines. The concert starts at 17:00. |
|
|
|
|
A GROUP of chorists from the south of France are visiting South Africa to collaborate with several local choirs in a concert to raise funds in support of the Ikhwezi Aids Sponsorship Programme. Ikhwezi (Morning Star in Xhosa) currently aids 28 orphaned children, nine of which are HIV positive. Each child receives R450 per month, while 105 orphans urgently await assistance. The concert takes place on Thursday 24 April at the Mbekweni Community Hall at 19:30. Tickets are R10 (children R5). For tickets, contact Shahida or Thamie on 868-1707 or 868-0842. Choirs participating in the concert include the Mighty Joyous Singers, Mbekweni Black Bafanas and the Frank Pietersen Music School. Since the tour has been sponsored by a French wine-maker, songs on the program include a homage to wine. Several African songs, sure to lift the roof with all the voices singing in unison, will also be sung. |
|
|
|
|
'n OUD-PAARLIET, Vos Reyneke, stel op Vrydag 25 April sy CD bekend by die Goodwood Sportklub. Hy is gebore in die Paarl en het sy laerskoolopleiding by Slot van die Paarl voltooi. Daarna is hy Hoër Jongenskool toe. Kaartjies kos R20 en die vertoning sal gevolg word met 'n dans. Navrae aan Reyneke, 084-770-3422. |
|||
|