|
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|
|
DIT lyk na 'n uitgemaakte saak dat die Sewes-Bok, Eugene Francis wat voorheen vir Korrektiewe Dienste in die Westelike Provinsie rugby gespeel het, voortaan vir die Kavaliers sal uitdraf. Francis het Vrydag sy debuut vir die Boland Kavaliers gemaak in hul Vodacombeker-wedstryd teen die Valke. Volgens Hawies Fourie, afrigter van die Kavaliers, was Francis se spel op skrumskakel een van die min ligpunte van die wedstryd. "Eugene is een van die min spelers met wie se spel ek tevrede was. Hy het die bal vinnig skoongemaak agter die skrums en ook goed druk toegepas op hul skrumskakel," het Fourie hom geloof. Al haakplekke is dat Francis nog net twee oefeninge saam met die Kavaliers gehad het, en dus nie heeltemal vertroud was met die bewegings nie. Daarby het sy ervaring op die sewesveld ook duidelik na vore gekom. "In sewesrugby is die hoofdoel om die bal so beweeglik as moontlik te hou, maar met 15-manrugby is dit nodig om soms die bal vas te maak en 'n platvorm te skep vanwaar jy weer 'n beweging kan begin. Maar dit sal regkom namate hy meer die 15-manrugby speel," het Fourie gesê. Francis se inisiatief en veelsydigheid as agterspeler (hy het buitesenter gespeel nadat die beseerde losskakel, Malan du Plessis, die veld moes verlaat) sal hom 'n groot aanwins vir die Kavaliers maak, het Fourie bygevoeg. "Boland het vir my 'n geleentheid gegee om op 'n gereelde basis provinsiale 15-man rugby te speel," het Francis gesê oor die nuwe rigting wat sy rugbyloopbaan ingeslaan het. Gevra hoe hy sy eerste wedstryd vir die Kavaliers ervaar het, het hy gesê: "Dit kon beter gegaan het, maar ek was 'n bietjie versigtig om net die basiese goed reg te doen." Volgens Piet Bergh, uitvoerende hoof van Boland Rugbyunie, sal Francis se kontrak asook waar hy voortaan sy klubrugby sal speel, vandag tydens 'n direksievergadering bespreek word. |
|
|
|
|
DIE spanne van Pniel Villagers en Korrektiewe Dienste wat altwee vanjaar nuwelinge is in onderskeidelik die Superliga A en Superliga B, het Saterdag hul eerste seges van die seisoen gevier. Op Pniel was dit 'n harde stryd tussen die tuisspan en Kuilsrivier. Die wedstryd is voorlangs beslis waar Villagers die kitaar geslaan het, met Mark Nichols (stut) wat veral uitgeblink het. Villagers wen naelskraap 10-9 danksy twee drieë deur Nichols en Mark Adendorff. Pniel het in sy eerste twee wedstryde teen Universiteit Kaapstad en Tygerberg verloor. In teenstelling daarmee, het Korrektiewe Dienste op Drakenstein die tellinghouer baie werk gegee deur Noordelikes met 42-14 te klop. Ook hier het die voorspelers hard gewerk om die basis te lê, met Irvan Martin (slot) wat in die lynstane sy deel gedoen het. Agter het Carolus Strydom (vleuel) beïndruk met sy kraglopies, terwyl Denver Hendricks op losskakel ook goed vertoon het. KD se drieë is gedruk deur Strydom (2), Martin, Davey de Kock (2), Neil Fortuin en Melvin Mbiko. Hendricks het met twee doelskoppe en 'n strafskop geslaag. |
|
|
|
|
IN 'n poging om vanjaar vir die Boland o.16 en o.18 rugbyspanne te speel, het 26 skoolspanne Saterdag op die Boy Louw veld aan proewe deelgeneem. Volgens een van die keurders, Athol Ontong, kon Hugenote, Stellensig en Desmond Tutu nie tydens die proewe speel nie weens ligaverpligtinge. Dié skole sal hul beste spelers nomineer om op 25 April op Hugenote in proefwedstryde te speel. 'n Groep van 40 spelers in elk van die ouderdomsgroepe is aangewys maar nog nie gefinaliseer nie hangende die komende proefwedstryde. Die uitslae is (o.19): Franschhoek t Kayamandi 3-3, Kylemore t Cloetesville 18-0, Paulus Joubert t Charleston Hill 10-8, Bergrivier t Labori 31-19, Noorder-Paarl t Groendal 3-7, New Orleans t Stellenbosch Hoër 12-10, Weltevrede t Klein Nederburg 13-10. (o.16) Kylemore t Cloetesville 17-0, Charleston Hill t Paulus Joubert 22-0, Bergrivier t Labori 13-10, Groendal t Noorder-Paarl 14-0, New Orleans t Stellenbosch 33-7, Klein Nederburg t Weltevrede 5-0. |
|
|
|
|
DIE rolbalspan van KWV is die SA-klubkampioenspan vir 2003 nadat hulle die afgelope twee weke in Kaapstad met 270 ander spanne van oor die land afgereken het. Die spankompetisie is eers gespeel waar afdelings van 10 spanne elk op 'n rondomtalie-basis teen mekaar meegeding het. Daarna het afdelingwenners op 'n uitklopbasis teen mekaar gespeel. Die KWV-span het 14 wedstryde gespeel, 13 gewen en een in die afdeling verloor. In die eindstryd het hulle die span van Glen Country Club in Kaapstad met 22 teen 21 geklop. Ook die half- en kwarteindrondes was naelbytseges. In die pare is Lambrechts en Van der Merwe in die laaste 16 uitgeskakel, nadat daar aanvanklik meer as 400 pare was wat deelgeneem het. |
|
|
|
|
DIE veerpylspan van Acme het weer gewys dat hulle 'n moeilike span gaan wees om te klop toe hulle die Mount View Memorial Trofee verlede week ingepalm het. Slegs naaswenners Independent Flyers kon Acme klop, maar tog nie verhoed om dié toernooi te wen nie. Die span van Mount View kan net hulself blameer vir hul nederlaag teen Allandale. Verbroude toemaakkanse het daartoe gelei dat Allandale die Elbring Memorial Trofee voor hul neuse weggeraap het. Boland se senior spanne het Saterdag vir Tygerberg Unie behoorlik laat les opsê. Die A-span het 7-4 gewen terwyl die B-span met 9-2 geseëvier het. Bob Marais het 'n 180 gegooi. Hoewel die vroue A-span 3-4 verloor het, was die hoogtepunt van die wedstryd toe Christal Herklaas die syfer 78 met 'n kolskoot toegemaak het. Die junior spanne het ook hul wedstryde op Malmesbury teen Swartland en Hottentots-Holland gewen. Die seuns A-span het seges van 5-2 en 4-3 behaal terwyl die B-span 4-3 gewen en 5-2 verloor het. Die meisies het albei wedstryde 6-1 gewen. Die Bolandse Juniorliga begin op 25 April om 15:00 by die Ambagsvallei Sportsentrum. |
|
|
|
|
ALTHOUGH rain made for difficult playing conditions on Saturday, convincing victories surely warmed the hearts of the first and over-35 teams of Paarl Soccer Club. The Over 35's dealt Clyde Pinelands a thrashing 6-0 blow, while the second team lost 1-0 to Fish Hoek in a very tight contested match. The highlight of the day was Paarl's 2-1 victory over Fish Hoek. In a nailbiting game midfielder Duane de Waal put his team in the lead by scoring in the 35th minute. In the 20th minute of the second half, Fish Hoek equalized. With the teams equally balanced at this stage, the game could have gone either way. Paarl however, increased their pace launching one attack after another. An opportunity presented itself when De Waal once again had a brilliant shot at goal. The goalkeeper could not get it under control and Stuart Minnaar (midfielder) was quick to follow up and secure his team's second goal and the decider of the match. At the other end of the field, goalkeeper Dale Ross kept Paarl's nose in front, defending like a demon. This awarded him the title of man of the match. The Paarl backs Miles Minnaar, Johan Adams, Lance van Eeden and Wayne Mitchell also played very well. |
|
|
|
|
DIE nat weer het Saterdag beslis die sprankel van Albions se spel geblus, en die span se gebrek aan aanpasbaarheid het hom teen Strand United duur te staan gekom. Die hewige reën het Albions op die Daljosafat-veld verhoed om sy gewone hardlooprugby te speel en hoewel hulle vier versekerde drieë weggegooi het weens swak hantering, het die Paarliete redelik goed begin. Goeie samespel deur die voorspelers het in die eerste vyf minute tot 'n drie gelei toe Albions se kaptein, Roderick Allies (slot), na 'n losgemaal net buite die kwartgebied wegbreek. Hy gee vir Warner November (haker) wat sowat 15 meter hardloop na die doellyn. November het weer 'n aandeel gehad in die volgende drie toe hy 'n vaskop haak en Strand United op die agtervoet sit. Die agterlyn kry die bal en losskakel, John Stevens druk. Lincoln du Preez (12) verdoel om die rustydtelling op 12-0 te bring. In die tweede helfte val Albions letterlik vas. Pleks van die spel vertraag en met die voorspelers te speel, het die tuisspan wyd gespeel. Die gevolglike hanteringsfoute is deur die besoekers uitgebuit en hulle teken 18 punte aan om die stryd te wen. Die tweede en derde spanne wen 10-0 en 3-0. In die wedstryd tussen Young Standards en Peninsula ook op Daljosafat het die besoekers, met 'n swaarder pak gesag afgedwing. Die skopskoen van die Standards se Enrico Davey (heelagter) het egter die eerste punte vir die tuisspan beteken, na 'n strafskop. Volgehoue druk en goeie opvolgwerk het die hardwerkende stut, Moses Olyn, met 'n drie beloon. 'n Drie deur Charl Hendricks (senter) en verdere sukses deur Davey help Standards na 'n 17-0 voorsprong met rustyd. Die reën het verseker dat Peninsula se agterlyn nie op dreef kon kom nie, met aanvalle wat skipbreuk lei. Met 'n kwartier oor druk Brandon van Schoor (vleuel) ná 'n skitter solo-poging waar hy vanaf die halflyn breek en ses teenstanders met sy voetwerk uitoorlê. Standards se poging verflou egter hierna en hulle laat heelwat kanse deur hul vingers glip om 'n vierde drie te druk vir 'n bonuspunt. Selfs die vars bene van Joseph Arries (plaasvervanger-agsteman) kon nie die tuisspan enduit aanspoor nie. Peninsula kom terug en druk twee drieë vir 'n eindtelling van 25-14. Die uitblinkers vir Standards was die flanke Lee Scholtz (kaptein) en Aldino Davids asook Olyn en Johan van Zitters (haker). Die tweede en derde spanne het 26-0 en 7-6 verloor. |
||
|