|
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Wellington Kampus Jan van Riebeeckstraat Wellington Die volgende vakatures vir deeltydse dosente bestaan by die Wellingtonse Kampus. LEKTOR Xhosa: Kommunikasie vir Afrikaanssprekende onderwysstudente Hierdie betrekking is geskik vir 'n persoon met 'n BA-graad (Xhosa tot op derdejaarvlak) plus 'n onderwysdiploma. Die kontrakbetrekking (ongeveer 20 uur per week) is vanaf die begin van Augustus tot die middel van Oktober 2003 beskikbaar. LEKTOR Ondernemingsbestuur vir B Ed: VOO: Ekonomiese- en Bestuurswetenskappe Hierdie betrekking is geskik vir 'n persoon met 'n B Com-graad (Ondernemingsbestuur/Bedryfsekonomie tot op derdejaarvlak) plus onderwysdiploma. Die kontrakbetrekking (3 ure per week) is onmiddellik tot middel van Oktober 2003 beskikbaar. Sluitingsdatum: 31 Mei 2003 Stuur u CV aan: Die Kampusbestuurder, Kaapse Technikon: Wellington Kampus, Privaatsak X8, Wellington, 7654. Navrae: Mnr V Landey Telefoon: 864-5203. |
||||
|
||||