safetop
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday 16 May 2002

uitlefstreep

This site will be updated on: 23 May 2002 at 17:00

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

Arts - Kunste


wgrease20AKTEURSPAAR. Marné van der Burg (Sandy) en Eduard Beukes (Danny) vertolk die hoofrolle in die opvoering van die musiekblyspel "Larries take on Grease" wat van 22 tot 24 Mei by La Rochelle Hoërskool opgevoer word. Eduard en 15 ander leerlinge is vir die opvoering "geleen" by Hoër Jongenskool Paarl. Altesame 70 Larries tree ook op. Kaartjies kos R30 by La Rochelle by 872-4367.


Kamermusiek vir die winter

[ Top ]


DIE gewilde kamermusiek-konsertreeks wat jaarliks gedurende die wintermaande by die Nederburg Wynlandgoed buite Paarl aangebied word, begin weer Sondag  met 'n uitvoering deur die Michaelis Klaviertrio - Lucia di Blasio Scott (viool), Barbara Kennedy (tjello) en Lisa Garson (klavier).

Die konsertprogram is soos volg: Haydn se Klaviertrio no 6 in D majeur, Mendelssohn se Klaviertrio in d mineur, opus 49, Joaquin Turina se Circulo Fantasia en Astor Piazzolla se Vier Seisoene.

Die Nederburg kamerkonserte begin om 17:00. Nederburg vonkelwyn word tydens pouse bedien en 'n ligte vingerete na afloop van die konsert. Bespreek by Alanie Steenkamp, 809-7473.


Tjellis op La Motte

[ Top ]


DIE leiertjellis van die Kaapse Filharmoniese Orkes is die solis in die konsert op Saterdag 25 Mei op die La Motte Wynlandgoed buite Franschhoek.

Peter Martens, ondersteun deur Albie van Schalkwyk, tree om 19:00 in die Ou Wynkelder op hierdie historiese landgoed op.

Die uitvoering begin met JS Bach se Vierde Suite vir Onbegeleide Tjello, gevolg deur F Schubert se "Arpeggione" Sonate vir Tjello en Klavier, en die Sonate in d mineur van D Shostakovich.

Die uitvoering sluit af met A Piazzolla se ongewone, virtuose werk vir tjello en klavier, Le Grand Tango.

Kaartjies, wat 'n vingerete en landgoedwyn na afloop van die uitvoering insluit, is beskikbaar by Angela, 876-3119.


Fees van orkesmusiek

[ Top ]


'n REEKS konserte deur ensembles verbonde aan die US Departement Musiek word van 17 tot 25 Mei op Stellenbosch aangebied. 

Eerste aan die beurt is Konsubrass met 'An Evening of Class Brass' môreaand om 20:00 in die Fismersaal. Op Dinsdag 21 Mei om 13:15 tree die Stellenbosch Simfoniese Blaasensemble in 'n gratis etensuurkonsert in die Endlersaal op.

Op Donderdag 23 Mei om 13:15 tree die US Simfonie-orkes in 'n gratis etensuurkonsert in die Endlersaal op.

Die program bestaan uit hoogtepunte van die aandkonsert om 20:00 dieselfde aand.

Die laaste konsert is Saterdag 25 Mei om 20:00 in die Endlersaal met die US Simfoniese Blaasensemble.

'n Herhaling van die konsert deur die US Simfonie-Orkes vind op Vrydag 24 Mei in die Baxter konsertsaal by die Universiteit van Kaapstad plaas.

Kaartjies by die deur of Computicket.


Kunstenaars gesoek

[ Top ]


DIE La Musique Skool vir Uitvoerende Kunste bied op Saterdag 25 Mei 'n marathon talent-"showcase" aan in die Ou Meulteater in die Paarl.

Deelnemers neem gratis deel, maar moet twee toegangskaartjies teen R15 elk koop vir twee toeskouers.

Deelnemers kan van enige dorp of musiekskool kom en almal is welkom, ook dié wat nie onderrig ontvang nie.

Daar is agt vertonings die Saterdag. Die eerste een begin om 09:00 en daarna is daar elke twee uur 'n nuwe een.

Die vertonings gaan sangers, dansers, drama, instrumentaal en enige ander kunsvorm insluit. Mense wat wil optree, kan Anneline skakel vir 'n tydgleuf by 872-6651.

Dit is nie 'n kompetisie nie, maar 'n gulde geleentheid om op te tree. Daar sal gelukkige trekkings gedurende die dag gehou word, waarin pryse gewen kan word.


Be a Bhuki buddy

[ Top ]


THE annual Library Week takes place this week. The slogan for this year's campaign is Be a Bhuki buddy!

During this period public libraries offer numerous special competitions, exhibitions and activities to local communities to make them aware of the services rendered by public libraries and the benefits arising from access to all the information in a library.

On Saturday the Drakenstein Library in Paulus Street, Paarl East, is presenting a 6,5 km Walk & Talk at 08:00 sharp. The entry fee is R5 (pupils R2). All walkers will receive a library cap at the start of the race. Entry forms are available at the library.

This year's campaign is aimed specifically at young library users to inspire the primary school child to realise the value and use of books.

The youngsters will be shown that books are good friends as they are available at the nearest library when needed; they assist with homework and school projects; they are never angry or moody (but can help to improve your mood!).

Annually about 250 000 items are added to the stock of Library Services to be utilised free of charge by public library users throughout the Western Cape Province.

The total stock amounts to more than five million items. The annual circulation figure of more than 21 million is indicative of the popularity of the stock made up of books, newspapers, magazines, CD's and videos.

In public libraries a real-time computerised information service, PALS, offers users access to the complete stock, including specialised sources of information.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za  

[ Top ]