|
gehalte wyn- en kosprodukte, Woolworths, vanjaar 'n nuwe reeks wyne begin het wat deur die jong span berei is.
Die reeks is in samewerking met Alan Mullins, Kaapse Wynmeester en wynkeurder van Woolworths, versny en bestaan uit 'n rooi en wit versnitwyn.
Albei wyne is van die 2003 oesjaar en word sedert April vanjaar in al die Woolworths-takke landwyd as House White en House Red verkoop.
Stephan Smit het in November 2002 'n BSc graad in Wynbou aan die Universiteit van Stellenbosch behaal en in 2001 by Franschhoek Wingerde aangesluit as assistent-wynmaker. Hy was in Augustus 2002 as senior wynmaker aangestel.
Sy kollega in die kelder, Jolene Calitz, het diplomas van Elsenburg Kollege in landbou en keldertegnologie. Jolene het net voor die 2003 oesjaar by Franschhoek Wingerde aangesluit en is verantwoordelik vir die witwynbereiding.
Die derde lid en wingerdboukundige van die jeugdige span, Annette van der Merwe, het in 2001 'n landboudiploma van Elsenburg Landboukollege ontvang voordat sy in Januarie 2003 by Franschhoek Wingerde aangestel is.
Sy verrig haar taak in noue samewerking met die wynboere van Franschhoek Wingerde om die gehalte van die druiwe voortdurend te verbeter.
Volgens Stephan Smit is hul hoofdoel om 'n wynstyl te berei wat die verbruiker geniet, met ander woorde gehalte wyne met 'n fyn balans tussen soliede struktuur en vrugtegeure om beide die fynproewer en alledaagse wynliefhebber se smaaksintuie gelukkig te hou.
Dit blyk dat die jongelinge daartoe in staat is. Benewens die House White en House Red reeks by Woolworths, was die Franschhoek Cellars Shiraz 2003 gekeur as een van die Editor's Choice in die nuutste uitgawe van Good Taste, die Wyn-van-die-Maand Klub se glanstydskrif.
Die Franschhoek Cellars Merlot Reserve 2002 (Stephan het 'n prominente rol gespeel in die bereiding van die wyn) was boonop deur die Wyn-van-die-Maand Klub se paneel gekeur as die Beste Merlot uit 59 inskrywings.
Ongeveer 90% van die druiwe wat vir Franschhoek Wingerde se reeks wyne gebruik word, is afkomstig van wynboere in die Franschhoek-streek, terwyl die ander druiwe van wynboere in die nabyliggende Drakenstein en Simondium gebiede gekoop word.
"Ja, ons is 'n jong span en ons stem almal saam dat die druiwe die wyn maak - dit word net in die kelder in 'n rigting gestuur vir 'n spesifieke styl.
"Om op hierdie vroeë stadium altyd meer te leer moet jou ore oop wees, terwyl ervaring ook verkry word deur foute - daar is nie 'n beter leermeester nie.
"Wanneer klaar gepraat is en alles gedoen is, sal die verbruiker laat weet wat jy bereik het en ons kla nie. Ons wyne word geskep vir pure genot eerder as om een of twee beoordelaars in kompetisies te beïndruk, hoewel dit ook kan gebeur," sê Stephan.
Die Franschhoek Cellars 2003 rooiwynreeks (Merlot, Pinotage, Cabernet Sauvignon en Shiraz) word ook verkoop by Pick 'n Pay in die Wes-Kaap, terwyl die hele reeks wyne van Franschhoek Wingerde, naamlik Franschhoek Cellars, Reserve, Anvil en Forge Mill, by die kelder se wynwinkel en proelokaal in Franschhoek verkoop word |