safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
ppostgothic
uitlefstreep

Thursday 16 September 2004

uitlefstreep

This site will be updated on 23 September  2004 at 17:30

Aida

 Letters - Briewe


Ampsvoertuig is werklik oor die muur

[ Top ]


IN verlede week se Paarl Post het 'n brief verskyn van DA-raadslid, mnr Deetlefs du Toit, onder die opskrif: Burgemeester kan eie motor koop.

In sy brief skryf mnr Du Toit onder meer die "huidige burgemeester van Drakenstein word voltyds betaal..." asook  my "reistoelaag van R52 022".

Voorts sê mnr Du Toit ek kan dus die geld wat spesifiek vir daardie doel aan my betaal word, aanwend om vir my 'n ordentlike voertuig te koop, pleks van 'n nuwe ampsmotor van R500 000 aan te skaf. Die beskikbare bedrag is in werklikheid R400 000.

Raadslede en parlementslede se salarisse en voordele word bereken volgens 'n formule afkomstig van die Staatsdienskommissie en word nie deur die stadsraad bepaal nie.

Elke munisipaliteit beskik oor 'n ampsmotor vir gebruik deur die burgemeester en onder-burgemeester vir amptelike doeleindes. Volgens my kennis is ampsmotors ook in gebruik waar DA-burgemeesters in beheer is.

Die huidige ampsmotor CJ 1 (ouer as 20 jaar) het reeds verskeie kere gaan staan tydens amptelike ritte en moes fisies deur die burgemeester aan die brand gestoot word, wat uiteraard 'n verleentheid vir die munisipaliteit en die inwoners van Drakenstein is. Die herstelkoste van die motor het ook die afgelope tyd onrusbarend toegeneem.

Die afgelope jaar het ek 43 keer van my privaatvoertuig gebruik gemaak in die uitvoering van my amptelike pligte (waarvan 'n groot gedeelte na ure). In bogenoemde tydperk het ek 'n afstand van 16 743 km afgelê.

Indien die munisipaliteit my daarvoor teen R2,16 per kilometer vergoed (soos voorgeskryf), sou die bedrag (slegs petroltoelaag) op sowat R36 148 te staan kom.

Beswaardes kan nou maar self verder bereken of die vervanging van die huidige ampsmotor - waarteen ek tot nou toe gekant was - geregverdig is, al dan nie.

Wat die koste van ondersteuningspersoneel betref - dit is algemene gebruik dat politici administratiewe ondersteuninspersoneel gebruik.

Ten spyte daarvan dat vir vier addisionele poste begroot is, het die uitvoerende burgeeesterskomitee doelbewus nie hierdie vier poste gevul nie, juis ter wille van besparing.

Herman Bailey (burgemeester)


Is dit rassisme?

[ Top ]


DIT is met verbasing dat ek die brief van DA-raadslid Deetlefs du Toit lees. Hoe kan hy verwag dat iemand in die uitvoering van sy ampspligte sy eie vervoer moet gebruik?

Ek raak skaam vir die kleinlikheid van party mense in my pragtige dorp. Hoekom kan ons nie hande vat en saam bou aan 'n beter lewe vir almal nie?

Of is dit omdat ons burgemeester anderskleurig is dat hy maar in 'n motor kan ry, wat hy al (so verneem ek) moes stoot?

Die huidige motor is oud, afgeleef en uitgedien. Toe dit gekoop is, was dit tog 'n duur artikel, maar ek kan nie onthou dat daar kapsie gemaak is in die destydse stadsraad (Paarl-Wes) oor hoeveel geld dit die belastingbetaler gaan kos nie.

Is raadslid Du Toit ernstig met rekonsiliasie of is hy heimlik 'n rassis? Ek vra maar net.

C Brink


Politiek gaan oor geld

[ Top ]


DIE oor- en weerlopery van raadslede het 'n hele nuwe perspektief geplaas op plaaslike politiek. Gaan dit regtig oor kiesers se belange, beginsels en waardes of gaan dit oor posisie en geld?

Ons land is in 'n morele krisis. Dit gaan my verstand te bowe dat die meerderheid kiesers in ons land gelowiges is, maar ons laat ons regeer deur die minderheid wat God se woord en wette verontagsaam. God sal nie ons land en sy mense seën nie, voordat ons nie Sy woord begin gehoorsaam nie.

Die ACDP is die enigste party in die land wat nie die konstitusie onderteken het nie, en ons kan dus opreg sê ons is nie deel van dié wat ja gesê het vir immorele waardes en wette nie.

Ek gaan en sal nie my Bybelse beginsels prysgee ten koste van gewildheid, posisie of geld nie.

"If good people do nothing, evil will flourish."

"A true leader is one who has the courage to be a beacon of light in the stormy seas of life."

Die Israeliete het veertig jaar in die woestyn rond- getrek. Suid-Afrika trek al sedert 1945 in die woestyn rond. Kom gelowiges, kyk inwaarts en staan op vir Goddelike waardes en beginsels.

André F de Villiers (ACDP-Raadslid Wyk 10 Paarl)


Pluimpie vir SAPD

[ Top ]


AS dit nie was vir twee oplettende lede nie, was ons kleuterskool R3000 se speelgoed en apparaat kwyt.

Hulle het letterlik hulle hande vol gehad om vyf aspirant-kwaaddoenertjies in die hande te kry toe hulle op heterdaad betrap word met sakke vol verdagte speelgoed.

'n Gim-hempie en broekie is ewe gewillig aan my oorhandig, nadat een beveel het: "Toe, gee dit terug vir die Antie!"

Ons enigste twee hoenders is die Paarl in gejaag - Oom Daantjie, laat weet asseblief as hulle by jou spreekwoordelike kalwerhok uitkom.

Baie dankie aan kapt Amanda Relihan en reservis- sersant Leon Fortuin, vir julle moeite, al was julle al veronderstel om af-diens te wees. Ons Gim-Indiane waardeer dit.

Ma's van hierdie kinders, leer hulle om die regte pad te loop.

Susan Cronjé


Enough with the junk mail

[ Top ]


I WISH to make an appeal to leaflet distributors not to dump pamphlets.

I have a motorised gate in front of my home. I come home to find your junk stuck in the gate.

What happens when your junk is caught in the gears? Will you replace the motor?

Please do not put your junk mail in my gate, in my post box, on the pavement in front of my house, and especially not 150 of one kind in my box.

I am tired of throwing your junk in my bin. I do not read it, I do not want it, I am not interested in it.

You employ people to walk the streets and litter.

Jenny Meintjes


Rite of passage

Editorial

[ Top ]


IN days gone by, there have been various rites of passage in our society.One of the most notable was the 21st birthday party, when young people received the "key to life" during a grand party.

This was similar to the "coming out party" held in the first half of the previous century - a grand affair, with a big band, formal outfits and bouquets galore.

But with time youngsters have been "coming out" much earlier, and the current way to cross the cusp of adult life is the matric dance.

And what an event it is - outfits are planned months ahead of time, and glamour is the keyword.

Thousands throng to view the young couples arrive, trampling one another in their excitement and blocking traffic for hours on end.

Part of the pageant is the important status symbol of our time - the mode of transport. Competition to arrive in the most expensive or unusual vehicle continues unabated, costing many a long-suffering parent a fortune.

This semi-hysteria has grown to such an extent, that some schools have moved the event to the first half of the third quarter, so that the excitement can subside before the September examination starts.

And while teenagers dream about the big event, parents scrimp and save to ensure that they can keep up with the Joneses and the du Toits - testing parental bonds to the utmost.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@paarlpost.co.za  

[ Top ]