safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
ppostgothic
uitlefstreep

Thursday 16 September 2004

uitlefstreep

This site will be updated on 23 September  2004 at 17:30

Aida

Lifestyle - Leefstyl


Erfenisdag in Paarl gevier

[ Top ]


SEWE jaar nadat die laaste skou in die Paarl gehou is, gaan trekperde van formaat volgende week 'n skoubaan op dié dorp binnestorm. Dit sal tydens die De Poort Erfenisdagfees in Suider-Paarl op 24 September wees.

Trekperdrasse soos Hackneys, SA Vlaamse perde, Friesperde en Percherons, wat oor baie dekades 'n instelling op plase in en om die Paarl en op die plaaslike skou was, gaan weer op dié dag te sien wees.

Ongeveer tagtig van die land se top-trekperde sal aan aanskoulike items in die enkel- en dubbeltuig en tandem deelneem, terwyl selfs 'n span van agt SA Vlaamse perde en muile voor 'n wa ingeskryf is.

wmuseum

MUSEUM. Die Granietmuseum by JA Clift in Suider-Paarl, die enigste van sy soort in die land, is een van die groot aantrekkingskragte op die program vir die Erfenisdagfees op Vrydag 24 September. Dié private museum het 'n unieke versameling gereedskap wat dateer uit die amper honderd jaar wat die maatskappy bestaan. Daar is ook 'n outydse smidswinkel waar mense 'n ystersmid sal kan sien, besig met sy dagtaak.

Hoewel die tradisionele muil- en perdespanne in die vorige eeu 'n groot aantrekkingskrag op Bolandse skoue was, het dit nou byna uitgesterf. Daar is net ongeveer vyf perde-en een muilspan in die land oor.

Van die Bolandse boere wat nog met hierdie ras op skoue spog, is twee Paarliete, Alta de Villiers van Sandwyk, Suider-Paarl, en Wynand Fourie van De Hoop, Agter-Paarl. Van hul perde sal ook op Erfenisdag te sien wees.

 Enkele perde van Pierre en Nella Veldhoen van die Agter-Paarl, wat lede van die SA Friesperd-stamboek is, sal ook op De Poort vertoon word. Hulle poog om die tradisie van die suiwer teling van dié ras in Suid-Afrika voort te sit. 

'n Paar dubbeltuigperde van die beroemde Percheronstoet op Elsenburg - 'n stoet wat ongeveer 90 jaar oud is - sal ook tydens die feestelikhede in die Paarl te sien wees.

Kinders sal deelneem aan tradisionele speletjies en stalletjies sal tradisionele geregte verkoop.

Vir navrae, skakel 863-5009.

* Heritage Day is celebrated in Paarl South next week.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@paarlpost.co.za  

[ Top ]