safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
ppostgothic
uitlefstreep

Thursday 16 September 2004

uitlefstreep

This site will be updated on 23 September  2004 at 17:30

Aida

Nuus - News


'Meisiekind' gered

Malané Bosman

[ Top ]


WAS dit nie vir Pieter Rossouw se gewoonte om Sondagmiddae teen Paarlberg te gaan stap nie, was dit bokveld toe met Meisiekind.

Dis nie die jong skaaphondjie se regte naam nie. Die Rossouws ken nie die tefie wat Pieter uit 'n diep gat in die berg bokant Groenvlei gered het nie.

Pieter en BB, sy foxterriër-Jack Russell kruising, het oudergewoonte gewandel toe hy 'n tjankgeluid gehoor het.

"Dit het geklink soos 'n hond wat êrens vasgemaak is, toe gaan ek maar soek," vertel Pieter in sy Kronkelstraat-woning waar die buurt se katte, honde en voëls soos konings kuier.

"Dit was so ruig dat BB later op my

wrossouw

BEWONDERAARS. Pieter Rossouw van Noorder-Paarl laat hom maar die attensies begaan van sy twee bewonderaars, BB die foxterriër-kruising (agter) en Meisiekind, die mooi skaaphondjie.

skouer geklouter het omdat sy nie deur die bosse kon beur nie.

"Die tjank-blaf het elke nou en dan stilgeraak, dan moes ek eers weer wag voordat dit begin en ek die hond kon opspoor."

Pieter het haar uiteindelik gekry waar sy sowat 500m bokant die naaste huise in 'n skeur so diep soos 'n man vasgesit het.

"Ek was eers skrikkerig, maar toe ek besef dis 'n jong hondjie en ek sien sy swaai haar stert, het ek ingeklouter en haar uitgetrek.

"Toe ek haar so oor my kop lig, het sy my sopnat gemaak, so bang was sy."

Die hond was só getraumatiseer dat sy net op die grond bly lê het en Pieter haar met groot moeite die berg moes afdra.

"Toe hulle by water kom, het die skaaphond gedrink asof sy dae laas water gehad het."

Nou is "Meisiekind" deel van die gesin totdat haar eienaar opgespoor kan word.

"Sy is beslis 'n mooi opgepaste hond met pragtige maniere," sê Pieter van sy nuwe intrekker.

Skakel die Rossouws by 082-770-7994 met inligting.

* A sheepdog was rescued from a deep crevice on Paarl Mountain.


Raadslede het reg om oor te loop

[ Top ]


DIT is die reg van raadslede om oor te loop.

Só sê raadslid Bokkie Claasen, een van die min NNP-raadslede wat nog in haar oorspronklike stoel sit in die Drakenstein stadsraad.

"Maar ek is die stigter van die NNP-tak in Paarl-Oos en die persoon wat destyds deur FW de Klerk gesien is as die aangewese persoon om hierdie party te dra en die politieke kennis het om Paarl se mense bewus te maak, tot vandag toe.

"Ek sal nooit die NNP-mense in die steek laat nie, want deur al die jare het hulle hierdie party gedra.

"Nou voel ek dit is die minste wat ek kan doen om hulle terug te betaal, omdat hulle so getrou by my gestaan het en nog altyd glo in wat was.

"Ek wil net sê, ek is 'the one and only Bokkie Claasen'.

"Ek gaan sit tot my termyn klaar is, want ek wil my integriteit behou," sê sy en dan in haar kenmerkende styl - "you better read my lips."

Rdl Claasen het mense genooi om haar tussen 10:00 en 15:00 by haar kantoor in Van der Stelstraat te besoek.

Tot dusver het slegs drie NNP raadslede getrou aan hul party gebly. Hulle is Claasen, André van der Spuy de Villiers (wyk 9) en Danie Kotze (wyk 2).

Veertien NNP-raadslede het oorgeloop na die ANC, insluitend burgemeester Herman Bailey en Titus Williams. Die ANC meerderheid staan nou op 37 uit 58 lede.

Jean Smit is terug DA toe en drie lede, Miriam Adriaanse, Carel Heyns en Solomon Ross, het hulle by die ID geskaar.

Intussen het raadslid Esther Kearns van die ACDP, en ook streekvoorsitter Sharon Davids, hulle by die nuutgestigte Federasie van Demokrate aangesluit. Twee plaaslike raadslede van die Boland Distriksraad, dr Norman Kahlberg (ACDP) en John van Eeden (NNP), het na die DA oorgeloop.

* The final tally after the window period is an ANC majority of 37 in the municipal council of 58 members.


Ward committees to be elected

[ Top ]


THE election of ward committees for the Drakenstein municipal areas will be held until 30 September in a number of meetings starting at 19:00 (unless otherwise indicated ).

The meetings for the rural areas were held this week.

On Monday night Ward 8 meets in the Paarl Town Hall, Ward 11 in the Mbekweni Sports Hall and Ward 6 in the Ascension Church Hall.

On Tuesday it is the turn of Ward 10 (Paarl Town Hall), Ward 12 at William Lloyd Primary and Ward 13 at Amstelhof Primary,

On Wednesday Ward 14 meets at Paulus Joubert Primary, Ward 15 at Tiffany's Lighuis and Ward 18 at Murray Children's Home Wellington.

On 23 September it is Ward 17 at Hunter Temple AME Church in Paarl, Ward 19 at Bergrivier VGK Wellington and Ward 26 at Desmond Tutu High.

On 27 September Ward 20 meets at the Safmarine Hall, Ward 23 at the Mbekweni Community Hall and Ward 29 at the Huguenot Cmmunity Hall.

On 28 September it is the turn of Ward 22 at Newton Primary, Ward 25 at Mbekweni Community Hall (18:00) and Ward 27 at Fairyland Hall.

The last meetings are Ward 24 at Mbekweni Community Hall (18:00), Ward 28 at New Orleans Seondary and Ward 21 at the Colibri Hall Wellington

The meeting for Ward 8 (Paarl South) has been postponed to October.

Ward committees must consist of up to ten persons from various sectors.

Ward committees are independent advisory committees to the town councillor and may make recommendations on any matter affecting their ward.

The ward committee members participate in the ward committee on a voluntary basis, and will not be remunerated.

Only residents who are registered voters may vote at the meeting. Voting can take place by a majority show of hands or a formal ballot process if required.

For enquiries, phone 807-4691.


Rowers dalk uit Kaap

[ Top ]


DIE gewapende rowers wat verlede week sekuriteitspersoneel met munisipale geld in die Paarl oorval het, kom heel waarskynlik uit Kaapstad.

Die Kaapse polisie-eenheid wat Georganiseerde Misdaad ondersoek, het die saak nou uit die hande van Paarlse speurders geneem.

Daar is nog geen spoor van die byna R400 000 wat in die drie geldtrommels was waarmee die rowers ontvlug het nie.

Die bakkie waarmee die aanvallers die sekuriteitsvoertuig buite die munisipale kantore voorgekeer het, is dieselfde nag verlate in Denneburg opgespoor.

Die leë geldtrommels was agter in die bakkie.

Daar word vermoed dat die mans in Denneburg in 'n ander voertuig geklim en na Kaapstad gevlug het.

Jan Dreyer, die Paarl AC Rottweiler-wag wat in die been geskiet is tydens die rooftog, is uit die hospitaal ontslaan.


Council expands

[ Top ]


THE Drakenstein Municipality will soon comprise of 31 wards. According to the Municipal Demarcation Board, three more wards will be added to the existing 29 in Drakenstein.

This means that Drakenstein municipal council will grow from 58 to 61 members, as three additional ward councillors will stand for Paarl East in the 2005/6 municipal elections.

The new demarcation maps can be seen at the Municipality.

Any comments must reach the Municipality before Friday 16:00.


Paarliet sterf van windbuks-skoot

[ Top ]


DIE Paarliet wat drie weke gelede in 'n skietongeluk met 'n windbuks gewond is, het Maandag beswyk.

Ashley Adams (24) het die aand saam met vriende die aan-koms by hul nuwe woonplek op 'n kleinhoewe in Daljosafat gevier toe 'n skoot uit 'n windbuks afgegaan het.

Die nabyskoot het hom bokant die oog getref en hy is in 'n kritieke toestand in die hoësorgeenheid opgeneem.

Nadat Ashley in die Tygerberg Hospitaal genoeg aangesterk het, is hy vir rehabilitasie na die Paarl Hospitaal verplaas.

Sy vriende kon hom besoek totdat daar Sondag komplikasies ontwikkel het. Ashley het in 'n koma verval en was breindood toe hy Maandag oorlede is.

'n Geregtelike ondersoek is deur die polisie gelas. Die tipe wapen - 'n windbuks - is Dinsdag ná 'n lykskouing geïdentifiseer toe die koeëltjie, wat in sy breinstam vasgesit het, verwyder is.

Dokters by Tygerberg het aanvanklik vermoed dat dit ten minste 'n .22-kaliber moes wees wat die skade veroorsaak het.

Daar is besluit dat dit te gevaarlik was om die koeël te verwyder.

Ashley word oorleef deur sy moeder, Lilian Adams, ouer susters Raylene en Marisha, en broer Morné.

Die saggeaarde Ashley het as administratiewe klerk by McMillan Bricks in Suider-Paarl gewerk voordat hy verlede maand bedank het om sy eie besigheid in die vervoerbedryf te begin.

Die gedenkdiens is Saterdag om 09:00 by die Adams-woning te Solomonstraat 23 en daarna, om 09:30, by die Bethel Cong Kerk in Paarl-Oos.

* A man who had been hit in the skull by an air gun pellet, has died in hospital after lying in intensive care for three weeks.


Ouers vas oor mishandeling

[ Top ]


DIE Wellingtonse pa en sy vriendin wat na bewering sy twee jong kinders verkrag en onsedelik aangerand het, bly in hegtenis.

Die man (31) en vrou (35) van Drakensbergweg, Egoli, is vroeër vandeesmaand  aangekeer nadat die polisie in kennis gestel is van gebeure in die woning wat hy met sy vriendin deel.

Die verkragtings van die dogtertjie (4) en onsedelike aanranding van die seuntjie (7) duur glo al geruime tyd, het 'n lid van die publiek aan die polisie gesê.

'n Borgaansoek Dinsdag in die Wellingtonse landdroshof het nie geslaag nie en die aangeklaagdes bly in aanhouding tot hul volgende verskyning op 20 September.

Die kinders is in die sorg van hul moeder, uit wie sy huis hulle by hul pa gaan kuier het. Hulle sal nou op versoek van die hof deur welsynswerkers besoek  word.

Die saak word deur die nuutgestigte Boland polisie-eenheid teen gesinsgeweld en die molestering van kinders ondersoek.

Daar is reeds 21 sake uit die Paarl, Wellington en Mbekweni aangemeld sedert die totstandkoming van die eenheid twee weke gelede.

In nog 'n voorval van beweerde seksuele molestering in 'n ouerhuis, is die pa (37) van 'n 13-jarige meisie van Wellington in hegtenis geneem.

Die polisie is deur die hoof van 'n primêre skool ingelig dat hy vermoed die meisie word seksueel misbruik.

Dit volg op 'n versoek aan maatskaplike dienste in Mei vanjaar, dat die meisie in veilige bewaring geplaas behoort te word.

Die meisie is nie dadelik uit die arbeiderswoning, waar sy en haar sussies saam met haar pa en stiefma woon, geneem nie.

"Toe dit die Maandagoggend in Augustus duidelik word dat die meisie weer verkrag is," het die skoolhoof gesê, "het ek besluit dit kan nie verder so aangaan nie."

Die hulp van die polisie is ingeroep en die meisie is na die distriksgeneesheer geneem.

Erge beserings is aan haar geslagsdele gevind en die pa is in hegtenis geneem.

'n Aansoek om borgtog het nie geslaag nie.


Katie kán snuffel

[ Top ]


DAGGAHANDELAARS in Klein Drakenstein is net nie opgewasse teen Katie die snuffelhond nie.

Katie en haar baas, hondegeleier Varkies van Wyk, is verlede week na die plaas Dekkersvlei waar plakkers in 'n onbenutte boord woon.

Nadat hulle twee opslaanhuise deursoek het sonder dat Katie se stert begin swaai het, is die gedugte span die bosse in.

Terwyl insp Van Wyk 'n paar verdagte manne onder 'n boom ondervra het, het Katie solank die bosse deurgesnuffel.

Dit was nie lank nie, of Katie kom sit 'n plastieksak vol dagga by insp Van Wyk se stewels neer.

Trots kon sy toe haar baas na die fonds lei, drie groot drasakke met 18kg verpakte dagga, ter waarde van R18 000.

* Sniffer dog Katie has found a stash of dagga.


Kinders beroof

[ Top ]


ROWERS wat sagte teikens aanval, raak 'n kopseer in die Paarl.

Twee mans het verlede week 'n 15-jarige leerling van 'n skool in die middedorp op pad huis toe in Faurestraat gekonfronteer.

Hulle wou weet of hy sigarette of geld het. Toe hy ontkennend antwoord, het die een hom van agter vasgegryp en 'n mes teen sy keel gedruk.

Die ander man het sy selfoon afgeneem.

In 'n ander geval was 'n 18-jarige meisie en 'n vriend Vrydagmiddag in Non Pareillestraat toe vyf jong mans uit die berg op hulle afgestap het.

Hulle het ook sigarette geëis, en begin wegloop toe hulle nie geholpe kon raak nie. Twee van die mans het skielik omgedraai, die tieners met 'n mes aangehou en van hul selfone beroof.

Die rowers het daarna weer in die berg verdwyn.

* Die man wat die naweek 'n bejaarde dame se beursie in Bredastraat gegryp het en daarmee weggehardloop het, is in hegtenis geneem.

Miamli Kawuleza (26) van K-blok 52, Mbekweni, word ook op ander soortgelyke klagtes in Stellenbosch gesoek.

 Inligting oor die straatrowers kan gegee word aan insp Jason Pietersen of konst Daneen Smith (807-4000).

* Paarl schoolchildren and the elderly are being robbed in the street.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@paarlpost.co.za  

[ Top ]