safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
ppostgothic
uitlefstreep

Thursday 16 September 2004

uitlefstreep

This site will be updated on 23 September  2004 at 17:30

Aida

People - Mense


woupa02

EEUVIERING. Jan Beukes (middel) het op 10 September sy 100ste verjaardag gevier. Hy het 30 jaar gelede by Viola Sheldon (regs) ingetrek en sedertdien deel van die familie geword. Sy verjaardag was gevier met vriende en personeellede van winkels wat vir hom 'n verjaardagkoek gebak en soutigheid en koeldrank geskenk het. Oom Jan sê dat die beste herinneringe oor die jare, was die lekker warm weer. By hom is van links Clement Sheldon, Cheré Marais (Pick 'n Pay), Maureen An- derson (Foodworld Stores) en Viola Sheldon.


Wellingtonner vereer vir bydrae tot gemeenskap

[ Top ]


SY jarelange onbaatsugtige betrokkenheid en diens aan die Wellington gemeenskap as ywerige lid van talle komitees en verenigings, het verlede week by 'n spoggeleentheid aan Charl Tomlinson die toekenning as Wellingtonner van die Jaar 2004 besorg.

Minister Mosiuoa Lekota was die gasspreker by die geleentheid, aangebied deur Wellington Rapportryers.

Ook teenwoordig onder die gaste was vorige ontvangers van die Wellingtonner van die Jaar-toekenning.

Dit is die 16de keer dat hierdie toekenning gemaak word aan 'n Wellingtonner wat uitstaande diens aan die dorp en die gemeenskap gelewer het.

Tomlinson is genomineer deur die Vriende van Afrikaans, die Vriende van die Wellington Museum, die ATKV en die Inligtingskantoor Wellington.

Hy word beskou as 'n persoon met 'n passie vir deeglikheid en hope deursettingsvermoë wat oor uitstaande organiseringsvermoë beskik.

Tomlinson en sy gesin het in 1969 hul intrek in Wellington geneem waar hy by SAD werksaam was.

Hy was van meet af 'n aktiewe lid van die gemeenskap en was onder meer voorsitter van die Wellington Belastingbetalersvereniging en het ook op verskeie skoolkomitees gedien. Op die politieke toneel het hy op plaaslike, provinsiale en nasionale vlak ook 'n bestuursrol gespeel.

Hy is 'n aktiewe lid van die Vriende van Afrikaans, Vriende van die Wellington Museum, en is ook lid van die Wellington Verfraaiings- en Estetiese Komitee.

Hy was ook deel van die reë-lingskomitee van die onlangse Anglo-Boereoorlog 100-jarige herdenkingskompetisie.

Dit is egter nie net op kultuurvlak wat hy sy gewig ingegooi het nie. Tomlinson het homself  toegewy aan projekte van die Wellington Toerismekantoor en het hom daarvoor beywer om 'n struktuurplan vir ontwikkeling in Wellington te verseker.

Daarby het hy ook 'n groot rol gespeel in die totstandkoming en uitbouing van die gewilde jaarlikse kultuuralmanak, wat dit deesdae soveel makliker maak om gemeenskapsake in die dorp te koördineer.

Tomlinson was sedert 1976 'n aktiewe lid van die plaaslike Rapportryerskorps, en het onder meer as bestuurslid en voorsitter gedien.

By dieselfde glansaand het Wellington se korps die toekenning gekry vir die mees aktiewe korps in die land.

* Charl Tomlinson is the Wellingtonner of the Year.


Geneesheer reis ver om te help

[ Top ]


SEKER die mees berese internis in die Wes-Kaap - dit is dr Emmanuel Marcos, 'n dinamiese mens wat die Primêre Gesondheidsorg van die Weskus/Wynlandstreek verryk met sy vaardighede en kennis.

Marcos (38) is 'n voltydse internis in diens van die departement wat feitlik daagliks al die hospitale in die Weskus/Wynlandstreek besoek om gespesialiseerde sorg aan pasiënte te gee - tot so ver as Clanwilliam, Vredendal en Citrusdal.

Hy is reeds soggens vroeg uit die vere wanneer hy met sy saal-rondtes by die Paarl Hospitaal begin.

Daarna besoek hy pasiënte by klinieke en hospitale te Malmesbury, Clanwilliam, en Vredendal.

Met sy terugkoms vanaf Vredendal besoek hy ook die hospitaal te Citrusdal. Dié diens gaan eersdaags uitbrei na Stellenbosch en Vredenburg.

Voorheen moes pasiënte na stedelike hospitale gebring word vir gespesialiseerde sorg.

Marcos, van Griekse afkoms, het aan Hugenote Hoërskool op Wellington matrikuleer en aan die Universiteit van Stellenbosch gekwalifiseer.

Sy vrou, Tertia, werk vir 'n vrugte-uitvoermaatskappy in die Paarl.

Hy is ook Voorsitter van die Weskus/Wynland se Kliniese/Farmakologiese vereningig, lid van die Farmakologiese Koderingskomitee, lid van die Western Cape Clinical Guideline Committee asook geakkrediteerde dosent aan die Universiteit van Stellenbosch in Interne Geneeskunde.

Ten spyte van sy groot werklading en die vele tekortkominge op sy werksterrein is elke dag vir hom 'n uitdaging wat hy met ywer en toewyding aanpak, sê Danny Abrahams van die Departement Gesondheidsdienste.

Volgens die Senior Mediese Superintendent van die Paarl Hospitaal, dr Breslau Kruger, strek dr Marcos se kennis en vaardigheid tot groot voordeel van sy kollegas en pasiënte.

"Hy is 'n ligstraal aan die einde van die tonnel."

Marcos gee krediet aan die hardwerkende verpleegpersoneel wat hom bystaan en onderskraag. Hy het hoë waardering vir die werk wat hulle soms onder uiters moeilike omstandighede moet verrig.

Goeie kommunikasie tussen pasiënt, die familie en die geneesheer, is vir hom van belang. Saam met die verpleegpersoneel vorm dit die "familie".

As Internis is kommunikasie met die private praktisyn ook vir hom van kardinale belang.

Sy bekommernis is die tekort aan gekwalifiseerde verpleegpersoneel vir die hoësorg-eenhede en hy is van mening dat die owerhede opnuut aandag aan die besoldiging van verpleegpersoneel behoort te skenk.

Maar hy meen tog dat daar ver op die pad van Primêre Gesondheidsorg in die streek gevorder is.

* A state appointed physician is clocking high mileage serving hospitals in the Winelands/West Coast region.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@paarlpost.co.za  

[ Top ]