safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
uitleg2mouthpiece
ppostgothic
uitlefstreep

Thursday 16 October 2003

uitlefstreep

This site will be updated on 24 Octcber  2003 at 17:00

Arts - Kunste


Paarl setting for food show

[ Top ]


A PAARL wine farm provided the location for a unique new TV show titled "Food for Love". This soapie/cookery show featuring local wines will be shown on SABC3 on Sunday mornings.

The first 30 minute episode is aired this Sunday at 09:30 and it can be viewed weekly until 18 January with repeats on Saturdays at 14:00.

The show was recorded in the kitchen of Roland Seidel on the wine estate Seidelberg in Agter Paarl, and features Paarl wines. Seidel's two young daughters also appear in one episode.

The programme follows the daily life of Kate, a single mom and a successful actress, struggling to overcome the

wstarsFC

WE LOVE PAARL! Food fundi Anne Myers (front) and actors Michelle Scott and Christo Loots at the launch of the TV food show "Food for Love" which was filmed in Paarl.

trauma of her recent divorce.
Ben - a bachelor working as a successful photographer - is her neighbour and long-standing friend. Their relationship revolves mainly around food.

In each program you'll share their food experiences of the day. Often, Kate gets herself involved in a social situation which calls for help. Naturally Ben's help.

He's a seasoned cook, he's usually well-stocked with groceries and wine and usually jumps at every opportunity to be with Kate. This is because he is deeply in love with her, but she is totally oblivious of that. In fact she often confides in him her yearning for finding the 'perfect man'.

During the series of 13 programmes, they cook up wonderful meals which are easy to prepare, using local ingredients. Useful wine information is also shared with the viewer.

McCain Foods usually help the couple out of many tricky moments. Clear cooking instructions are given on screen, with dishes devised and styled by food fundi Anne Myers.

Will Kate, in the end, realise that Ben is - and always was - her 'perfect man'?

Kate is played by Michelle Scott and Ben by Christo Loots. Both are award-winning actors and excellent cooks.-

Free recipes are also available from the SABC3 channel hotline and from the website www.foodforlove.co.za.


Bel  Canto is 40

[ Top ]


DIE Paarl Bel Cantokoor vier vanjaar sy veertigste jaar met 'n feeskonsert Sondag om 18:00 in die Bethel Congregational Kerk. Sewe plaaslike kerkkore en vier soliste wat voorheen aan die Eoan Groep se operas deelgeneem het, sal luister aan die program verleen. 

Die Burgemeester van Drakenstein sal ook die konsert bywoon.

David Samaai het hierdie koor in 1963 gestig om die sangaande van die Noorder-Paarl Sekondêre Skool, waar hy toe musiekonderwyser was, aan te vul om koorsang in die gemeenskap te bevorder. 

Hierdie visie strek vandag egter wyer as bloot die musiek. Dit is die koor se beleid om sonder vergoeding op te tree tydens fondsinsamelingsgeleenthede wat deur die gemeenskap en kerke gehou word. 

Die koor is verder ook meer direk by fondsinsameling vir die gemeenskap betrokke met die maak van finansiële bydraes. Hierdie musikale, helpende hand het al tot so ver as Nababeep gestrek.

Wat die toekoms betref, is besluit om te fokus op die HIV/Vigskwessie, met spesifieke aandag aan die plaaslike gemeenskap. 

Die koor beoog om kos, komberse en enige iets anders wat die lewenskwaliteit van Vigs-pasiënte kan verbeter, te verskaf. 

Toekomstige fondsinsamelingskonserte sal plaaslik gehou word tot  voordeel van Vigs-slagoffers, en dan word daar ook 'n toer na die Oos-Kaap beplan om fondse vir hierdie doel in te vorder.

Kry kaartjies vir die feeskonsert by David Samaai tel 862-1917.


Leer kook by Nataniël

[ Top ]


HIER is nou jou geleentheid om Nataniël se kosgeheime eerstehands te bemeester.

Sarie en Nataniël bied elke aand van Mandag tot Vrydag 24 Oktober, 19:00 tot 22:00, klasse aan by die Laborie restaurant in die Paarl.

Ná die bekendstelling van sy trefferboek, "Food from the White House", is Nataniël nou ons eie "celebrity" sjef.

Kapenaars kan uitsien na 'n heerlike ervaring wanneer Nataniël sy Kaalkop Lentekombuis by Laborie bekend  stel.

Dit sal bestaan uit 'n demonstrasie van 'n sesgang-maaltyd wat Nataniël gaan voorberei.

Net vyftig mense word per klas toegelaat, sodat almal deel kan wees van die ervaring.

Ná elke gereg wat hy berei, sal almal kans kry om te proe en daaroor te koukus en vrae te vra.

Na die demonstrasie sal 'n wynkenner van Laborie 'n kort wynproesessie lei, waar lesers sal kan proe watter wyne gaan saam met die spyskaart wat Nataniël voorberei het.

Nuttige wenke oor wyn sal ook gedeel word.

Geniet daarna 'n ligte aandete saam met Nataniël en kry afskrifte van al die resepte, asook geskenke van Clover en Sarie.

Food from the White House, asook Nataniël se eksklusiewe Kaalkopkombuis-reeks sal te koop wees.

Kaartjies teen R250 elk is te kry van Anita Grindaly-Whieldon, 406-2389.


'n Fees vir almal

[ Top ]


DIE jaarlikse Stokkiesdraaifees op Wellington vind van Donderdag 23 tot Sondag 26 Oktober plaas waar van die beste produksies van die Klein Karoo Kunstefees te sien sal wees.

Paarl Post lesers kan vyf stadionkaartjies vir Vrydagaand wen en 5 vir Saterdagaand. Al wat u moet doen, is om vanmiddag tussen 14:00 en 14:15 die feeskantoor (873-3988) te skakel en die datums van die fees te gee.

Die fees begin Donderdag 23 Oktober om 19:30 met 'n opvoering van Kanna hy ko Hystoe by Hugenote Hoër. Vrydag 24 Oktober word Die Uurwerk Kantel opgevoer (10:00 & 12:00). Om 17:30 is dit Boplaas se Woordmusiek en om 20:00 Pedro Kruger met Anna se Engel. Vir die kleinspan (kleuters tot graad 3) is daar Pixie Playhouse om 10:00 en 12:00 in die CP van der Merwesaal en in die Hugenote Laerskoolsaal "Stories van Ver" (ook 10:00 en 12:00) vir graad 3 tot 7.

Van 16:00 is die Tassenbergfees in die Boland stadion met onder andere Kurt Darren, Piet Botha, Karen Zoid en Skallabrak.

Saterdag 25 Oktober is daar stoepstories, sangers en klopse, 'n kunsmark, mallemeule, abseilmuur en 'n hondevertoning in die stadion. Daar is ook 'n pretdraf, motorfietsrit en vroue 4x4. By Hugenote Laer is daar rolskaatshokkie en skaatsplankryery. Om 11:00 is die Famsa kiskarresies in Genl Hertzoglaan.

By die hoërskool is Raaiselkind om 14:00 te sien, Tip om 18:00 en Lagga met Soli Philander om 20:30. Van 17:00 bied die Three Ships fees verskeie kunstenaars in die stadion.

'n Kabaret, in die Stilte van my Klerekas, is die Vrydag om 19:30 in die Goodnowsaal en die Saterdag om 14:00 en 19:30. Musiek van Brel en Piaf asook ou Afrikaanse gunstelinge word aangebied deur  Nadja Opperman. Die Sondag om 11:00 bied Deon Bosman Een Vers Job in die CP van der Merwesaal.

Kaartjies kan by Computicket of by die Wellington Feeskantoor (873-3988) bespreek word.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za