safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
uitleg2mouthpiece
ppostgothic
uitlefstreep

Thursday 16 October 2003

uitlefstreep

This site will be updated on 24 Octcber  2003 at 17:00

Business - Sakenuus


Nuwe gholfklubhuis verrys

[ Top ]


DIE konstruksie van die nuwe klubhuis by die Boschenmeer Gholflandgoed maak goeie vordering, en daar word verwag dat bouwerk teen Januarie voltooi sal wees.

Die tweeverdiepinggebou van 2400 vk meter is geleë op die perseel van die ou Paarl Gholfklubhuis wat in Desember gesloop is, en sal 'n pragtige uitsig bied oor die David Frost gholfbaan, die enigste 27-putjie baan in die Wes-Kaap. 

Die argitektuur  is in dieselfde styl as die res van die landgoed..

wklubFC

NUUT. Hannchen Louw (bestuurder van Boschenmeer) en Piet Wessels (Paarl Gholfklubkaptein) op die perseel van die nuwe klubhuis by die Boschenmeer gholflandgoed.

Die huidige tydelike klubhuis gaan vervang word deur moderne gholffasiliteite wat 'n ledekroeg, gholfwinkel, kleedkamers met toesluitkassies, joggiesentrum, sowel as 'n kafeteria sal insluit.

Ander gholf-fasiliteite op die landgoed sal 'n gholfakademie en opwarmgebied insluit.

Die klubhuis sal ook 'n dameskroeg, konferensiefasiliteite en ondergrondse parkering vir gholfkarretjies bevat.

'n Verhitte swembad en tennisbane sowel as 'n kinderspeelkamer word daar naby beoog vir die landgoedinwoners


Neem deel aan studie oor dorp

[ Top ]


DIE Drakenstein Munisipaliteit bied 'n reeks werkswinkels aan as deel van hulle Plaaslike Ekonomiese Ontwikkelingsinisiatief.

Die inisiatief staan onder leiding van onderburgemeester Anthea Sheldon, wat ook belas is met sosiale en ekonomiese ontwikkeling in die burgemeesterskomitee.

Die eerste fase begin eersdaags met ses werkswinkels. Elke werkswinkel het twee sessies om 19:00, van drie tot sewe dae uitmekaar.

Belangstellendes word genooi om enige twee sessies van 'n spesifieke werkswinkel by te woon. Mense kan nie van een stel na 'n ander oorskakel nie, aangesien dit 'n eenheid vorm.

Die werkswinkel sal fokus op die hele ontwikkelingsproses met inagneming van basiese ekonomiese begrippe, en sal insette van verskillende rolspelers insluit.

Die eerste werkswinkel is op 20 en 28 Oktober in die Paarlse stadsaal; met die tweede een op 27 Oktober en 4 November in die Strauss-saal en die derde op 3 en 11 November in die Paarl-Oos behuisingskantoor.

Op 10 en 18 November is daar 'n werkswinkel in die Mbekweni behuisingskantoor; op 17 en 25 November in die Safmarine sentrum in Vanwyksvlei en op 24 en 27 November in die Bakerville Primêre Skool op Gouda.

Bespreek by Lester Morkel by 529-2108 of faks 529-3308.

Navrae kan gerig word aan Robert Davids by 529-2337 of robert.davids@za.pwc.com. PricewaterhouseCoopers sal die proses fasiliteer.


Kelderwerkers leer

[ Top ]


EKOV bied 'n Senior Kelderwerker-opleidingsprogram (Skop 2) aan op 22 en 23 Oktober by Elsenburg.

Gedurende opleidingsessies is die behoefte aan gespesialiseerde opleiding geïdentifiseer, en daarom het EKOV besluit om Skop 3, 'n gevorderde kursus vir Kelderwerkers, te ontwikkel. Hierdie kursus word die eerste keer in November aangebied.

Vir Skop 3 is 'n punt van 60% in Skop 2 'n voorvereiste om te registreer. Studente wat nie die punt behaal het nie, kan 'n toelatingseksamen aflê.

Die kursusse sluit in nuwe wingerdboupraktyke soos Organiese Boerdery en Meganisasie, asook kelderpraktyke en begrippe soos wynmikrobiologie en gravitasie.

Verdere aspekte is leierskap en lewensvaardighede soos verslagskrywing. Die koste van Module 1 is R680.

Vir meer inligting, skakel Emma Burger by 887-2068/082-851-3164 of epos skop@adept.co.za.


Minister by boere

[ Top ]


DIE Wes-Kaapse Minister van Landbou, Johan Gelderblom, is Maandagaand om 20:00 die spreker by 'n byeenkoms van die Wellington Landbouvereniging by Hugenote Hoërskool.

Hy gaan oor grondonteiening, gesubsidieerde produkte van ander lande en algemene landbousake praat.  Almal wat by landbou betrokke is of wil raak, is baie welkom.


Farmers join forces

[ Top ]


ALL landowners in the Agter Groenberg area outside Wellington are invited to attend the founding meeting of a Fire Protection Association (FPA) for the area on 30 October at 19:00 at the Kranskop Conference Centre.

"Cape Nature Conservation is under obligation to establish FPA's within the area to help prevent and manage the occurrence of fires so that they are not destructive to the environment or developed areas such as farms, vineyards or olive orchards," says Deon Rossouw, conservation manager of the Limietberg Nature Reserve.

According to the National Veld and Forest Fire Act (NVFFA) all landowners are obligated to make and maintain firebreaks around their properties.

"This does not mean that farmers will simply be allowed to bulldoze roads up the side of the mountain," explains Rossouw, "but is rather the ideal opportunity for farmers and Cape Nature Conservation to work together to identify the best places for firebreaks."

Firebreaks do not just serve as a method to stop the spread of fires, but are the ideal access points from which to fight a fire.

"What is great about FPA's is that farmers decide together where firebreaks should be placed, which is more cost-effective," explains Rossouw.

"Only one firebreak is needed around all the farms that have joined forces in the FPA, as opposed to each farmer having to make and maintain his or her own firebreaks."

Farmers in the Paarl, Wellington, Wemmershoek, Franschhoek and Worcester areas who are interested in establishing FPA's can contact Deon Rossouw on 082-494-9707 or 871-1536 (w).


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za