safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
uitleg2mouthpiece
ppostgothic
uitlefstreep

Thursday 16 October 2003

uitlefstreep

This site will be updated on 24 Octcber  2003 at 17:00

 Letters - Briewe


Aksie moet Paarlse
middedorp red

[ Top ]


ELKE omstandigheid vereis op 'n gegewe stadium doelgedrewe aksie.

Die tyd het dan nou ook so aangebreek vir 'n gebeurlikheidsplan om 'n verloor-verloor situasie te omvorm tot 'n wen-wen.

In die proses is dit noodsaaklik dat die besigheidsektor en die gemeenskap hande vat.

Ek is seker dat daar verskeie persone is wat, soos ek, nie meer wegneemetes in die middedorp koop nie  weens die risiko om beroof te word deur al die bedelaars wat gestasioneer is buite hierdie winkels.

Aangesien dit die besighede is wat 'n daling in omset ervaar, is dit hulle verantwoordelikheid om 'n sekuriteitswag aan te stel om enige persoon voor die kompleks te verwyder wat nie 'n potensiële kliënt is nie.

In die proses beskerm hulle hul klante, en ook hulle winste. In ruil moet daar 'n fasiliteerder uit die gemeenskap te vore tree wat 'n program van opheffing kan fasiliteer.

Iets in lyn met die volgende mag dalk moontlike resultate te weeg bring: As alle besighede die strate beveilig gaan daar 'n magdom mense sonder heenkome wees.

Derhalwe moet daar vir elke bereidwillige bedelaar 'n borg uit die gemeenskap geïdentifiseer word wat sy/haar nagskuilinggeld sal betaal.

Aangesien dit egter nie sosiaal bevorderlik is om nie 'n gevoel van waarde te skep nie, moet elke bedelaar weer in ruil onder toesig gedurende die dag betrokke wees tot die uitbou van die dorp, deur byvoorbeeld strate, sportgronde en rivierlope skoon te hou.

Hy/sy weet gevolglik dat hul 'n bydrae lewer en in ruil daarvoor kry hulle kos en slaapplek.

Dus van besigheidman, na klant, na bedelaar, na dorp - en so bou ons!

Hierdie is slegs 'n konsep wat dalk geensins prakties uitvoerbaar is nie.

Hopelik sit dit egter persone aan die dink wat wel vir ons 'n oplossing te weeg sal bring vir die probleme wat ons tans in ons dorp beleef.

Judith


Winkel op Wellington stel
erg teleur

[ Top ]


ONS koop gereeld by Pick 'n Pay in Wellington en ons het nou vir die tweede keer 'n stel afgetrap deurdat ons slegte vleis by hulle gekoop het. 

Elke keer gebeur dit dat ons besoekers het en dit plaas ons in 'n baie slegte lig.  Mr Bozzi (eienaar) het persoonlik die vleis by ons kom omruil vir vars vleis. 

Die eerste keer het ons biefstuk gekoop en die vleis was sleg.

Op Sondag 28 September het ons hoender gekoop by hulle. Twee van die pakke vleis was weereens sleg. 

Die "sell by" datum was 27.09.03 en die "best before" datum was 29.09.03, met ander woorde hulle verkoop produkte na die "sell by" datum. 

Ons het onmiddellik die bestuurder gebel en hy het vir ons vars vleis gebring. Hy het selfs twee ekstra pakke hoender saamgebring, maar ons het dit nie aanvaar nie, want ons wil nie omgekoop word nie.

Ons is baie ongelukkig oor die hele aangeleentheid en sal in die vervolg ons inkopies elders doen. Ons gaan ook die saak aangee by die gesondheidsinspekteur.

Sulke diens is onaanvaarbaar en ons hoop dat Pick 'n Pay in Wellington in die toekoms hulle kliënte beter sal behandel.

Christa Franken

Die bestuurder van Wellington Pick 'n Pay, Lorenzo Bossi, reageer: Ek sou graag van hierdie geleentheid wil gebruik maak om vir mev Franken om verskoning te vra vir die hoender wat sy op ons rak gevind het.

Ons te Pick 'n Pay Familiesupermark Wellington is baie trots op ons standaarde en die produkte in ons supermark.

Wat betref die ekstra hoender wat ons vir mev Franken gestuur het, is dit direk in lyn met Pick 'n Pay se beleid van "dubbel u geld terug" waarborg wat betref Pick 'n Pay Choice produkte.

Ons sal dit verwelkom indien enigiemand enige deel van ons perseel wil inspekteer.


Vat vyf met die puik opvoering

[ Top ]


DIE opvoering van "Die Waterwyser" wat die afgelope paar weke in die Ou Meulteater op die planke gebring is, was met een woord puik! 

Dat die Paarl en Wellington bevoorreg is om sulke heerlikhede op hul voorstoep te hê - dit is niks anders as 'n groot bederf nie.

Baie dankie aan al die akteurs en almal betrokke by die produksie. Dit bly 'n voorreg om 'n deurwinterde teatergees soos Joey de Koker te sien optree!

Die Ou Meulteater verdien om as 'n kleinood bewaar, gekoester en uitgebou te word.

Kom Paarliete en Wellingtonners, "put your money where your mouth is"!

Moenie dat ons later as kultureel armoedig en agterlik beskou word nie - en dit omdat ons te blind was om die skat in ons midde te koester!

Melléta Louw


Friends forge ahead

[ Top ]


THE Bain's Kloof Festival drew hundreds of visitors and succeeded in creating awareness of the beauty of the Pass, its historical value, its flora and fauna.

We, the Friends of Bain's Kloof, believe that once people appreciate the Pass, they are less likely to abuse it with their litter and graffiti.

We would like to thank all those who supported and were involved with the festival, including the Drakenstein Municipality for financial support.

The Pass, with its little bridges and parapets, is in urgent need of repair and maintenance, under the guidance of SAHRA (SA Heritage Resources Agency). 

We hope to have the co-operation of the Roads Board and the Traffic authorities in the control of the heavy traffic.

Alien invader plants are disfiguring the mountain slopes and the riverbeds, and we will be looking for co-operation in fighting this.

Now the real work begins.

People who would like to join the Friends of Bain's Kloof can phone the chairman on 873-5541 or 082-745-9810.

Sandra Steytler (Friends of Bain's Kloof)


Pad na nêrens

[ Top ]


DIT is soos 'n pad na nêrens sal lyk. Só het 'n gereelde gebruiker van die Parys-pad onlangs dié gaterige stukkie teer by die Paarl beskryf.

Paarliete het die afgelope paar jaar afgestomp begin raak oor dié Aspoestertjie-pad, wat eintlik een van die hooftoegangroetes na die dorp is.

Maar selfs gesoute gebruikers het van tyd tot tyd hul skok uitgespreek oor die agteruitgang: die kante het al meer begin verkrummel en die slaggate maak daarvan 'n motor-mynveld.

Die pad is 'n behoorlike nagmerrie as dit kom by verkeersveiligheid.

Nie alleen dra dit swaar voertuigverkeer nie, maar word ook deur voetgangers en fietsryers gebruik.

Selfs die bosslapers en hul trollies vol afval maak van die pad gebruik, dikwels in druk verkeer.

Op die horison is nou 'n belofte van die provinsiale regering om die pad volgende jaar te omskep in 'n dubbellaanpad met 'n verkeerseiland in die middel en breë skouers vir voetgangers en fietsryers.

Dit sal 'n welkome geskenk wees vir die Vallei, indien die projek nie weer uitgestel word nie. Behalwe beter veiligheid vir almal wat die pad gebruik, sal dit ook 'n hupstootjie vir ons toerisme beteken.:;=


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za