|
|
 |
 |
|
Nuus - News |
|
Saam in die dood |
 |
Malané Bosman |
 |
|
|
 |
'n JONG Paarlse paartjie het Saterdag saam gesterf, onafskeidbaar, soos Vianco Fortuin en Jillian van Niekerk die afgelope sewe jaar geleef het.
Dit is die berusting wat hul familie en groot vriendekring het.
"Vianco en Jillian is steeds saam," glimlag hulle tussen die trane terwyl hulle die paartjie (altwee 27) onthou as "mens-mense, lief vir oud en jonk, altyd vriendelik, altyd vrygewig".
Hulle was Saterdagoggend om 04:45 van Worcester onderweg toe hul motor kop aan kop teen 'n swaar vragmotor in die Hugenotetonnel gebots het.
Die vragmotorbestuurder, Gys Victor van Durbanville, het later vertel hoe hy sowat 100m agter 'n ander vragmotor gery het |
|
|
 |
toe die rooi Fiat Uno skielik op sy instrumentpaneel beland het.
Hy en sy passasier, Jan Williams van Van Schalkwyk Vervoer op Wellington, is vir skok behandel.
Die paartjie is op slag dood en moes met meganiese kake uit die wrak bevry word. 'n Swaarvoertuig-reddingshyskraan van Metro nooddienste is vir die eerste keer dié nag gebruik.
Die tonnel was vir byna twee uur vir verkeer gesluit.
Die vermoede bestaan dat Jillian dalk weens moegheid in die baan vir aankomende verkeer beland het.
Sy en Vianco was op pad terug na Paarl-Oos nadat hy in Worcester as platejoggie opgetree het.
"Hulle was eintlik van kleins af vriende, maar was die afgelope sewe jaar pal saam," het gesinslede vertel.
Jillian het oral saam gegaan wanneer Vianco as platejoggie optree het.
"Ander vriende het gewoonlik saamgery, maar Vrydagaand was hulle alleen."
Vianco was in William Lloyd Primêr op skool en het aan New Orleans Sekondêr gematrikuleer. Hy het in sport uitgeblink, en het nou nog blitskrieket gespeel.
Sy groot liefde was musiek en verlede maand het hy by die matriekafskeide van Klein Nederburg, Noorder-Paarl en New Orleans musiek gemaak.
Jillian was in New Orleans Primêr en daarna 'n matrikulant aan Klein Nederburg Sekondêr, waar sy in rekeningkunde uitgeblink het.
Sy was ontvangsdame by Westermans Apteek waar sy ook die skakelbord behartig het.
Sy word oorleef deur haar agtjarige seun, Juan, haar ouers Willie en Margaret, ouer suster Wendy en jonger broer Wayne.
Die tuisdiens is Saterdag om 13:00 by haar ouers se huis te Waboomlaan 20, New Orleans.
Die tuisdiens vir Vianco is dieselfde tyd in sy ouerhuis te Olienhoutlaan 18, New Orleans.
Hy word oorleef deur sy ouers, Victor en Elvira Fortuin, ouer broer Hilton, en susters Elvicke en Erika.
Die paartjie se nagedagtenis word om 14:00, ná die tuisdienste, herdenk in 'n gesamentlike diens in die St Stephens Anglikaanse Kerk in New Orleans.
Young Peoples se rugby- en krieketwedstryde wat Saterdag gespeel sou word, is uit simpatie uitgestel.
Volgens Andries Mars, hoofbestuurder van die tonnel, het 37,5 miljoen voertuie die tonnel die afgelope 15 jaar gebruik. Benewens hierdie twee, was daar slegs een ander sterfte in die tonnel. (Sien bl 2.)
* A young Paarl couple died in a collision in the Huguenot Tunnel. |
 |
|
 |
Suspect attacked |
|
|
 |
A MURDER suspect was seriously assaulted by angry Klapmuts residents at the weekend.
The drama unfolded when a resident of Mandela City informal settlement opened her front door at 06:10 on Saturday and found a body on her porch.
David Pakiso (29) had been knifed to death.
People gathered and heard that Pakiso and a man named Marco Tulani, also from the settlement, had been involved in an argument the previous night.
A posse of 30 residents hauled Tulani from his home and assaulted him.
In another murder at the weekend, a teenager was stabbed to death in the Vietnam informal settlement at Franschhoek.
Terence George (17) of Non Pareille farm, Uitkyk Street, died on the scene. |
 |
Kinders oorval in Arboretum |
|
|
 |
|
 |
DIE Polisie rig 'n ernstige waarskuwing aan die publiek om nie alleen in die Arboretum te stap of fiets te ry nie.
Vier jong seuns wat met hul fietse oor die voetbrug oor die Bergrivier gery het, is onlangs helder oordag deur twee jeugdiges in die Arboretum voorgelê.
Die seuns is van 'n selfoon en geld beroof voordat die jeugdiges deur die Arboretum gevlug en in die rigting van die N1 verdwyn het.
Mense wat inligting kan verskaf, word gevra om insp Nardie Groenewald te skakel by 807-4062.
* 'n Veertigjarige man is voorverlede week dood aangetref in sy huis te 119B, Mbekweni. Samekile Wishness Jubeju is in die kombuis gevind met dertien briewe wat aan familielede gerig is.
Sy vrou is onlangs weens siekte oorlede en hul agtjarige seuntjie word nou wees gelaat.Geen misdaad word vermoed nie.
* 'n Saak van poging tot moord word ondersoek nadat 'n baba van twee maande teen die kop geskop is.
Die voorval het by 'n vulstasie in Daljosafat plaasgevind nadat die verdagte met die pa van die kind in 'n argument betrokke was.
Die kind het erge kneusplekke teen die kop opgedoen, maar is andersins ongedeerd.
Adam Cedras verskyn vandag weer in die Paarl Landdroshof. |
 |
|
 |
Alles wel op Wellington |
|
|
 |
|
 |
HUISBREKERS moenie dink hulle kan Wellington se speurders uitoorlê nie.
Armsvol waardevolle artikels wat ná drie onlangse inbrake teruggevind is, asook elf arrestasies, getuig van die speurders se vernuf.
Woensdag 8 Oktober is 'n venster by die De Compagnie plaaswoning van die skryfster Riana Scheepers en haar man, Johann Loubser, in die Bovlei oopgebreek.
Goedere ter waarde van R56 000 is weggedra.
Die polisie kon egter binne enkele dae van onverpoosde ondersoek trots die bakkievrag gesteelde goedere aan die regmatige eienaars terugbesorg.
Waardevolle kamera-, elektriese en elektroniese toerusting is uit 'n wegsteekplek in bosse in die Bovlei gehaal.
Met sy inhegtenisname was een van die verdagtes geklee in van die gesteelde klere, terwyl 'n duur horlosie is sy klerekas versteek was.
Deon Smit (19) en Petro (Pokkies) Adams (20), altwee van plase langs De Compagnie, is in hegtenis geneem. Die verdagtes het 'n lang geskiedenis van huisbrake en skuldigbevindings ná vorige oortredings in die Bovlei.
By die woning van Jaco Prins op die Onverwacht Wynlandgoed is goedere ter waarde van R22 000 gesteel nadat 'n venster die naweek van 4 Oktober gebreek is.
Jan Bailey (19) en Moses Cloete (19), wat ook op die Landgoed woon, twee jeugdiges van 'n buurplaas en Julian Mentoor (18) van Bergrivierstraat, Wellington, is in hegtenis geneem.
Goedere ter waarde van R10 000 wat gebuit is tydens 'n inbraak vroeër vandeesmaand by JF Rossouw in Piet Retiefstraat, is ook teruggevind.
'n Straatwoner, Randall Fransman (19), Jerome Jansen (20) van Markstraat asook 'n 17-jarige is op dié huisbraakklagte in hegtenis geneem.
'n Duur goue ketting is opgespoor by die Kleretrommel, 'n tweedehandse winkel in die Markpleinsentrum.
'n Videomasjien, musieksentrum en kassette is in die besit gekry van Ernest Blankenberg van Club 101 in Hoofstraat.
Van die gesteelde goedere is ook by Joseph Adams van Powellstraat 10, Ghost Town, teruggekry. Klagtes van besit van gesteelde eiendom word teen die ontvangers van die buit ondersoek.
"Ons gaan nie net sorg dat die inbrekers in hegtenis geneem word nie, maar ons gaan diegene wat 'n mark skep vir gesteelde goedere, hard slaan," het 'n tevrede speurhoof, kapt John Adams, gesê.
Tydens hul ondersoek het die speurders ook afgekom op 'n vuurwapen in onwettige besit in 'n woning in Swartbergstraat. Intussen glimlag die slagoffers verlig.
"Ons is die polisie baie dank verskuldig," het Prins gesê.
"Deur hul vinnige optrede is die inbrekers vasgetrek en het ons byna alles kon terugkry.
"Dit is 'n gerusstelling dat die polisie nog belang stel in die publiek. Ons hoop die howe sal ook die erns van die saak besef."
* Wellington detectives have recovered a haul of stolen goods. |
 |
|
 |
Speurders vat vlam |
|
|
 |
|
 |
SPEURDERS van Paarl-Oos laat nie met hulle speel nie, veral nie as die booswigte regte vuurwapens rondswaai nie.
Maandag verlede week het die speurders, met bystand van die misdaadvoorkomingseenheid, 'n woning in Daphnestraat in die Lantana-woongebied deursoek en beslag gelê op 'n 7,56 pistool, 'n selfgemaakte haelgeweer en .22 rondtes ammunisie.
Sewe beskuldigdes, waaronder twee vroue en vyf mans in hul twintigerjare, is in hegtenis geneem.
Dinsdag verlede week is daar 'n klagte ontvang van 'n onbekende man wat in die Chester Williams plakkerskamp in Amstelhoflaan skote in die lug afvuur.
Speur-insp Graham Adams en sy kollegas het begin ondersoek instel en die voertuig waarmee die gewapende man onderweg was, in Groot Drakenstein opgespoor. Vals nommerplate is in die kattebak gekry.
Die verdagte, Andrew Pietersen van Kanariestraat, is in hegtenis geneem en beslag is gelê op 'n 9mm pistool. Pietersen is van poging tot moord aangekla.
Daar is vanjaar al meer as 50vuurwapens in onwettige besit in Paarl-Oos gekonfiskeer. |
 |
|
|
Old cemetery to be submerged |
 |
Anne Kruger |
 |
|
|
 |
|
 |
"IT would be a good thing," says Paarlite Maud Swart (80) of the proposed exhumation of her mother's remains after 63 years.
Swart is one of the relatives who has been approached for approval to move the graves of forestry workers to make way for the new Berg River Dam near Franschhoek.
The exhumation of the remains in the old graveyard in the forestry area and removal to Franschhoek is proposed by TCTA, which is implementing the Berg Water Project on behalf of the Department of Water Affairs.
A total of 29 graves, including that of Maud's mother, were found within the future dam basin on the farm Driefontein which is located on the upper Berg River in the La Motte forest.
Maud is one of the living descendants of the people who lived there as forestry workers from 1917, who have provided detailed information that collaborates the information gathered from archival documentation.
The grave of Maud's mother, Johanna Rossouw, is one of the few with a recognisable name on the headstone.
"My brother Alexander made the stone from cement, and painted our mother's name on it," Maud recalls.
"I was only 17 when my mother had a stroke in 1940. I nursed her until her death."
There were 24 houses in the small hamlet of forestry workers at Driefontein.
"I was born there, the youngest of seven. All the children on Driefontein were friends and played together. We had our own school and church."
Maud married the son of a forestry worker when he came home for a short visit to Driefontein during the First World War.
Their whirlwind courtship of one week ended in marriage in the registry office in Cape Town, before he returned to the war front in Italy.
The couple later settled in Paarl and her father, forestry foreman Jan Rossouw, lived with them after retirement, until his death in 1950.
As the forestry town had been demolished and fenced off by then, he is buried in Franschhoek.
"It would be nice if the old graves are moved to a more accessible place, as the area where the graveyard is now, is locked," said Maud.
As part of the statutory environmental and heritage assessment process TCTA is obliged to identify the descendants and family members of the persons buried at La Motte and any other persons who are concerned with such a grave or burial ground.
The heritage assessment of the area to be submerged by the dam is being undertaken by archaeologoist Mary Patrick.
It is likely that the remains will be moved to the graveyard of the Dutch Reformed Church in Franschhoek, if the relatives agree.
Any person, organisation or community wishing to be consulted or receive information regarding this process, must provide the TCTA with their details before 30 November.
Send your name, the name and address of the organisation, telephone, fax and email address, reason for your interest, and relevant information towards identifying the persons buried on the site.
Contact Mary Patrick of the Cape Archaeological Survey at 761-4744, cell 083-208-0648 or email her maryp@method1.co.za.
You can also contact Joseph Chihota of ARUP SA at 421-6399, fax 421-6502 or email joseph.chihota@arup.com." |
 |
|
 |
Will you be able to vote? |
|
|
 |
|
 |
WITH the national and provincial elections that will take place next year, the Department of Home Affairs is presenting a voter registration weekend on 8 and 9 November at the local voting stations where the Municipal Elections took place in 2000.
The names of voters who previously registered for the national and municipal elections remain on the voters' roll, but new voters or voters who have since moved to a new address must reregister at the local IEC Office or during the voter registration weekend in November.
Voters can visit the IEC website to find out if and where they are registered at www.elections.org.za.
Upon entering the site, click on "Registration Voters' Roll", and then click on "Am I registered?" on the drop-down and type in "ID Number".
The local office of the Independent Electoral Commission (IEC) is now situated at the Paarl Town Hall. The office hours are 09:00 to 15:00, Mondays to Fridays.
The contact person is Leonora Jacobs, tel 872-8831, e-mail jacobsl@elections.org.za or carstensh@elections.org.za.
To vote, you need a bar-coded ID book obtainable from the regional office in Paarl, now located in Berg River Boulevard in central Paarl (872-3031). |
 |
|
|
Parys Road upgrade soon |
 |
Anne Kruger |
 |
|
|
 |
|
 |
THE approval of the reconstruction of the deteriorating Parys Road connecting Jan van Riebeeck Drive to the N1, one of the main entrances to Paarl, is good news for local residents.
Numerous complaints have been received about the deterioration of the single lane road, which carries heavy traffic to the industrial area.
After many delays, the provincial government has now approved the project and will soon call for tenders.
Work on the R30 million project is due to start in March, at the end of the grape harvest, and should be completed by the middle of 2005.
The project was due to have been launched last year with emergency funds, but the funding was later withdrawn.
The provincial Department of Transport has now received environmental authorisation for the project, which entails reconstruction of the road through vineyards west of the current one, and funding has been secured.
The double lane road will have a central traffic island and wide shoulders, making it safer for pedestrians and bikers as well as for vehicles wishing to cross at intersections to farms and the Carolina Road.
Entrances will be rationalised to one for each farm on the route, to cut down on costs and traffic hazards.
The owners of the farms on the route have undertaken to provide funding for the extensions of the entrance road to each homestead, to increase privacy and security.
Local labour will be employed and trained to work on the project, said Adrian Skee of UWP Consulting.
The topsoil removed for the new road will be stockpiled and will replace the compacted soil on the old route, which will be used in the construction process.
Interested and affected parties who wish to appeal against the decision must do so by 3 November, setting out the grounds of appeal.
The Appeal Questionnaire is obtainable from the Minister's office (tel 483-4700, or email ldvberg@pawc.wcape. gov.za). |
|
|
 |
|
 |
|